Foto's: Christelle Hattingh
Showing posts with label Personeel. Show all posts
Showing posts with label Personeel. Show all posts
Wednesday, 13 August 2025
KJSS se Vogue-modelle
Christina Kiddie Kinder- en Jeugsorgsentrum se assistente is gerat vir hul daaglikse take in hul nuwe uniforms. Ons is ongelooflik dankbaar teenoor Lotto en Elbrie wat gesorg het vir die modieuse dog praktiese uniforms.
Monday, 26 May 2025
Binnekringnuus: 'n Tommie-gerug wat die inwoners hond se gedagtes laat kry ...
Korrespondent: Woensdag, 19 Maart 2025, is daar berig dat Tommie vermoedelik 'n kantoorhond is. Ons het egter nou bewyse dat dit wel die geval is en dat Tommie opleiding ontvang om nie net die ore van die koshuis te wees nie, maar ook die oë!
Met Ruben wat buite diens doen, is dit net logies dat Tommie die agterhoede binne moet dek om sodoende op hoogte te bly van die doen en late van die inwoners.
Uit hierdie foto blyk dit duidelik dat Tommie geen hondelewe lei nie en sy houding spreek van waaksaamheid, oplettendheid en duidelike nuuskierigheid.
Die inwoners sal voortaan op hulle hoede moet wees en in hulle spore trap.
Wednesday, 19 March 2025
Binnekringnuus: 'n Tommie-gerug
Korrespondent: 'n Gerug doen die rondte dat Tommie deesdae 'n kantoorhond is. Ons is nie seker van ons feite nie, maar ons kon wel ons hande op 'n eksklusiewe foto lê. Daar word verder in die gange gegis dat Tommie opgelei word as 'n kantoorassistent. Met Ruben wat vir die sekuriteit verantwoordelik is, maak dit net sin dat Tommie ingetrek word in die binnekringe - die hart van die sentrum.
Hou hierdie spasie dop vir verdere Tommie-nuus.
Sunday, 8 September 2024
Laat lentebederfie vir ons spesiale personeel
Dis heerlike lente, die winter is verby.
Mag elkeen die vreugde van lente 2024 ervaar en uitdra!
Thursday, 8 August 2024
Ons groet tannie Kagi
Christina Kiddie Kinder- en Jeugsorgsentrum neem hierdie maand van 'n tweede personeellid afskeid, nl. tannie Maria Tshabala, beter bekend as tannie Kagi. Dis nooit maklik om iemand te groet nie.
Tannie Kagi het vanaf 2004 op haar stil manier diep spore in ons kinders se harte getrap. Sy is die een wat elke weeksdag gesorg dat 28 kinders se klere gewas en gestryk is. Vir 20 jaar het sy gesorg dat elkeen gedress en gepress by die koshuishekke uitstap - en sy was tog só trots op haar handewerk.
Hardwerkendheid, getrouheid, stiptelikheid,werkywer en vriendelikheid is maar enkele van haar mooi karaktereienskappe. Haar liefde vir die kinders het haar werk in 'n plesier verander.
Hardwerkendheid, getrouheid, stiptelikheid,werkywer en vriendelikheid is maar enkele van haar mooi karaktereienskappe. Haar liefde vir die kinders het haar werk in 'n plesier verander.
Tannie Kagi, jy was altyd getrou by die wasgoeddrade of by die strykkas - nooit het jy tyd gehad vir niksdoen of kuier gedurende werksure nie. Hierdie skaars werksetiek het jou uniek gemaak.
Dis só jammer dat Tannie se gesondheid aftrede onvermydelik maak.
Christina Kiddie sê dankie vir al die jare se harde werk. Mag hierdie nuwe fase vir tannie Kagi baie seën en genade inhou. Dankie vir die spore wat agterbly - spore van LIEFDE en OMGEE!
Ons sal beslis die skaam glimlag en die werkywer mis.
Wednesday, 31 July 2024
Ons groet oom Kleinbooi
Daar is 'n tyd om te kom en 'n tyd om te gaan en vandag, 31 Julie 2024, is dit oom Kleinbooi se laaste dag by Christina Kiddie Kinder- en Jeugsorgsentrum. Vir 17 jaar was die tuin en die netjiese gronde die handewerk van oom Kleinbooi - 'n man met groen vingers.
Hy het elke dag pligsgetrou van Greenpoint af gekom om sy dag se taak te kom verrig. Die tyd het egter vir oom Kleinbooi aangebreek om rustiger te lewe.
Christina Kiddie sê dankie vir al die jare se harde werk en wens Oom net die mooiste toe vir die jare wat nog kom. Mag gesondheid en goedheid deel wees van die nuwe fase.
Subscribe to:
Posts (Atom)









