Showing posts with label Nuwejaarswense. Show all posts
Showing posts with label Nuwejaarswense. Show all posts

Thursday, 1 January 2026

Gelukkige 2026


Mag jy die perspektief en die uitdagings vind wat jy soek in 2026. 

Soos ‘n baie slim persoon eendag gesê het: “Die lewe gaan nie daaroor om te wag totdat die storm en al jou probleme verby is nie, dit gaan daaroor om te leer dans en lag in die reën.” 

Dit is die perfekte tyd om ‘n nuwe bladsy om te blaai en jou drome te volg. Jy kan dit doen! Glo in jouself. 

Jy is 2026 se wenmateriaal!

Wednesday, 1 January 2025

Ruben se moeilike Nuwejaarsvoornemens en sy 2025-dilemma!


Liewe Maats

Vandag soek ek raad by julle. Tommie is nou so amper drie weke by ons en hy het nog só baie om te leer. As ouboet het ek besluit om nuwejaarsvoorneme namens Tommie te neem. Ek het besluit dat ons twee dieselfde doelwitte en voornemens gaan hê. En dit is net hier waar my dilemma begin. Dink julle dit is reg as ek ook vir Tommie besluit? Maar hy weet nog nie waaroor dit gaan nie en hy kan mos nie 'n jaar mors nie? 

Tommie gaan hierdie jaar vir die eerste keer kleuterskool toe. Hy is eintlik 'n bietjie te jonk, maar hy is leergierig en baie nuuskierig en met hierdie twee eienskappe kan enige peuter of kleuter 'n akademiese berg verskuif.

Ek deel graag met julle my en Tommie se doelwitte vir 2025 en miskien kan julle van ons doelwitte by julle s'n insluit. Ons wil graag hierdie jaar op 'n positiewe noot begin en daaarom begin ons klein - net eers 'n paar klein veranderinkies ...

* Ons moet minder knor en blaf en meer smile en stert swaai!

* Ons moet meer wakker en waaksaam wees en minder vakerig en slaperig!

* Ons manne moet, soos die vrouens, leer om ons sesde sintuig te vertrou. Daar sal baie minder moeilikheid in die wêreld wees as ons met verskerpte radarantennas elke nuwe saak benader.

* Ons moet elke dag ons groente met swaaiende sterte eet. Groente is goed vir groei!

* Ons moet proaktief leer optree. Voordat Tannie Christelle nog kan dink om 'n opdrag te gee, moet ons die takie reeds afgehandel het.


* Lees! LEES!! L E E S!!!

Probeer om 2025 'n leesfeesjaar te maak. (Ek en Tommie lees graag stories.) Elke Donderdag verskyn daar 'n een minuut storie van my. Klik HIER as jy dit nog nie raakgelees het nie. Dan is daar ook my drie minute dinkstorie en natuurlike ook my inspirerende verhale wat ekself gereeld lees vir innerlike versterking en motivering. 

En met hierdie SES voornemens volstaan ek eers. Ek en Tommie gaan dit een vir een inoefen totdat dit ons leefstyl geword het en 31 Desember 2025 gaan ons terugkyk en onsself eerlik evalueer. Ook hier vra ons julle hulp. Monitor asseblief vir my en Tommie en kyk of ons by ons voornemens gehou het.

Mag 2025 vir elkeen van julle 'n blomjaar wees. 

Nuwejaarsgroete tot 'n volgende keer uit 'n baie warm Kimberley.


2025: Liewe CK-maats


Ons staan aan die begin van 'n splinternuwe jaar. 'n Jaar waarin jy jou drome, doelwitte en aspirasies vlerke kan gee sodat 2025 'n wenjaar kan wees.

Gelukkige 2025! Mag die beste dag van jou verlede die slegste dag van jou toekoms wees. Vreugde vir 2025!

Sunday, 1 January 2023

2023-seënwense vir jou

  1. Nuwe geleenthede vanaf Januarie
  2. Opregte liefde in Februarie
  3. Hope vreugde in Maart
  4. Oneindige lag in April 
  5. Mooiste herinneringe in Mei
  6. Eindelose hoop in Junie
  7. Snoesig gekoester saam met jou geliefdes in Julie
  8. Deursettingsvermoë in Augustus
  9. Nuwe hoop en verwondering in September
  10. Oorvloedige seën in Oktober
  11. Rustigheid in November
  12. Dankbaarheid in Desember

Mag dié jaar jou heel gelukkigste ooit wees

mag hierdie jaar vir ons almal meer engel wees
'n groot sagte engel
'n deernisengel
met groot sagte vlerke
wat omvou
toevou
wegkeer
en mag die mensdom teenoor mekaar 
meer engel wees
groot sagte engele
deernisengele
met groot sagte vlerke
wat omvou
toevou
die swaargeit vir mekaar wegkeer

Mag dié jaar jou heel gelukkigste ooit wees.
Mag die lewe en jou geliefdes jou op hul hande dra.
Mag jou kat 'n grootse poging aanwend om jou eerste en homself tweede te stel.
Mag jy tyd hê om tussen die blomme te lê.

mag jy geliefd voel
en geborge wees
mag jy bemind voel
en gelukkig wees
mag jy gewaardeerd voel
en vol vrede wees
mag jy altyd lief vir jouself
en vir die wêreld om jou wees

[Onbekend]