Wednesday 12 June 2024

Christina Kiddie eer Nicolette van Zyl se nagedagtenis

Ons by Christina Kiddie brand vandag 'n kers vir iemand wie se lewenstaak dit was om te dien.

Nicky (Nicolette) het voluit gelewe en wat sy kon, het sy gedoen. Sy het haar lig met almal gedeel met wie sy in aanraking gekom het. 

Haar nalatenskap sal vir altyd voortleef in die kinders se harte, ook hulle wat nog moet kom. As jarelange voorsitter van KJSS (aan die beginjare van die kinderhuis) het Nicky gewoeker om genoeg fondse te in om 'n groot swembad te laat bou. Haar trust het 'n paar jaar terug 'n groot bedrag geld geskenk waarmee die behoeftes van die kindersentrum aangespreek kon word.

En so kan elkeen wie se pad met hare gekruis het, getuig van hierdie vrou wat elke dag in dankbaarheid geleef het.

Sy laat 'n groot leemte, maar haar nalatenskap sal bly. Ons sal haar nagedagtenis eer.

No comments:

Post a Comment