Showing posts with label Mislukking. Show all posts
Showing posts with label Mislukking. Show all posts

Tuesday, 5 July 2022

Jy is nie 'n mislukking nie ...

Mislukking beteken nie dat jy ‘n mislukking is nie ...
Dit beteken wel dat jy nog nie suksesvol was nie.

Mislukking beteken nie dat jy nog niks bereik het nie ...
Dit beteken wel dat jy al iets geleer het.

Mislukking beteken nie dat jy ‘n dwaas was nie ...
Dit beteken wel dat jy hope geloof het.

Mislukking beteken nie dat jy verneder is nie ...
Dit beteken wel dat jy bereid is om te probeer.

Mislukking beteken nie dat jy nie oor die vermoë beskik nie ...
Dit beteken wel dat jy dit op ‘n ander manier moet probeer doen.

Mislukking beteken nie dat jy minderwaardig is nie ...
Dit beteken wel dat jy nie perfek is nie.

Mislukking beteken nie dat jy jou lewe gemors het nie ...
Dit beteken wel dat jy ‘n rede het om van vooraf te begin.

Mislukking beteken nie dat jy moet moed opgee nie ...
Dit beteken wel dat jy harder sal moet probeer.

Mislukking beteken nie dat jy dit nooit sal maak nie ...
Dit beteken wel dat dit ‘n rukkie langer sal neem.

[Oorgeneem]

Thursday, 3 March 2022

Donderdag: Dink hieroor ... Beperkings in jou lewe


Die man stap verby ‘n trop olifante wat vasgebind staan. Hy stop skielik en is verbaas dat hierdie enorme diere deur so ‘n dun tou aan die voorpoot vasgehou kan word. Geen kettings, geen hokke, behalwe die dun tou aan die voorpoot en ‘n pen in die grond.

Dit was duidelik dat die olifante, indien hulle wou, maklik kon losbreek van die tou wat hul vashou, maar vir een of ander duistere rede, het hulle nie losgebreek nie.

Hy sien daar naby een van die afrigters van die olifante staan en vra hom hoekom die olifante net daar staan en nie ‘n poging aanwend om los te breek van die toue nie.

“Wel,” sê die afrigter, “terwyl hulle nog baie jonk en heelwat kleiner was, het ons presies dieselfde dikte tou gebruik as nou, dit was voldoende om hulle so vas te hou dat hulle nie kon losbreek nie. Soos wat hul groter geword het was hulle so gekondisioneer dat hulle steeds glo hulle kan nie losbreek nie. Hulle glo die tou kan hulle steeds vashou en daarom probeer hulle nie eens meer om los te breek nie.”

Die man was verstom. 

Hierdie diere kan enige oomblik loskom van die bande wat hulle vashou, maar omdat hulle glo hulle kan nie, is hulle presies waar hulle nou is.

Hoeveel van ons, net soos die olifante, gaan deur die lewe en glo ons kan nie iets doen nie, slegs omdat ons eenkeer onsuksesvol was toe ons dit probeer het?

Soms het die toue vir ons ‘n verskoning geword sodat ons nie weer hoef te probeer nie en ons skuil agter die verskoning van die toue om onsself nie bloot te stel aan moontlike mislukking nie.

Les: Mislukking is deel van leer. Jy misluk nie omdat jy bestem is om te misluk nie, maar daar is lesse wat jy nodig het om te leer om aan te gaan in die lewe. SUKSES IS DALK NET EEN MISLUKKING VER. MAAR JY SAL NIE WEET AS JY NIE PROBEER NIE.

Klik HIER om terug te gaan na Inspirasiestories.

Sunday, 28 April 2019

Jy is nie 'n mislukking nie ...

Om te misluk beteken nie dat jy ’n mislukking is nie ...
dit beteken wel dat jy nog nie sukses behaal het nie.

Om te misluk beteken nie dat jy niks bereik het nie ...
dit beteken wel dat jy iets geleer het.

Om te misluk beteken nie dat jy dom is nie ...
dit beteken wel dat jy baie geloof het.

Om te misluk beteken nie dat jy verneder is nie ...
dit beteken wel dat jy bereid was om te probeer.

Om te misluk beteken nie dat jy dit nie in jou het nie ...
dit beteken wel dat jy dit op ’n ander manier moet benader.

Om te misluk beteken nie dat jy onbevoeg is nie ...
dit beteken wel dat jy nie perfek is nie.

Om te misluk beteken nie dat jy jou hele lewe vermors het nie ...
dit beteken wel dat jy ’n rede het om weer ’n nuwe begin te maak.

Om te misluk beteken nie dat jy moet moed opgee nie ...
dit beteken wel dat jy harder moet probeer.

Om te misluk beteken nie dat jy dit nooit sal maak nie ...
dit beteken wel dat dit bietjie langer kan neem.