Monday 3 June 2024

Is jy 'n luislang, leeu of arend - watter soort tiener is jy?

Die volgende idees kom uit werk van André Diederichs

Jou gedagtes word jou woorde, daarna jou gewoontes en uiteindelik jou bestemming. Moet dus nie negatiewe denke toelaat wat jou potensiaal beperk nie.

Besluit of jy 'n luislang, leeu of arend is. Jou visie is jou geestesprent van jou toekoms. Jy moet vlerke by jou drome voeg en net soos 'n arend sweef om jou doel te bereik.

Dink soos 'n arend, wat geen perke of grense ken nie. 'n Noord-Amerikaanse Indiaan het vertel van 'n swak arendkuikentjie wat gereeld geboelie is deur sy sterker boetie om self meer kos te kry. Toe word hy uit die nes geskop en beland tussen die patryse. Hy word hier groot, want dis al ma wat hy geken het.

Op 'n dag stap hulle in die veld en daar sien die arend 'n ander arend in die lug sweef. Hy vra toe vir die patrys langs hom: "Wie is daardie ongelooflike voël?" Waarop die patrys antwoord: "Dis die arend, die koning van al die voëls. Maar vergeet daarvan, want jy is 'n patrys en sal nooit 'n arend wees nie."

Die lewensles van die storie is dat die arend as 'n arend gebore is, maar dat hy gekondisioneer is om te glo hy was 'n patrys.

[Marlene Malan, "Waak teen negatiese gedagtes.", Die Burger, 8 Oktober, FAT 7/11: Vraestel 1] 

No comments:

Post a Comment