Sunday 16 June 2024

Binnekringnuus: Ons huisbiblioteek in wording


Bibspreekbuis: "Ons klomp is super opgewonde omdat ons 'n huisbiblioteek in die ware sin van die woord gaan hê. Ons is besig om die boeke te sorteer. Daarna gaan ons dit groepeer, klassifiseer, sodat ons dit net makliker kan beheer. Iets wat elkeen sal moet aanleer, is hoe om boeke te waardeer, want dit sal definitief ons brein stimuleer, sodat ons makliker kan leer en wie van ons sal dit nie waardeer? Spikkels het hoeka gesê dat sy vir ons gaan help met spelwoorde en sinsbou en dalk 'n studiemetode of twee, maar eers moet ons begin lees. Hou hierdie ruimte met 'n arendsoog dop vir die na-foto's."

No comments:

Post a Comment