Showing posts with label Paasfees. Show all posts
Showing posts with label Paasfees. Show all posts

Wednesday, 19 March 2025

Werk saam met Loumari en Toors


Loumari en Toors is in rooi gerat vir alles wat hulle vir die gekose instansies wil doen. Hulle fokus op Christina Kiddie Kinder- en Jeugsorgsentrum, Kimberley Hospitaal en Leratho Foundation. Die nood is hoog en die hande min. Hierdie twee is egter bereid om die hande en voete te wees wat wil bydra om die omstandighede van hierdie instansies te verbeter. 

Lees asseblief deur die rooi lysie en dra mildelik by tot hul projek.

Sterkte, Loumari en Toors!!

Monday, 17 March 2025

Werk saam met Loumari en Toors


Loumari en Toors het planne en ideale vir Christina Kiddie Kinder- en Jeugsorgsentrum, maar om hierdie planne 'n werklikheid te maak, het hulle hulp nodig. En dit is waar elkeen van ons lesers in die prentjie kom. Kom ons vat hande en maak dit vir hierdie twee matrieks moontlik om hul drome 'n werklikheid te maak. Eerste op hul lysie is om paaseiers in te samel. Paasnaweek gaan die bekende paashaas 'n prettige draai by Christina Kiddie sentrum maak om kinderharte bly te maak. 

Hou gerus hierdie spasie dop vir al hulle ander planne! Sterkte Loumari en Toors!!

Friday, 7 April 2023

Gedeelde laste is draagbaar


In order to be grateful, one must first feel the burden of the stones someone else is carrying.  

In die harde, ongenaakbare wêreld van vandag dra ons almal laste. Sommige se laste is swaarder as ander. Daar is baie kinders wat 'n dubbele las in die lewe dra. Hulle sukkel met 'n leergestremdheid en dikwels sukkel hulle ook met huislike omstadighede. 

Die nood is só groot en daarom moet ons uitreik na diesulkes in ons omgewing. Tydens Paasnaweek vier ons nie net die kruisiging van die EEN wat ons laste dra nie, maar ook Sy opstanding. 

Dra hierdie Goeie Nuus van God se omgee en liefde uit na hulle in jou onmiddellike omgewing en raak betrokke. Ons het jou hulp nodig.

Monday, 13 April 2020

Die Paasverhaalkoekies in beeld

Katelyn Marais se mamma, Hencia, het die boekie met die resep vir Paasverhaalkoekies gebruik om die kruisigingsverhaal op 'n verstaanbare en praktiese manier aan haar te verduidelik. Katelyn het na hierdie aktiwiteit, die verhaal gaan teken - van die kruisiging tot by Jesus wat aan Maria verskyn het. Op hierdie manier maak 'n ouer die boodskap van Paasfees 'n werklikheid vir 'n kind. Met Paasfees 2020 is ouers geseën met die luuksheid van tyd vir hulle kinders, iets wat ons nie ander jare gehad het nie.

Die aktiwiteit deel Hencia graag met ons Koester Karos-lesers. Dankie, Ouma Nerine, wat as fotograaf hierdie kosbare herinneringe verewig het.

Klik hier om die verskillende stappe te sien.



Vir diegene wat die boekie nie in 'n vorige plasing raakgesien het nie, klik op hierdie skakel om die resep te kry.

Thursday, 9 April 2020

Vyf vingers vir gebede

Terwyl ons hierdie naweek 'n stil Paasfees binnegaan, is dit miskien goed om na die diepere betekenis van Paasfees te kyk.

Laat die kleuters meedoen en trek hulle handjies op papier af. Inkleur kan deel vorm van hierdie aktiwiteit en skryf sommer op die vingers die mense/instansies vir wie daar gebid moet word of vir wie ons DANKIE moet sê.