Showing posts with label Wolf. Show all posts
Showing posts with label Wolf. Show all posts

Thursday, 29 January 2026

Ruben se een minuut storie: Wolf leer vlieg

Wolf is moedeloos honger. Elke keer as hy by ‘n dooie dier kom, het Aasvoël lankal die lekkerste vleis afgeëet sodat net die kaal bene vir hom oorbly.

Wolf besluit om vir Aasvoël te vra hoe hy dit elke keer regkry.

"Ai, Aasvoël," kla Wolf, "kan jy dan nie vir my sê hoe jy so gou weet as daar iets te ete is nie?"

"Dis maklik," antwoord Aasvoël. "Ek vlieg hoog in die lug en kyk ver oor die aarde uit. Jy kan net tot by die bossies hier voor jou neus sien. Dan het ek al lankal die kos raakgesien en sommer vir my vrou 'n paar lekker stukke vleis gevat wat sy vir die kinders kan gee." 

"Leer my dan ook vlieg," soebat Wolf.

"Goed,” sê Aasvoël. "Kom klim op my rug, dan kyk jy mooi wat ek doen."

Aasvoël sprei sy kragtige vlerke, en Wolf moet net vasklou vir al wat hy werd is.

"Sien jy, Wolf?" roep Aasvoël toe hulle hoog oor ‘n lap doringbosse sweef. "Dis maklik. Spring nou af en klap met jou bene soos ek met my vlerke."

Wolf duik deur die lug, maar hoe hy ook al skop en spartel, hy val soos ‘n klip, reg in die doringbosse.

"Eina!" tjank Wolf terwyl hy tussen die klouende takke uitsukkel.

"Laat dit vir jou ‘n les wees!" roep Aasvoël van bo af. "‘n Dier is gemaak om te loop, en ‘n voël om te vlieg. En as diere probeer vlieg, kom daar moeilikheid."

Wat het ek uit hierdie storie geleer:
* Moenie iets of iemand anders probeer wees nie. Wees altyd jou unieke self.

[Bron: HIER. Die Mooiste Afrikaanse Sprokies uitgesoek & oorvertel deur Pieter W. Grobbelaar]

Thursday, 23 January 2025

Een minuut storie: Die wolf en die skaap


Baie jare terug was daar 'n wolf wat regtig seergekry het toe hy teen 'n kwaai beer geveg het. Hy het wel die geveg gewen, maar hy het baie sleg gelyk. Hy kon nie self vir hom kos of water in die hande kry nie. Moeg, vol pyne, en baie honger het hy onder 'n bos gelê en homself jammer gekry. 

Op 'n dag het 'n skaap by hom verbygeloop. Hy het die skaap gevra om vir hom water te gaan haal, sodat hy 'n bietjie vog en krag in sy lyf kan kry om vir hom vaste kos te gaan soek. Die skaap het vinnig besef hy is die vaste kos waarna wolf verwys het, het hy vir wolf gesê dat hy nie die een is wat die  water sal gaan haal nie en het dadelik weggegaan. 

Wat het ek uit hierdie storie geleer?
* Jy kan 'n persoon se bybedoelings raaksien as jy aandag daaraan gee.
* Om NEE te sê en pad te gee is 'n goeie skuif - doen dit net betyds. 

Thursday, 4 July 2024

Verhaal: Wolf en jakkals

Jakkals het geweet dat Wolf vir hom smoorkwaad is; daarom het hy besluit om liewer uit sy pad te bly. Hy weet ook dat hyself die oorsaak daarvan is. Vermyding is 'n soort tydelike vrede, of dit is wat hy homself wysmaak. Maar hierdie taktiek werk ook nie vir altyd nie. Daarvoor is die wêreld heeltemal te klein. En so gebeur dit toe ook dat Jakkals onverwags in Wolf vasloop. Nogal op die wal van 'n rivier ... Wolf wys sy groot tande en sê wreed: "JOU LAE LUIS! Gewetenlose s-k-e-l-m! Vanaand gaan ek met jou afreken. Ek wag al baie lankal vir hierdie dag. Moenie dink jy gaan weer wegkom nie."  

Jakkals skrik groot, maar hy wys dit nie. Hy sit sy mooiste smile op sy gesig en sê: "My liewe oom Wolf, ek soek al twee dae lank na Oom. Koning Leeu vier fees hier oorkant die rivier, en hy het ons ook na die eetmaal genooi. Daar sal die heerlikste wildsvleis en bene wees om aan te smul. En as Koning Leeu feesvier, doen hy dit op groot skaal."

Toe Jakkals van die heerlike kos vertel, en hy is so oortuigend vriendelik, besluit Wolf om eers na die fees toe te gaan. Waarom sal hy nie eers pret hê en dan by plig uitkom nie? Daarna sou hy met Jakkals afreken. Tyd is mos aan sy kant. "Maar hoe sal ons deur die rivier kom?" vra Wolf baie versigtig. "Jy weet mos ek kan nie swem nie." Hy besluit dat Jakkals se antwoord ook sommer 'n toets vir Jakkals en sy gesindheid is.

"O, dis maklik," antwoord Jakkals. "Klim gou op hierdie stomp aan die kant van die water en hou aan my stert vas terwyl ek deurswem. Jy weet self ek is 'n baie goeie swemmer. Op dié manier is ons in 'n japtrap aan die oorkant van die rivier. Maklik! Ek sien al die vleis in my geestesoog."

Wolf spring op die stomp en ontdek tot sy ontsteltenis dat dit 'n krokodil is. Verskrik val hy in die water, waar Krokodil hom vinnig aan die stert gryp. Met 'n groot gesukkel en gespartel geluk dit hom om homself te bevry, maar 'n stuk van sy stert bly in die slag. Wolf is oombliklik kwaad, eintlik woedend, maar teen dié tyd was Jakkals skoonveld.  

Wolf besef te laat dat hy nie na die vriendelike praatjies van Jakkals moes geluister het nie. Jakkals is 'n vals vriend en gee nie regtig om vir sy medemens nie, verder is hy ook nie hulpvaardig nie - hy gee net voor. Dit gaan altyd net oor sy eie belange en wat hy uit die vriendskap kan kry! Jakkals is 'n vals vriend en hy wat wolf is, moet dit vir die res van sy lewe onthou. Jakkals is nie geloofwaardig nie.  

Die les: Moenie 'n jakkals wees nie.

Thursday, 9 May 2024

One minute story: The wolf in sheep’s clothing


This fable is about a mischievous wolf that decided to disguise himself as a sheep by wearing sheep skin or “sheep’s clothing.”


The disguise worked, and the farmer mistook the fox for a sheep, so much so that he slaughtered him.

This story with a moral lesson shows that if the mischievous wolf did not pretend to be someone or something, no that he is not, he would have not been killed by the farmer.