Showing posts with label Lig. Show all posts
Showing posts with label Lig. Show all posts

Wednesday, 18 June 2025

Gedig: Kruise langs mekaar

Elke huis het sy kruis,
’n las wat net die draer ken.
Ek dra myne, jy dra joune – nie omdat ons wil nie,
maar omdat dit ons s'n is.

Jy sou myne optel as jy kon,
ek sou joune dra as ek mag.
Maar ’n kruis pas net op een skouer,
en tog, loop ons langs mekaar,
tree vir tree,
jou sug is my gebed,
my las is jou fluistering in die nag.

Dis ligter so – nie omdat die kruis krimp nie,
maar omdat ons weet,
ons is nie alleen nie.

Jy bid vir my, ek bid vir jou,
want dis altyd makliker
om die hemel te storm
vir iemand anders se seer
as vir jou eie stukkend.

Maar miskien,
net miskien,
is dit presies waaroor vriendskap gaan –
nie om die kruis weg te vat nie,
maar om dit te sien,
te erken,
en saam te loop,
langs mekaar,
deur die stof,
tot by lig. 

[Dankie, Christelle, dat jy hierdie treffende gedig met die lesers deel.]   

Wednesday, 30 April 2025

Sunday, 29 October 2023

Hoop is om die lig te sien ...

Die krag van empatie, geduld en persoonlike ondersteuning bemagtig diegene met gestremdhede en gee vir hulle hoop op hulle unieke reis wat hulle met 'n glimlag omhels.

[Bron: Nuusbrief 2023: Stephné Botha van Innovation]

Sunday, 22 October 2023

Hoop is om die lig te sien ...

"Gestremdheid is in die oog van die waarnemer. Dit is nie die blindes wat nie kan sien nie of die dowes wat nie kan hoor nie: die enigste persoon wat aan 'n gebrek ly is die persoon wat homself hoër ag."
Anoniem

[Bron: Nuusbrief 2023: Stephné Botha van Innovation]