Sunday 9 June 2024

Aan elke kind ...

Wanneer jou ouers eendag sterf,
mag jy dalk huil.
Jou ouers gaan nie weet nie,
so huil nou oor jou ouers.

Jy gaan blomme na jou ouers se graf neem,
maar jou ouers gaan dit nie sien nie.
Maak nou tyd vir jou ouers.
Daar is geen verskoning van tyd nie.

Jy gaan op jou ouers se begrafnis mooi woordjies praat,
jou ouers gaan dit nie hoor nie.
Sê dit nou vir jou ouers .

Jy gaan jou ouers se foute vergeet,
maar jou ouers gaan nie daarvan weet.
Vergewe jou ouers nou.

Jy gaan jou ouers mis,
maar jou ouers gaan dit nie weet nie.
Mis jou ouers nou

Jy gaan wens jy't meer tyd saam met ouers spandeer,
spandeer dit nou.

[Dankie, Anoniem]

No comments:

Post a Comment