Wednesday 22 May 2024

Wen saam met Dirk en Tinike!

Inskrywingsgeld:
* Inkleurboek en kryte
* Showergel/Shampoo/Deodorant
* Tandepasta en tandeborsel
* Enige toiletware
* 5 pakkies 2 min Noedels
* Boksie kitssop

Alle fondse ten bate van CHOC en Christina Kiddie Kindersentrum!

Rosetta se goeie wense:


Mag jy altyd onthou dat ten spyte van:
ekonomiese krisisse,
oorloë en gerugte van oorloë,
beurtkrag en beurtwater,
ons nog ontelbare seëninge het
waarvoor ons dankbaar kan wees.

Sunday 19 May 2024

Ruben, die droombegryper!

Liewe Maats

Ek merk elke dag op die almanak af om te sien hoeveel slapies ek oor het voor die naweek aanbreek, my spesiale gesinstyd saam met julle. Dan kan ek heerlik by julle kuier en my waaksaamheid verslap. Dan skop my spelerige kant in en ek kan net hardloop, spring en julle van hoek tot hoek rondjaag - ek kan sien ek is elke naweek 'n bietjie fikser as die vorige naweek. Ek kan raai hoekom - julle doen seker nie meer sport nie - is julle te lui of is ek verkeerd?  

Ek weet julle het almal op 'n stadium die kalendertelkaart gedoen. Ek het gehoor hoe een van julle vir die ander een vertel dat julle nie kon wag om by julle ouma-hulle te gaan kuier nie en dat mamma elke aand die slapies moes afmerk en dan tel hoeveel nog oor is. Daar is van julle wat slapies aftel om by ander familielede te gaan kuier. So bêre ons elkeen maar ons aftelkalender vir daardie spesiale geleenthede in ons harte.   

Ek het onbeskaamd langs julle gesit en afluister (is dit afluister?), terwyl julle van julle onthoudae vir mekaar vertel. Vandag vertel ek vir julle wat ek by *Renata gehoor en geleer het. En ek deel dit met al die lesers omdat 'n mens elke dag moet probeer om  'n beter weergawe van jouself te wees as die vorige dag. Dit is die enigste manier wat 'n mens kan groei. Ek leer baie hier by julle. Ek het geleer om my speelgoed en veral my balle met julle te deel. In die verlede was my goed my goed en ek het geknor as iemand net naby my balle kom, maar deesdae is dit vir my lekker om my speelgoed met julle te deel, want dan kan ons almal lekker saamspeel, en almal help vinnig opruim en optel, want ons is mos 'n span.

Hier is Renata en *Anita se gesprek langs die swembad. 
Renata: Die vakansiekuiers by my ouma-hulle was die heel lekkerste vakansies. Nie eens 'n seevakansie kon naby 'n oupa-en-ouma-kuier kom nie. Bygesê ons was net een keer by die see vir 'n baie kort naweek en toe duik ons normale huislike probleme weer op. Maar ek gaan nie vandag daaroor praat nie, ek het dit in my baie-ver-verlede-lêer gesit. By ouma en oupa het jy altyd veilig gevoel. Na ete en snaaks, selfs 'n toebroodjie vir aandete was uit die boonste rakke en as ek dit vir ouma sê, dan lag sy net dat haar oë toekreukel en sy gee my so 'n lekker ou drukkie en dan fluister sy die toebroodjiegeheim in my oor. 'n Geheim wat ek ook by ons kostannie, Tannie Mittah opgemerk het, al moet sy vir 'n hele koshuis vol kinders kook. Toe ouma al fluisterend vir my vertel, het ek eers gedink dit kan nie waar wees nie, maar ek het begin oplet na hoe dinge in ons huis is en ook by my maatjies se huise is en ek besef dat ouma weet waarvan sy praat. Die atmosfeer om die tafel en in die huis is die heel belangrikste bestanddeel van enige resep - van 'n toebroodjie tot 'n bak bobotie ... my persoonlike gunsteling. En as die gesindheid in die huis reg is, proe 'n mens die liefde in die kos. 

Wel, na ete het ek altyd die tafel afgedek en die skottelgoed gewas, sonder dat ouma my hoef te vra. Ek wou graag iets vir hierdie twee dierbare omgeemense doen. En terwyl ek die skottelgoed gewas het, het ouma vir ons heerlike soet rooibostee gemaak (hier was die geheim nie liefde nie, maar twee groot lepels kondensmelk!), terwyl oupa die nuus geluister het. 

By ouma-hulle het ek nie die slapies afgetel nie, want ek wou hê dat die lekkerte moet aanhou en aanhou en nooit ophou nie!

By ouma-hulle het ek geleer groente eet ... al die soorte! Oupa se groenetuin was sy trots en hy het elke dag 'n kooksel van alles in die tuin vir ouma gebring om te kook. Wortels, pampoen, spinasie, uie, boontjies, mielies, noem maar op en dit was daar; hang net van die seisoen af. En nou, Anita, weet jy sommer hoekom ek so graag groente eet - dit was my oupa en ouma se kos en ek dink letterlik elke dag terug aan hulle as ek my groente eet. 

Jy weet, ek het al baie gewonder of ek nie 'n klein stukkie grond hier by die koshuis kan bewerk en 'n paar stukkies groente plant nie, iets soos pampoen of boontjies en dit dan versorg soos oupa altyd sy groente versorg het nie, maar ek weet nie of ek suksesvol sal wees nie, want ouma het altyd trots oor oupa se groenvingers gepraat. Wat dink jy sal die ander kinders sê as my groentedroom misluk ... ek is in my hart bang hulle lag vir my, maar as dit werk, is dit iets wat ek reggekry het en wat ek dan vir Tannie Mittah kombuis toe kan vat, sodat sy dit met oumaliefde kan gaarmaak.     

Ek het heerlik in die son gelê en luister na die twee se gesprek en ek het besef dat Renata die resep van ouerliefde gesnap het en dat haar kinders eendag gelukkig genoeg sal wees om dit self te beleef. Ek het ook geleer dat elke mens iets wil skep om dit dan met ander te deel. En laastens het ek geleer dat 'n mens baie drome kan hê, en dat elke mens, ongeag jou ouderdom, die behoefte het om die droom prakties uit te leef, maar dat ons almal bang is vir mislukking of bang is oor wat die mense of my maats sal sê. Een van die seerste sere is as die persone met wie jy jou droom bespreek het omdat hy hulle vertrou het, jou uitlag of 'n gek van jou voor ander maak, indien jou droompoging misluk het. Daarom dra jy dit diep in jou hart en deel jy dit nie graag met ander nie, en op hierdie manier word jy nie die beste jy wat jy kan wees nie. Onthou net, elke een in die koshuis het drome en voel net soos jy daaroor. Daarom moet ons droomondersteuners wees en nie droomvernietigers nie. Help bou aan jou tafelmaat en kamermaat se droom en vra hulle dan om jou weer te help en op hierdie manier loop ons treetjie vir treetjie saam ons toekoms in.

Tot ons mekaar weer volgende naweek sien, wees droomsoet en hulpvaardig! En kom fluister gerus in my oor wat jou toekomsdrome is. Ek blaf en basuin dit nie uit nie, maar ek dink en herkou gewoonlik gedurende die week daaraan! 

* (Sien julle, ek het skuilname gebruik, sodat julle maats nie weet wie ek afgeluister het nie!) 

Ruben-groete!

Terugflits: Geniet dit om te lééf

Hoe skryf ek 'n Twyfelhoekie ná só 'n week?

Kyk, in 'n nuwe werksomgewing van my het die week beproewing op ons losgesak wat 'n mens nie vir jouself beplan of vooruit op jou dagboek inskryf nie.

Ek het die voorreg om by onderwysontwikkeling betrokke te wees. Dit behels dat ons 'n onderwysersnetwerk oor die land vestig van onderwysers wat ondersteuning en advies nodig het.

Daarmee saam is ek uitvoerende hoof van die Gereformeerde Skool Dirk Postma. Die skool se 353 leerlinge kom uit Gereformeerde Kerk-ouerhuise wat glo dit is nie die staat se verantwoordelikheid om jou kinders op te voed nie, maar dat jy dit self moet doen.

Maar die week begin toe agterstevoor en onderstebo - 'n 12-jarige seun (lees seuntjie) in ons skool is aan selfdood dood.

'n Hele skool en 'n hele gemeenskap staan verdwaas en verslae.

So 'n jong lewetjie met wie ek so baie en so lank gewerk het - vir hóm het die lewe net te moeilik geword. Hy was bipolêr. Hy het so met die lewe geworstel. Ons doen maar almal, né?

By tye worstel ons met so baie vrae oor die dinge rondom ons. Die lewe maak nie altyd sin nie. Daar kom tye dat daar nie sin in dinge is nie. 

Gelukkig hoef dit nie vir ons sin te maak nie. Ons moet doen wat ons geroep is om te doen en ons moet die voorreg van lewe geniet en beleef. Ek kan nie hierdie week 'n Twyfelhoekie skryf nie - ek kan wel enkele dinge van jou vra: Waardeer jou geliefdes. Geniet die lewe terwyl dit daar is.

Moenie ons kinders met verantwoordelikhede oorlaai nie. Leer hulle waaroor die lewe werklik gaan - in die proses onthou jy dalk weer self.

Maak tyd vir mekaar. Gee vir jou huismense vandag 'n drukkie, net omdat hulle daar is en jy vir hulle lief is.

Onderskei die dinge wat regtig belangrik is van die dinge wat nie belangrik is nie. Fokus op positiewe dinge. Bid vir hulle wat swaarkry.

Leef roepingsgetrou. Dien en lééf!

[Uit: Hannes Noëth, Twyfelhoekie, Noordkaap]

Thursday 16 May 2024

One minute story: The wolf and the seven little goats


A mother goat has seven little goats. She must leave them home alone while she goes out to find food, so she warns them to be careful and not to let anyone in.

While the mother goat is away, a wolf comes to the door and tries to trick the little goats into opening the door and letting him in. The little goats, remembering their mother’s warning, refuse to open the door. The wolf gets angry and tries to break down the door, but the little goats are able to hold it shut.

The mother goat returns and sees the wolf trying to break down the door. She uses her clever wit to trick the wolf into falling into a pit and captures him. The little goats are safe, and they learn the importance of listening to their mother and being careful.

The moral of The wolf and the seven little goats story is: Listening to advice and being cautious can protect us from danger.

Wednesday 15 May 2024

Diamantveld vat hande saam met CHOC en Christina Kiddie-jeugsentrum


Inskrywingsgeld:
* Inkleurboek en kryte
* Showergel/Shampoo/Deodorant
* Tandepasta en tandeborsel
* Enige toiletware
* 5 pakkies 2 min noedels
* Boksie kitssop

Alle fondse ten bate van CHOC en Christina Kiddie Kindersentrum!

Rosetta se goeie wense:


Mag die dag wat voor jou uitstrek,
gevul wees met krag en moed,
gesondheid en seën
vir 'n volmaakte dag.

Monday 13 May 2024

Ruben, die Moedersdagspreekbuis van die inwoners!

Liewe Maats

Hierdie naweek het vinniger aangebreek as wat ek gedink het en skielik kan ek twee dae vir julle kom kuier - Saterdag en Sondag! Sondag wat ook Moedersdag is ...

Julle weet, ek het my nooit aan Moedersdag gesteur nie, om eerlik te wees, het ek niks van Moedersdag geweet nie. Dis eers toe ek by my mensma-hulle kom bly het, dat ek besef het daar is iets soos Moedersdag. En natuurlik het ek my ore gespits as ek mense hoor praat oor hierdie spesiale dag, maar ek het ook baie daaroor gedink. Ek het mos al vir julle vertel dat ek baie dink.

Ek dink ons waardeer ons ma's nie genoeg nie en ons sê nie genoeg dankie vir alles wat ons ma's vir ons doen nie. Ons aanvaar maar net dat hulle alles moet doen en ons vergeet dat hulle baie probleme het wat hulle in die stilligheid moet oplos om die lewe vir ons makliker te maak. Soms is dit nie altyd moontlik om daardie probleme genoegsaam op te los nie en dan is daar mense wat ingryp, want glo dit of julle wil of nie, kinders is belangrik - gaan lees maar gerus MATTEUS 18.
  
Ek weet ook baie goed dat daar ma's is wat nie vir ons omgee nie. Ek het altyd gedink dat kinders 'n ma se alles is, maar daar is uitsonderings. Daar is ma's wat op die verkeerde pad is en gelukkig land ons dan by instaanma's. Ma's wat swaar ken en swaar herken en sommer op 'n dag net kom instaan vir die biologiese ma. Baie keer is dié instaanma 'n omgee-ouma of iemand soos tannie Christelle. En ons moet vir hulle net so lief wees soos wat ons ons eie ma's sou gehad het. Ons moet van hulle leer wat liefde is en hoe ons moet optree ... 'n mens behandel mos iemand soos jyself behandel wil word. 

Onthou maatjies, ek verstaan baie beter as wat julle dink. Ek is weggevat van my ma toe ek so 2 maande oud was - daar was net te veel van ons om te versorg. Ek was só gelukkig om by tannie Christelle, my mensma en instaanma te land. Partykeer wonder ek hoe dit met my familie gaan en of hulle nog springlewendig en gesond is. Dit is menslik, maar ek is gelukkig hier waar ek is. En om dit vir tannie Christelle maklik te maak, probeer ek net my beste gee. Ek probeer die beste waghond wees, wat ek kan. Ek gee om vir my mensfamilie en ek wys dit deur spontaan en entoesiasties te blaf, spring en my stert te swaai, maar ek werk aan my gehoorsaamheidsfaktor - ek luister nie altyd soos ek moet nie en dit kan tot ongelukkigheid lei, wat dan weer 'n misverstand tot gevolg het en voor die einde van die dag, is daar struwelinge, oor en weer beskuldigings en tieneropgeblasenheid wat nie by ons pas nie.  

Ek gaan daarom namens ons almal wat hier bly vir tannie Christelle dankie sê, want dit kan nie aldag maklik wees nie. En as julle aan nog iets kan dink, kom fluister dit in my oor as ek weer vir julle gaan kuier.

Dankie, tannie Christelle, dat jy vir ons almal lief is en dat ons vir jou belangrik is. Dankie dat jy altyd 'n glimlag of 'n drukkie vir ons het - jy weet net wanneer daardie drukkie nodig is. Dankie vir al die klein dingetjies wat jy vir ons doen. Dankie dat jy vir ons met boustene vir die toekoms toerus, ons sien dit dalk nie raak nie, maar hierdie lewenslesse gaan vir ons die rigtingwyser op ons lewenspad word. Dankie dat jy ons nie afgeskryf het nie, maar in ons glo. Dankie dat jy ons instaanma is, ons kon nie vir beter gevra het nie.

Ruben-groete tot 'n volgende keer!


 

    


Maandagmotivering

Sunday 12 May 2024

Moedersdag: Wat kan ons daaruit leer?

Ma's, regte moeders het moederharte waardeur hulle deur die lewe moet gaan, hulle moet sensitief wees, hulle moet weet wanneer om stil te bly en wanneer om te praat, wanneer om 'n drukkie uit te deel en wanneer om iemand aan te spreek. Daar is soveel gebroke en gekweste siele wat 'n ma se pad kruis, dat as sy daardie mens met haar moederhart omarm, sy baie meer as 'n sielkundige kan vermag. 

Die westerling en ons jong geslag is behep met sukses, prestasie en materiële sukses, en is nie daarop ingestel om die behoeftes van ander mense raak te sien nie. En dis net hier waar jy as jongeling 'n gesprek met jouself moet hê. As jy in 'n huis grootgeword het waar omgee en moederliefde nie deel van julle gesinspakket is nie, hoef jy nie so te wees nie. Jy moet en jy kan 'n beter ma vir jou kinders wees as wat jou ma vir jou was. Jy het geleer uit haar foute, jou foute en ook jou verlange na 'n omgeema.

God is die bron van liefde en omgee. En as jy Hom nie ken nie, kan jy nie 'n liefdevolle ma wees nie. Die Here is geduldig, Hy is lief vir elkeen en Hy dra jou belange op die hart, maar jy moet Hom ook in jou lewe toelaat en volgens Sy wil leef. 

Here, vandag bid ons vir alle moeders, ma’s, oumas, instaanma's en moederfigure wat die verantwoordelike taak het om kinders op die regte pad te hou. Dankie vir die liefde, omgee en uitreik wat so deel is van hulle daaglikse bestaan. Seën hulle en maak ons dankbare kinders wat die waarde van ons ma's besef. Leer ons om gehoorsaam te lewe. Amen.

Thursday 9 May 2024

Ruben, die denker!

Liewe Maats

Ek het lanklaas vir julle geskryf, maar ek kon darem Sondag kom oë wys en my stert van opgewondenheid swaai. 

Ek sien die heining vorder goed en as my voorgevoel my nie in die steek laat nie, is ek binnekort 'n permanente inwoner. Ek kan nie wag nie. Dit gaan vir my soos vakansie voel. Ek het nog nooit so 'n groot speelplek en so baie maats gehad nie.

Julle weet, hier by die ouhuis het ek mos baie tyd om te dink en as ek so 'n blitsbesoekie by julle aflê, dan hoor ek baie dinge. Dinge wat ek nie van julle oulike klomp maats verwag het nie. Een ding wat ek glad nie kan verstaan nie, is dat 'n mens wil slip. 'n Mens slip net as dít wat jy wil doen, nie reg is nie.

Ek weet en verstaan dat 'n mens baie keer ingehok voel, ek praat uit ondervinding, maar nie eens ek stel belang om te slip en in die straat rond te loop nie. 'n Mens het 'n verantwoordelikheid en as ek nou oor die draad klim en vir my pêlle hoër op in die straat gaan kuier, is daar niemand wat die huis oppas wat nou my verantwoordelikheid is nie. En tannie Christelle sal só teleurgesteld in my wees ... ek wonder of sy my ooit weer sal vertrou. En vertroue is belangriker as wegloop, rondloop of voet in die wind slaan.  

Ek skryf eintlik vir julle om julle uit te daag om die beste JY te wees wat jy kan wees, nie net vanjaar nie, maar elke jaar, nie net in akademie nie, maar op alle terreine van die lewe. Besluit sommer vandag dat jy die beste kamermaat gaan wees wat jy kan, die tafelgenoot met die mooiste maniere en in die studieklas gaan jy die hardste werk. Jy doen dit vir jouself.

As jy by die skool in die wiskundeklas sit, wees die beste wiskundeleerder wat JY kan wees. As jy op die sportveld is, wees die beste sportman of sportvrou wat JY kan wees. Koester en respekteer alle mense, ook die mense van wie jy nie hou nie. Respek beteken om almal goed te behandel, nie net diegene wat jy wil beïndruk nie. En die groot lekkerte van respek is dat as jy respek uitdeel, dan ontvang jy dubbeld soveel respek terug.

Ai maats, moenie dink ek wil vir julle begin preek nie, dis regtig nie my styl nie, maar ek wil vir julle uitdaag. Hierdie jaar gaan vir ons almal 'n aanpassing in baie opsigte wees, maar ek is nie bang vir verandering nie. Enige verandering wat positief is, gaan van my 'n wenner maak.

Sien julle klompie weer oor die naweek en dan kan ons lekker van ons energie ontslae raak.

Viva goeie oefening.

Ruben-groete tot 'n volgende keer!   

One minute story: The wolf in sheep’s clothing


This fable is about a mischievous wolf that decided to disguise himself as a sheep by wearing sheep skin or “sheep’s clothing.”


The disguise worked, and the farmer mistook the fox for a sheep, so much so that he slaughtered him.

This story with a moral lesson shows that if the mischievous wolf did not pretend to be someone or something, no that he is not, he would have not been killed by the farmer.

Wednesday 8 May 2024

Rosetta se goeie wense:


Mag jy vandag dankbaarheid ervaar:
Dankbaar vir die mense wat lief is vir jou.
Dankbaar vir jou gesondheid.
Dankbaar vir geluk en vrede.
Leef dankbaar!

Friday 3 May 2024

One minute story: The Rainbow Crow


A beautiful bird named Rainbow Crow lived in the forest with the other animals. Rainbow Crow was known for his beautiful feathers and his sweet, melodic voice.

One day, the forest caught fire and the animals were in danger. Rainbow Crow flew to the top of the tallest tree and called out to the Great Spirit for help. The Great Spirit answered his call and sent a gentle rain to put out the fire.

Rainbow Crow was grateful, but he also knew that he had sacrificed his beautiful feathers and his sweet voice to save the forest. The other animals thanked him for his bravery and selflessness, and Rainbow Crow learned that helping others is more important than personal appearance or talents.

The moral of The Rainbow Crow story is: Selflessness and sacrifice can lead to great rewards.

Portia's advice

Thursday 2 May 2024

Maak vrede met jou foute

'n Kommentator op 'n internasionale tennistoernooi het gesê dat dit twee weke neem om 'n tennistoernooi te wen, maar net 'n uur om dit te verloor. Dit is waar van die meeste sportsoorte, maar ook van ons eie lewe.

Dit neem dalk jare om 'n goeie reputasie op te bou, goeie verhoudings te vestig en jou in jou werk te bewys, maar dit is ook moontlik dat al hierdie harde werk binne oomblikke in duie kan stort. Dit is nie noodwendig weens iets wat jy gedoen of besluit het nie. Soms is dit omstandighede wat so iets tot gevolg het en soms is dit wel te danke aan jou eie handewerk.

'n Mens kan redeneer dat dit onregverdig is, maar dit is wat die lewe is - onregverdig. Die gehalte van jou werk en jou toewyding word nie altyd raakgesien nie, maar die enkele fout wat jy begaan, sal baie lank onthou word. Jy sou wou redeneer dat die 100 dinge wat jy reg gedoen het sekerlik gewig moet dra en darem ten minste moet vergoed vir die fout wat jy begaan het, maar die situasie is gewoonlik nie oop vir redenasie nie. 'n Fout is 'n fout. Jy moes twee keer gedink het, beter opgelet het, verder geredeneer het. Dat almal foute maak, is op daardie oomblik ook nie van belang nie.

Ons probeer hard. Ons almal maak foute. Die enigste manier om te verhoed dat jare se goeie werk tot niet gemaak word, is om toe te sien dat die fout wat jy maak nie van so 'n aard is dat dit op die lang termyn 'n negatiewe impak op ander se lewe het nie. Vergewe as daar vergewe moet word, want binnekort het jy dalk iemand ander se vergifnis nodig.

[Bron: Noord-Kaap: Potpourri - Karin Muller]    

Knap jou ook vir ander op

Dekades gelede aan die technicon het ons met bewondering die meisies wat skoonheidstegnologie studeer, aangestaar.

Geklee in hul sindelike uitrustings het hulle 'n ander soort beeld as die res van die studente uitgestraal - een van selfvertroue, omgee en kennis op 'n gebied waarvan ons net kon droom.

Met 'n slakkegang het ons verby hul lesingslokale gedraal en ons in die onbereikbare wêreld van lekkerruik rome en verfrissende maskers verlustig.

Vandag bestaan allerhande nuwe name en deskundigheid op die vakgebied, maar die beeld wat die meisies en vroue uitstraal, is dieselfde. 'n Onderlinge soort rustigheid in die wete hulle help mense om die beste in hulself na vore te bring. Mense wat nie omgee om aan jou figuurfoute en tekort aan kennis te werskaf nie.

Bederf jy jou deur 'n draai by 'n skoonheidsdeskundige te maak, staan jy verstom oor hul werkomgewing. Aromatiese vertrekke. Rustige musiek. Sagte handdoeke. En individue wat die werkomgewing soos 'n handskoen pas.

Die meeste mense het ongelukkig nie geld of tyd om hule gereeld so te laat bederf nie. Tog kan hulle 'n mens op 'n baie subtiele manier laat verstaan jy moet eintlik meer tyd aan jou en jou voorkoms bestee. 
Maar dit is moeilik, want tussen die eise deur van 'n mens se gesin, werk, familielede, vriende kos, skottelgoed en wasgoed was, sak jy uitgeput op die bed neer en besluit met 'n vae vasberadenheid om eerder die volgende dag die ontwykende lagie naellak en masker te probeer aanbring. Dalk is dit tyd dat ons onsself 'n bietjie meer bederf. Nie net vir ons moeë en aanmekaargeflansde selfbeelde nie, maar ook vir die mense die naaste aan ons.    

[Bron: Noordkaap - Potpurri - Karin Muller]

Two minute story: The old fable of the tortoise and the hare


Overconfidence will often be punished by embarrassing failure.

You know the old fable of the tortoise and the hare ...

Once upon a time a tortoise and a hare had an argument about who was faster.

They decided to settle the argument with a race. They agreed on a route and started off the race.

The hare shot ahead and ran briskly for some time. Then, seeing he was far ahead of the tortoise, he thought he’d sit down and rest for a while before continuing the race. He sat down under a tree and soon fell fast asleep.

The tortoise, plodding along, soon overtook him, passed him, crossed the finish line, and won the race.

The hare woke up and realized he’d lost.

Many people will conclude that Slow and Steady win the race. When I read the story, I feel that the real lesson is not about the tortoise at all, it’s about the hare.

The hare made a huge mistake, believing in it's ability but then not actually proving it. In real life, you may have that great skill, one which everyone agrees, but you must still showcase that skill to win the competition.

Moral: Success depends on using your talents, not just having them.

Wednesday 1 May 2024