Showing posts with label Nuwe begin. Show all posts
Showing posts with label Nuwe begin. Show all posts

Thursday, 1 January 2026

Gelukkige 2026


Mag jy die perspektief en die uitdagings vind wat jy soek in 2026. 

Soos ‘n baie slim persoon eendag gesê het: “Die lewe gaan nie daaroor om te wag totdat die storm en al jou probleme verby is nie, dit gaan daaroor om te leer dans en lag in die reën.” 

Dit is die perfekte tyd om ‘n nuwe bladsy om te blaai en jou drome te volg. Jy kan dit doen! Glo in jouself. 

Jy is 2026 se wenmateriaal!

Wednesday, 1 January 2025

2025: Liewe CK-maats


Ons staan aan die begin van 'n splinternuwe jaar. 'n Jaar waarin jy jou drome, doelwitte en aspirasies vlerke kan gee sodat 2025 'n wenjaar kan wees.

Gelukkige 2025! Mag die beste dag van jou verlede die slegste dag van jou toekoms wees. Vreugde vir 2025!

Thursday, 25 July 2024

Terugflits: Elke dag kans op 'n nuwe begin

Almal beleef trauma. Sommige mense op 'n gereelde grondslag, ander mense dalk slegs een of twee keer in 'n leeftyd. Sommige mense se graad van trauma is draaglik, ander s'n dalk so intens dat dit vir hulle onhanteerbaar voel.

Lindie Stander, of soos mense haar beter ken - grootbek Elize van Binnelanders - het voor die kruispad in haar lewe te staan gekom nadat sy op 'n vroeë ouderdom aan geweldige trauma blootgestel is.

Sy was onlangs die gasspreker op 'n geselligheid van die Jeneka-vroue-instansie in Kimberley.

Om Stander te hoor gesels is 'n belewenis. Tussen haar uitbundige lag en onderdrukte trane deur handhaaf sy 'n vreemde soort balans wat haar luisteraars vasgevang hou terwyl sy haar lewensverhaal vertel: 'n verhaal van seerkry en wanhoop, maar ook 'n verhaal van vergifnis en nuwe kanse.

Stander het die lewe met die camino in Santiago vergelyk. Dit is 'n pelgrimstog van 807 km wat sy twee keer in haar lewe gestap het. Die eerste keer was voor haar poging om haar eie lewe te neem, die tweede keer 'n jaar daarna. Elke mens durf sy of haar lewe op hul trant met besonderse uitdagings, berge en dale en rusposes aan. Almal op pad na een spesifieke eindpunt in hul lewe.

Nie net getuig Stander se verhaal van 'n tweede kans in die lewe nie, maar ook van vergifnis - nie net om vergewe te word en ander mense te vergewe nie, maar om jouself te vergewe. Ons almal maak foute. Ons almal maak die verkeerde keuses. Ons almal kan dit in 'n meerdere of mindere mate regmaak.

Stander se verhaal laat 'n mens besef elke dag is 'n kans op 'n nuwe begin.

En dit gee die hoop wat nodig is vir 'n mens se pelgrimstog.

[Noordkaap Bulletin - Lesersjoernalis - Karin Muller - gaan maak gerus 'n draai by dié koerant]