Tuesday 22 March 2022

'n Stokperdjie vir die vakansie

Hi julle maatjies in die Noord-Kaap

My naam is Portia Kgopodithata. Ek is 9 jaar oud en die 9de April word ek 10 jaar oud. Ek is in Aurora Primêre Skool in Welkom. Vakansies kan baie lank raak as 'n mens niks het om te doen nie en waar ons bly, is daar nie baie maatjies nie. Maar ek het 'n heerlike stokperdjie. Ek herwin papier. So,ek help sommer die aarde met hierdie projek van my en ek help van die kleiner plattelandse skooltjies in die Noord-Kaap waar dit so baie droog is en waar die inwoners swaarkry. Skryfbehoeftes en skoolboeke is duur. Ons moet alles self koop.  

Ek maak boekies en dan plak ek 'n oulike plakker en 'n naamplakker op, voordat ek dit vaskram. Dit vat nogal lank om by die eindproduk te kom,
maar ek hou baie daarvan. Ek het verlede jaar amper 'n 1000 boekies help maak, maar hierdie jaar is ek alleen. Ek gaan die boekies tel en later vir julle laat weet hoeveel ek al sover gemaak het.
Ek probeer om elke dag meer boekies te maak as die vorige dag. Ek begin sommer al 8 uur in die oggend, maar so 'n dag kan lank raak hier na 5 uur se kant toe. Maar ek hou daarvan.

Geniet julle vakansie en onthou om iets vir die aarde te doen - ons moet almal groen dink.




Tuesday 8 March 2022

International Women's Day


Like every year, International Women's Day has arrived and people across the world are going to be celebrating women and their rights on March 8, 2022. 

Women have been struggling continually for their existence and their presence. Society - being patriarchal - made it quite difficult for women to live a life of their own, one in which they have a say and can make their decisions. Over the course of time, many strong women, who raised their voices against patriarchy, emerged and made a mark in history. This is why, on this day, it is so important to celebrate women around the world as it marks a call-to-action for accelerating women's equality. Here are some powerful quotes by famous authors that will help you celebrate Women's Day with even more zest.

"We cannot all succeed when half of us are held back." - Malala Yousafzai

Happy International Women’s Day 2022!

Thursday 3 March 2022

Donderdag: Dink hieroor ... Beperkings in jou lewe


Die man stap verby ‘n trop olifante wat vasgebind staan. Hy stop skielik en is verbaas dat hierdie enorme diere deur so ‘n dun tou aan die voorpoot vasgehou kan word. Geen kettings, geen hokke, behalwe die dun tou aan die voorpoot en ‘n pen in die grond.

Dit was duidelik dat die olifante, indien hulle wou, maklik kon losbreek van die tou wat hul vashou, maar vir een of ander duistere rede, het hulle nie losgebreek nie.

Hy sien daar naby een van die afrigters van die olifante staan en vra hom hoekom die olifante net daar staan en nie ‘n poging aanwend om los te breek van die toue nie.

“Wel,” sê die afrigter, “terwyl hulle nog baie jonk en heelwat kleiner was, het ons presies dieselfde dikte tou gebruik as nou, dit was voldoende om hulle so vas te hou dat hulle nie kon losbreek nie. Soos wat hul groter geword het was hulle so gekondisioneer dat hulle steeds glo hulle kan nie losbreek nie. Hulle glo die tou kan hulle steeds vashou en daarom probeer hulle nie eens meer om los te breek nie.”

Die man was verstom. 

Hierdie diere kan enige oomblik loskom van die bande wat hulle vashou, maar omdat hulle glo hulle kan nie, is hulle presies waar hulle nou is.

Hoeveel van ons, net soos die olifante, gaan deur die lewe en glo ons kan nie iets doen nie, slegs omdat ons eenkeer onsuksesvol was toe ons dit probeer het?

Soms het die toue vir ons ‘n verskoning geword sodat ons nie weer hoef te probeer nie en ons skuil agter die verskoning van die toue om onsself nie bloot te stel aan moontlike mislukking nie.

Les: Mislukking is deel van leer. Jy misluk nie omdat jy bestem is om te misluk nie, maar daar is lesse wat jy nodig het om te leer om aan te gaan in die lewe. SUKSES IS DALK NET EEN MISLUKKING VER. MAAR JY SAL NIE WEET AS JY NIE PROBEER NIE.

Klik HIER om terug te gaan na Inspirasiestories.