Showing posts with label Tannie Mittah. Show all posts
Showing posts with label Tannie Mittah. Show all posts

Thursday, 18 June 2026

Christina Kiddie KJSS se senior jeug

Jeugdag in Christina Kiddie is gekenmerk deur
wonderlike geesdrif en aansteeklike spangees!!
Dankie dat julle ons daagliks inspireer 
om die lewe voluit te leef, 
ongeag ons ouderdom. Ons het Jeugdag geniet!
Lede van die personeel wat nie 16 Junie 2026 met hulle
"skooldrag" by die werk opgedaag het nie, 
moes R5 betaal om die dag 
"civvies" te kon aantrek!!
Foto's: Christelle Hattingh

Monday, 15 June 2026

Tannie Mittah is die kombuis-engel van Christina Kiddie Kinder- en Jeugsorgsentrum

‘n Mens wonder altyd hoe ’n engel lyk? Het jy nie al ook gewonder nie??

Daar is gedurig engele om ons. Ons moet net leer om hulle raak te sien.

Hierdie engele is doodgewone mense, soos ek en jy, wat altyd daar is op die regte tyd en die regte plek om ons te help, te bemoedig, te ondersteun, of sommer net om ons heerlik te bederf.

Tannie Mittah is Christina Kiddie Kinder- en Jeugsorgsentrum se engel in lewende lywe. Elke dag toor sy die heerlikste kos in die kombuis op. Sy deel nie haar resepte nie, maar sy deel met groot liefde haar produkte. Klik HIER om van die heerlikste wildspasteitjies in Kimberley te koop. Die fondse gaan vir Kiddies en daarom sit sy 'n ruim skoot liefde by elke baksel in.
Moenie hierdie geleentheid deur jou vingers laat glip nie.

Monday, 29 December 2025

Vakansie-idees: Probeer dit!

* Leer om 'n analoog-horlosie te lees.

* Doen vrywillige werk by die DBV of 'n diereskuiling.

* Leer 'n paar kaarttruuks aan en vermaak jou maats as julle verveeld is. Los 'n slag die selfone uit.

* Leer om die blombeddings te bemes en potplante uit te plant. Jy het dalk groenvingers en jy weet dit nie eens nie.

* Vra vir Tannie Mittah om jou te leer konfyt kook. Jy kan nie vir 'n beter leermeester vra nie.

Sunday, 28 September 2025

'n Wimpy-geheim skuil in tannie Mittah se bekwame hande


Sondagoggendontbyt het gesorg dat die inwoners verras is met 'n breë glimlag en 'n heerlike Wimpy-ontbyt, gemaak met liefde uit Tannie Mittah se sorgsame hand en omgeehart.

Hierdie ontbyt het nie net die smaakkliere gekielie en die honger gestil nie, maar sommer ook die tonge losgemaak en is daar heerlik om die ontbyttafel gekuier. 

Dankie vir 'n perfekte ontbyt teen die perfekte prys!

Tuesday, 2 September 2025

Wildsvleispasteie: Moenie op jou laat wag nie!


Heerlike wildsvleispasteie, met hul kenmerkende rafeltjievleis, praat 'n kostaal van hul eie. Nou is dit moontlik om hierdie vleispasteie deel van jou spyskaart te maak sonder veel moeite! 

Tannie Mittah, bakster van formaat, gaan geen fynproewer teleurstel nie. Tuisgebak ten bate van Christina Kiddie KJSS.
 
WhatsApp jou bestelling deur na:
067 346 7667 

Inbetaling:
Christina Kiddie Child and Youth Care Centre
ABSA
4057581902
632005
CURRENT

Sunday, 6 July 2025

Binnekringnuus: Pre-24 September braaidag in die hartjie van die winter


Korrespondent: 'n Mens hoef nie vir 24 September te wag om te braai nie. Nee wat, by Christina Kiddie verander 'n gewone koue Sondag in Julie in 'n heerlike braaidag, danksy tannie Mittah en 'n skenking wat hierdie bederf moontlik gemaak het. Heerlike paptert het die ete afgerond. In die Noord-Kaap is braaibroodjies die inding, maar vandag het dié tert die botoon gevoer, met die liplekkerresep van tannie Mittah.