Sunday 28 April 2019

Van 'n ouer aan 'n kind ...


Ek het jou die lewe gegee, maar ...
ek kan dit nie vir jou lewe nie.
Ek kan jou dinge leer, maar ...
ek kan jou dit nie maak leer nie.
Ek kan jou probeer rigting gee, maar ...
ek is nie altyd daar om jou te lei nie.
Ek kan jou vryheid toelaat, maar ...
ek kan nie vir dit verantwoording doen nie.
Ek kan jou kerk toe neem, maar ...
ek kan jou nie maak glo nie.
Ek kan vir jou mooi klere koop, maar ...
ek kan jou nie van binne mooi maak nie.
Ek kan jou raad gee, maar ...
ek kan dit nie namens jou aanvaar nie.
Ek kan jou liefde gee, maar ...
ek kan dit nie op jou afdwing nie.
Ek kan jou leer om mededeelsaam te wees ...
ek kan jou nie onselfsugtig maak nie.
Ek kan jou leer om respek te hê, maar ...
ek kan jou nie dwing om eer te bewys nie.
Ek kan jou raad gee oor jou vriende, maar...
Ek kan hulle nie vir jou kies nie.
Ek kan jou leer omtrent seks, maar ...
ek kan jou nie rein hou nie.
Ek kan jou die feite van die lewe vertel maar ...
ek kan nie jou reputasie behou nie.
Ek kan jou vertel van drank, maar ...
ek kan nie namens jou nee sê nie.
Ek kan jou waarsku oor dwelms, maar ...
ek kan nie verhoed dat jy dit gebruik nie.
Ek kan jou vertel van hoë prestasies, maar ...
ek kan hulle nie vir jou bereik nie.
Ek kan jou vertel van goedheid, maar ...
ek kan jou nie forseer om genadig te wees
Ek kan jou waarsku omtrent sonde, maar ...
ek kan nie jou standaarde stel nie.
Ek het jou lief as my kind, maar ...
ek kan jou nie God se kind maak nie.
Ek kan jou leer van Jesus, maar ...
ek kan nie Jesus jou koning maak nie.
Ek kan jou leer van die lewe, maar ...
ek kan jou nie die Ewige Lewe gee nie. 

Liefde Mamma

Jy is nie 'n mislukking nie ...

Om te misluk beteken nie dat jy ’n mislukking is nie ...
dit beteken wel dat jy nog nie sukses behaal het nie.

Om te misluk beteken nie dat jy niks bereik het nie ...
dit beteken wel dat jy iets geleer het.

Om te misluk beteken nie dat jy dom is nie ...
dit beteken wel dat jy baie geloof het.

Om te misluk beteken nie dat jy verneder is nie ...
dit beteken wel dat jy bereid was om te probeer.

Om te misluk beteken nie dat jy dit nie in jou het nie ...
dit beteken wel dat jy dit op ’n ander manier moet benader.

Om te misluk beteken nie dat jy onbevoeg is nie ...
dit beteken wel dat jy nie perfek is nie.

Om te misluk beteken nie dat jy jou hele lewe vermors het nie ...
dit beteken wel dat jy ’n rede het om weer ’n nuwe begin te maak.

Om te misluk beteken nie dat jy moet moed opgee nie ...
dit beteken wel dat jy harder moet probeer.

Om te misluk beteken nie dat jy dit nooit sal maak nie ...
dit beteken wel dat dit bietjie langer kan neem.