Saturday 25 June 2022

Ek en jy is spesiaal in God se oë ...


Dankie, Here dat U my doof gemaak het
en baie spesiaal gemaak het.
Ek is nie kwaad vir U daaroor nie.
Ek wil net vir U dankie sê daarvoor.
Here help ander wat doof en blind en verlam is
of enige iets anders makeer,
om nie vir U kwaad te wees nie,
maar bly te wees,
omdat U hulle so spesiaal gemaak het.
Amen

[Die uit-die-hart-gebed van 'n 9-jarige dogtertjie wat doof is, maar elke dag die lewe voluit aanpak.
Haar lewensmotto: Gryp die dag van vandag aan en gee jou alles.