Tuesday 26 June 2018

Is twee mossies nie vir 'n sent verkoop nie ...

In die konsentrasiekamp, meer as 100 jaar gelede, sit Anette Marais op ’n stomp en skud die stof van haar verslete klere af.

Rondom haar sit die groepie bekende gesigte van moeë vrouens. Net ’n paar tree verder is die hoë draad van die konsentrasiekamp. Sy slaan haar Bybel oop en begin lees. Sy het in die donker ure van die nag geworstel met God en Hom gesmeek vir ʼn boodskap om hierdie vrouens te bemoedig, want wie weet hoe lank nog ...

Anette lees die woorde van Matt 10:29 – “Is twee mossies nie vir ’n sent te koop nie, en tog sal nie een van hulle op die grond val sonder die wil van julle Vader nie.”

Terwyl sy besig is om hierdie woorde te lees, kom sit daar ’n vaal klein mossie op haar skouer.

Die groepie vrouens staar in verbasing na wat voor hulle gebeur en so word die mossie, die teken van hoop in die onmoontlike omstandighede van die konsentrasiekamp in Bethulie.

Dit was fantasties om in die maande wat volg te sien hoe die mossies van Bethulie ’n baken van geloof en hoop word vir hierdie vrouens.

Op 21 Mei 1902 was die oorlog verby, Anette het op pad terug na haar huis gestop by ’n vrou met invloed en haar vertel van die mossie-boodskap, sy het dit weer oorvertel en genl Jan Smuts het in 1923 die mossie op die land se kleinste muntstuk (kwartpennie) laat verskyn.

Amper 80 jaar later sit Jak de Priester in ’n park in Londen. Sy geld is op, hy kry nie werk nie, hy mis die meisie van sy drome en sonskyn en biltong. Hy slaan sy klein silwer Bybeltjie oop en lees die “mossie”-boodskap en bid vir die soveelste keer vir werk!

Vroeg die volgende oggend lui sy telefoon en dis die oproep waarvoor hy gewag het. Hy spring op die eerste trein en begin met ʼn lang dag se onderhoude. Moeg maar gelukkig en met ’n permanente werk klim hy weer laatmiddag op die trein.

Toe hy inklim sien hy ’n muntstuk op die vloer lê, hy tel dit op, en daar op ’n trein in Londen hou hy ’n Suid-Afrikaanse 1c in sy hand, met ’n mossie agterop. Hy vertel dat die wêreld rondom hom gaan stilstaan het, dat hy besef het dat God daar by hom op die trein is en dat gebed sy waarborg is in hierdie stukkende wêreld.

Vandag ’n paar jaar later, skud ek my beursie uit. Ek sit ʼn 1c neer vir my vriendin met borskanker, nog ʼn 1c vir huwelike wat sukkel, ’n 1c vir iemand na aan my hart se werksomstandighede, vir enkel ouers en weduwees, en ek besef die mossieboodskap is dalk net een versie in ’n dik Bybel, maar ’n Almagtige, liefdevolle God staan agter dit!

Here, dankie, dat daar altyd hoop is. Dankie, vir bakens langs die pad wat ons help om geduldig te wees, terwyl ons wag vir U, om op die perfekte tyd ons omstandighede te verander. Gister, terwyl ek vir my kliënte sit en wag en ek dieselfde boodskap vir my vrou gestuur het, het 3 mossies op my voertuig se voorste "bushbar" kom sit en het ek dadelik geweet ons Koning praat met my om my gerus te stel. Daar is niemand soos Hy nie en Hy sal altyd na ons kyk en ons versorg. Hy's net 'n gebed ver. Geseënde "mossie"-dag vir jou.

Mag God Homself ook vandag op ‘n besonderse manier aan jou openbaar. God seën u!

Wednesday 20 June 2018

Jy bly 'n wenner wanneer jy by die Here bly


Versterk die pa-kind-bande ...

Daar is baie planne en idees om die verhouding tussen 'n pa en sy kinders te versterk.

Hier is 'n paar om die bal aan die rol te sit!

▼  Lees vir jou kleuter 'n storie of vertel vir hulle 'n storie
▼  Word jou kind se held - raak 'n betrokke pa.
▼  Luister na jou kind, sonder om te preek of raad uit te deel.
▼  Maak tyd vir pret - besoek plekke, skop bal, kamp in die agterplaas.
▼  Prys jou kind - ook voor sy maats.
▼  Neem verantwoordelikheid vir jou kind se spirituele groei.
▼  Wees 'n geduldige pa in 'n ongeduldige en haastige wêreld.

Tuesday 19 June 2018

Training of Isobantwana volunteers






Empowerment of volunteers to identify, address
and refer social challenges of children e g child abuse,
domestic violence, substance abuse, HIV/AIDS, etc. Create
an awareness of different legislation relevant to children,
especially the Children's Act 38 of 2005.
Photos: Christelle Hattingh

Monday 18 June 2018

Die belangrike rol van 'n pa ...

Met Vadersdag nog vars in ons geheue, gaan ons hierdie week kyk na die baie belangrike rol wat pa's in hulle kinders se lewens speel.

Om 'n pa te wees, is 'n wonderlike voorreg, maar ook 'n groot verantwoordelikheid. 'n Pa moet bereid wees om opofferinge te maak - dis die enigste manier hoe jy kan wys dat jou kind vir jou belangrik is.

Baie boeke is oor hierdie onderwerp geskryf, maar ons volstaan met net 'n paar gedagtes:

*   Die kernrol van 'n pa is om veiligheid en sekuriteit te bied in hierdie onseker wêreld waarin ons lewe ...
*   'n Pa is die gesin se geestelike begeleier, lewensafrigter en bemoediger.
*   As getroue wetstoepasser, lê hy die grondslag vir gehoorsaamheid.
*   Bou 'n verhouding met elke kind.
*   Liefde vorm die grondslag vir die pa-kind-verhouding.
*   Kinders se selfvertroue of gebrek daaraan, kan aan die voete van hul pa's gelê word.
*   Maak jou kind(ers) 'n prioriteit in jou lewe.
*   Dissiplineer jou kinders - tugtig met een hand en troos met albei hande.
*   Loop die pad as 'n pa met geloof, sodat jou kinders met kinderlike vertroue in jou voetspore kan volg.

Saturday 16 June 2018

Jeugdag in die Noord-Kaap - 2018

Jeugdag is die dag waarop ons die jeug se toekoms vier, maar wat beteken jeugdag vir ons hier in die Noord-Kaap?

Dit help nie ons bly verwys terug na 1976 nie. Dit is baie belangrik. Maar belangriker is ons toekoms. 1 uit elke 4 jongmense het nie werk nie. Dit is aan hierdie syfer waaraan aandag gegee moet word en wat moet verander.

Ons as jeug moet definitiewe besluite neem. Dit is nie "cool" om dwelms te gebruik nie - ons maak net die dwelmbase ryk. Nog minder is dit "cool" om bendeleiers te volg. Ons kan mos vir onsself dink. Ons moet vandag opstaan en 'n besluit oor ons toekoms neem.

Die Noord-Kaap is nie 'n maklike provinsie nie, maar dis 'n provinsie wat die sout-van-die-aarde-mense oplewer. Mense met murg in hulle pype, want hulle het geleer om planne te maak, unieke oplossings vir probleme te bedink en met 'n vars oog na moeilikhede te kyk. Leiers op elke lewensterrein.

Ons gaan van vandag af, dit wat reg is, bo dit wat verkeerd is, kies. Ons besef daar is nie kitsoplossings vir al ons probleme en dikwels slegte omstandighede nie, maar ons gaan mekaar ondersteun.

Ons eerste tree na 'n beter toekoms, lê in onderwys. Daar is só baie voorbeelde van mense wat slegte kinderjare gehad het, maar hulle het dit nie gebruik as 'n verskoning om nie sukses in die lewe te bereik nie. (Ons gaan van tyd tot tyd hulle stories plaas.)

Daarom gaan ons Jeugdag 2018 gebruik om ons drome vlerke te gee en die inspirasiestories vir ander jongmense te word. 

Saturday 9 June 2018

Maak jou eie Vadersdagkaartjies ...

Volgende Sondag is Vadersdag. En dis só belangrik om dankie te sê vir ons ouers vir alles wat hulle in hierdie moeilike ekonomiese tye vir ons as kinders doen. Hierdie is 'n bekostigbare en maklike Vadersdagkaartjie. Jy kan jou eie stempel op dit afdruk en baie mooi versier. Spring sommer dadelik aan die werk - dit is gelukkig mos naweek!

Neem 'n foto van jou poging en stuur dit in vir Koester Karos!

My God is bigger than my problems


Saturday 2 June 2018

Kindermishandeling

Kom ons begin by die algemeenste een wat meeste van ons ken, kindermishandeling.

Kindermishandeling word in vier kategorieë verdeel:

Fisiese mishandeling is wanneer ‘n kind deur ‘n volwassene fisies beseer word (wonde, bloukolle, frakture), wat die kind slaan (met hand, stok, belt of ander objek), skop, byt, skud, teen iets vasgooi of stamp, steek (mes of enige skerp voorwerp) of brand (sigaret, plaat, strykyster).

Emosionele mishandeling is ‘n gedragspatroon wat ‘n kind se emosionele ontwikkeling en selfwaarde negatief beïnvloed. Gedrag soos konstante kritiek, dreigemente, verwerping, manipulering en weerhouding van liefde en ondersteuning, is voorbeelde hiervan.

Seksuele mishandeling is wanneer ‘n kind gedwing, gemanipuleer of vergoed word om aan ‘n volwassene seksuele genot te verskaf. Dit sluit afloer, betasting, molestering, seksuele omgang/verkragting of blootstelling aan pornografie in.

Opsetlike verwaarlosing is wanneer daar nie aan die kind se basiese behoeftes voldoen word nie. Dit kan fisies (onvoldoende kos, klere, skuiling of toesig), medies (ontvang nie mediese behandeling), opvoedkundig (kind woon nie skool by), of emosioneel (onvoldoende aandag aan die kind se emosionele behoeftes en laat hom/haar toe om alkohol of substanse te gebruik) van aard wees.

A few minutes ...