Showing posts with label HelpJag. Show all posts
Showing posts with label HelpJag. Show all posts

Friday, 22 May 2026

Dankie vir die verskil wat Helpende Hand maak


Dankie, Helpende Hand dat julle met jul Helpjag-projek, altyd  vir Christina Kiddie Kinder- en Jeugsorgsentrum onthou.

Julle gesindheid, uitreik en vrygewigheid maak van die wêreld 'n beter plek. 

Dankie dat julle hartspore los. Hartspore sit 'n glimlag op die ontvangers se gesig en gee vlerke aan die woord HOOP.

Saturday, 2 August 2025

Ons kan julle nie borg nie, maar ons kan help adverteer!! Sterkte!


Die eksklusiewe HelpJag Legendes Gholfdag vind op 25 September 2025 by Serengeti Golf and Wildlife Estate plaas.
 
Hierdie dag gaan nie net oor die spel nie, maar ook oor die verskil wat jy in ons gemeenskap kan maak om hoop te bring waar dit die nodigste is.

Raak betrokke as borg of adverteerder: https://helpjag.co.za/gholfdae/

Dis is meer as net gholf...elke hou maak ‘n verskil!

Dankie vir die verskil wat Helpende Hand maak

HelpJag, 'n inisiatief van Helpende Hand, maak daagliks 'n verskil aan mense en kinders se lewens. Christina Kiddie Jeugsentrum was vandag aan die ontvangkant van hierdie wonderlike inisiatief. Woorde skiet te kort as so 'n pakkie stil-stil sy weg tot by die voordeur van die jeugsentrum vind.

Dankie vir die ongelooflike geskenk van 200 kg wildsvleis en 30 sakke aartappels. Hierdie is 'n heerlike bederf. Dankie dat julle in ons kinders glo en vir elke instansie waarby julle betrokke is, toekomshoop gee.

Friday, 19 July 2024

Dankie vir die verskil wat HelpJag maak

HelpJag
, 'n inisiatief van Helpende Hand, poog om waar daar nood by gesinne, kinders en in hierdie geval, die Christina Kiddie Kinderhuis is, op 'n praktiese wyse uit te reik en 'n voedsame bord kos op die tafel te sit.

Vandag is 9 bokse vleis deur omgeemense afgelaai - wors, sosaties, cocktail worsies, maalvleis, patties, sosatiewors en droëwors ... 'n heerlike bederf wat die lekker van elke ete vir baie lank gaan uitrek. Tannie Mieta se legendariese kookvernuf gaan voorwaar 'n ongekende hupstoot gekry.    

Dankie dat julle in ons kinders glo en vir elkeen en elke instansie waarby julle betrokke is, toekomshoop gee.