Leer hard, maar bid ook hard.
VOOR jy skryf, dink aan die HERE, TERWYL jy skryf, sal Hy aan JOU dink.
Ons wens julle alle sterkte en voorspoed toe!!!
Showing posts with label Laerskool Eureka. Show all posts
Showing posts with label Laerskool Eureka. Show all posts
Tuesday, 2 June 2026
Wednesday, 27 May 2026
Tommie: 'n Reuse dankie aan elke maat wat die GROEN STRIKKIEprojek ondersteun
Ek is só opgewonde, my stert kan eenvoudig nie ophou waai nie. As ek nou een van die maatjies was, het ek sommer aan die trippel gegaan, maar nou ja, ons honde kan nie trippel nie, maar ons kan bokspring en sodra ek hierdie briefie klaar geskryf het, gaan ek my vreugdespronge op die gras uitbaljaar.
Eerstens het Ouboet Ruben vir my gevra om vir julle te skryf en dis 'n heerlike pluimpie vir my, want dit beteken hy vertrou my met die administrasie. Ek sluit 'n foto van my in (as bewys) waar ek besig is om te skryf.
Wel, ek is besig om koekies te bak vir Dutoitspan se kerkbasaar - julle weet mos ek is die een wat so graag vir ouma Annie in die kombuis gehelp het.
Tweedens wil ek al die maats van Eureka Laerskool uit die diepte van my hart bedank vir die reuse bedrag van R5 505,80. Dankie dat julle ons groen strikkie-projek so ongelooflik entoesiaties ondersteun.
Hierdie is nie net sommer 'n strikkie nie. Hierdie strikkie moet ons bewus maak dat al ons klasmaats en skoolmaats se huislike omstandighede nie so ideaal is nie. Ons moet weet dat geweld, uitbuiting en verwaarlosing ongelukkig deel is van sommige maats se lewens.
Hierdie GROEN STRIKKIE sê wat hierdie maats nie kan sê nie. Dit beteken ons moet baie meer sensitief en met oop oë deur die lewe gaan.
Dankie, Newton Laerskool dat julle nou ook deel is van hierdie wonderlike projek. Noord-Kaap, julle lyk my is sterk tweede in hierdie wedloop.
Ek gaan op hierdie stadium my nek uitsteek, sonder om Ouboet Ruben te vra, maar ek daag die ander skole van Kimberley uit om deel te neem aan hierdie verdienstelike projek.
Tyd raak min. Onthou, 28 Mei tot 5 Junie is Kinderbeskermingsweek!
Julle maats wat al klaar gekoop het, moet asseblief die ander outjies aanpor om ook deel te neem. Een R5 klink nie baie nie, maar honderde R5'e laat die skaal in die guns van die projek swaai.
Nou, my liewe maats, gaan ek eers 'n bietjie blaf, spring en katjie van die baan wees.
GROEN STRIKKIE-groete van 'n baie opgewonde ekke!
Tommie van Christina Kiddie Kinder- en Jeugsorgsentrum
Thursday, 14 May 2026
Hemelvaartdag: 'n Dankie-Donderdag in vele opsigte
![]() |
| Hemelvaartdiens: Deurkollekte - Christina Kiddie |
![]() |
| Deel van KJSS-personeel |
God se voorsiening en Laerskool Eureka se omgee-harte
op Hemelvaartdag
tasbaar in 'n kollektebordjie!
Dit bring hoop, skep geleenthede en help bou aan 'n beter toekoms!
'n Yslike groot dankie aan dr. Etienne Venter, personeel en elke
Eureka-leerder en -ouer dat julle OMGEE
in dade omsit.
Friday, 5 September 2025
Eureka Muddy Bash 2025
Wanneer: 13 September 2025
Waar: Vleissentraal Veilingskrale Kimberley
MOENIE OP JOU LAAT WAG NIE!!
Navrae: 087 310 5310
of
060 466 6676
EK HET REEDS INGESKRYF,
WAT VAN JOU??
Friday, 15 August 2025
Friday, 18 July 2025
Friday, 27 June 2025
Eureka Muddy Bash 2025
Wanneer: 13 September 2025
Waar: Vleissentraal Veilingskrale Kimberley
MOENIE OP JOU LAAT WAG NIE!!
Navrae: 087 310 5310
of
060 466 6676
EK HET REEDS INGESKRYF,
WAT VAN JOU??
Thursday, 26 June 2025
Eureka hou entrepreneursdag!
Ons leerders van Eureka Laerskool het vandag 'n heerlike entrepreneursdag gehad. Die sakemanne en -vrouens van groen en goud het met trots hul produkte tydens die Winter Wonderland Entrepreneursdag van die hand gesit. Dankie, dr. Etienne Venter, een van die gewildste klante van die dag, dat jy ook 'n draai by ons stalletjie gemaak het en bereid was om tyd af te knyp vir 'n foto vir ons blog. Dis baie lekker om op die manier met jou skoolhoof te spog.
Die sakelui in wording het hulle huiswerk goed gedoen en hulle weet presies wat die Achilleshiel van Eureka-leerders op 'n laaste skooldag is.
Saturday, 8 June 2024
'n Diep-uit-die-hart-dankie vir omgee-jongmense
Ons by Christina Kiddie Kinder- en Jeugsorgsentrum wil vir elke Eureka-leerder en -onderwyser wat saam met Helpende Hand betrokke was by hierdie groot uitreikprojek 'n hartsdankie gee. Omgee-uitreikaksies skep soveel geluk en vreugde vir beide die gewer en die ontvanger. Jongmense met hulle vars idees en spontane energie word die positiewe rolmodelle vir ander jongmense. Teruggee in jou oorvloed, maak die gewer sensitief vir die maatskaplike uitdagings in jou onmiddellike omgewing. Hierdie is hoopprojekte vir die toekoms.
Mag julle as skool net van krag tot krag gaan. Gaan voort om die saad te saai, want saad wat opkom, kan 'n honderdvoudige oes lewer.
Klik HIER om na die video op Laerskool Eureka se FB te kyk.
Subscribe to:
Posts (Atom)













