Showing posts with label Karin Herbst. Show all posts
Showing posts with label Karin Herbst. Show all posts

Sunday, 18 December 2022

Feesdrukkies vir die Goudvelders



Hulp oor provinsiale grense heen, is altyd 'n bonus en 'n "blessing" vir ons hier by Kindersorg Noord-Kaap. Ons koester julle mense met die omgeeharte en uit ons hart wil ons net vir julle baie dankie sê vir julle onbaatsugtige bydrae. Dele van die NK is bitter droog, werk en hulpmiddele is maar min en daarom is ons so dankbaar vir julle bydraes. 

'n Spesiale dank aan Karin Herbst (van Riebeeckstad) en haar vriendinne wat elke jaar tyd en geld spandeer om kinderharte en oumaharte bly te maak. Dankie vir die boks vol glase - dit is werklik handig met opleiding en uitreike. Dankie vir die innoverende Kersgeskenkies vir die kersmark, skryfbehoeftes, boekies wat vir die kleuters herwin is deur Portia Kgopodithata en haar niggie van Pampierstad. Vele hande maak baie harte bly. Mag julle 'n geseënde 2023 hê en moenie van ons vergeet in die nuwe jaar nie.

Thursday, 30 July 2020

Tyd + lappies = oorspronklike kerspresente

Dankie, Karin, vir hierdie oulike idees
wat jy met ons deel.
Stuur gerus nog handwerkidees na die blog
vir inspirasie vir ons lesers. Lekker werk.

Thursday, 21 May 2020

Koester Karos deel in die Riebies Callenge ...

Dankie, juffrou Chantelle Gebhart dat jy hierdie heerlike
aktiwiteit met ons Koester Karos-lesers deel.

Nog idees HIER!!  
Ons toetser van die blou klassie het die resep
vooraf vir ons getoets ... flatervry! Dankie, Luan! 

Hierdie speletjie is nommer pas vir Riebieland se "Blou klas"


Luan Herbst wys aan die Koester Karos-kykers
dat hierdie metode om getalle en hoeveelhede te
verstaan, die heel maklikste een is.
Nog idees HIER!!  

Thursday, 30 April 2020

Wurm- en slangetjiedag ...

Luan - trotse speelgoedvervaardiger staan
hier met vandag se produkte.
Gaan loer HIER vir nog idees.

Sunday, 12 April 2020

Aktiwiteitsboekies deel 1


Besigblyboekies Voorskool

Aktiwiteitsboekie vir vakansies.

Dankie Christelle Hattingh, Karin Herbst en Nerine Oosthuizen wat hierdie boekies met Koester Karos gedeel het. Dit word opreg waardeer. Klik op die prentjie of glimwoorde om die boekie in OneDrive oop te maak. Dit vat 'n paar sekondes om oop te maak. Wees maar geduldig. Gebruik dan die pyltjies aan die onderkant om deur die boek te blaai.

Party boekies is meer op die ouers gerig en sommige boekies se heerlike aktiwiteite is meer na agter.

ONTHOU om 'n draai te maak by die "IDEES VIR TUISBLYKINDERS tydens Covid-19-bladsy."

Aktiwiteitsboekies deel 2



Activity Book (3-4 years)
Dankie Christelle Hattingh, Karin Herbst en Nerine Oosthuizen wat hierdie boekies met Koester Karos deel. Dit word opreg waardeer. Klik op die prentjie of glimwoorde om die boekie in OneDrive oop te maak. Dit vat 'n paar sekondes om oop te maak. Wees maar geduldig. Gebruik dan die pyltjies aan die onderkant om deur die boek te blaai.

Party boekies is meer op die ouers gerig en sommige boekies se heerlike aktiwiteite is meer na agter. Blaai dus die boekie deur tot aan die einde.

ONTHOU om 'n draai te maak by die "IDEES VIR TUISBLYKINDERS tydens Covid-19-bladsy."

Tuesday, 7 April 2020

'n Boksoplossing is 'n kitsoplossing

Wat gemaak as die kleintjies na oupa en ouma verlang in hierdie grendeltyd of na sy maatjies by die skool of sommer net na SPUR se speelhoekie? Hoe verduidelik 'n mens vir 'n kleuter van 2 jaar wat Covid-19 is en dat die hele wêreld oor dieselfde kam geskeer word? Dis nie net hy wat by die huis moet bly nie.

Gelukkig vir Luan is hierdie probleem van hom in 'n kits (boks) opgelos. Oupa en ouma se huis, die skool, SPAR, SPUR en selfs juffrou se huis is binne "ryafstand". Al wat nodig is, is 'n boks en 'n hele paar karretjies en natuurlik genoeg petrol om al die "onwettige" kuiers te kan doen.

Gaan kyk hier na nog idees. (Idees vir tuisblykinders tydens Covid-19). Miskien is daar 'n splinternuwe idee wat vir vandag gebruik kan word. Geniet elke oomblik saam met jou kind(ers).     


Saturday, 4 April 2020

Pret en planne vir besige handjies buite ...

Daar is sommer hope planne en pret wat buite die vier mure van die huis gedoen kan word. Kliek op hierdie webwerf vir 99 idees van buitepret.

Luan Herbst (2 jaar) is 'n  man wat nie op hom laat wag nie en hier gee hy 'n demonstrasie van 'n premini-visvangoefening.

Vir nog idees, maak 'n draai hier. 

[Dankie Karin Herbst wat die foto ingestuur het.]

Monday, 9 December 2019

Die ervare bakkiepakker ...

Afrika Mokhosi
So een keer 'n maand wys die bakkie se neus in die rigting van die Noord-Kaap. En daar is altyd iets wat iewers afgelaai moet word. Op hierdie stadium is dit die NK se terug-skool-toe-projek waaraan Afrika en Shaun kliphard gewerk het. Boekies, uitveërs, inkleurprente en potlode is maar van die items wat hulle na die kleuterskole in die Noord-Kaap stuur.

En dan is daar ook nog so 'n bietjie Kersfees tussendeur vir die senior burgers van Ons Huis. Hierdie twee, saam met Karin Herbst en Alda Welman het hierdie Kersfees gekonsentreer op die afdeling vir die verswakte bejaardes. So dikwels vergeet 'n mens dat hierdie mense ook flinke, hardwerkende jong mense was en dat as hulle 'n keuse sou gehad het, sou hulle nie in hierdie afdeling wou wees nie... Maar die lewe loop soms ongemaklike draaie met 'n mens en daarom het hierdie spannetjie besluit om hierdie afdeling te bederf.

En so half weggesteek aan die agterkant, is 100 kg mieliemeel wat deur 'n Goudveldse weldoener met liefde geskenk word. Baie dankie hiervoor en dankie aan Francois Crauwcamp wat as tussenganger optree. Hierdie mieliemeel is dikwels die verskil tussen honger gaan slaap of nie.