Sunday, 10 May 2026
'n Ma beteken só baie ...
Sunday, 11 May 2025
Moedersdag: Mamma
Sy kyk verby die lag-masker
Haar glimlag is eg en suiwer,
Met haar eie seer diep weggebêre
Elke dag vertel ‘n verhaal van hoe ek
Met haar liefde wat uitstraal
Haar groen oë weet presies wanneer om saam te lag,
Met haar sagte hande omvou sy my gebroke menswees
Die grappies en lag,
Sy veg onverpoosd voort
Haar gedagtes is ‘n vol-kleur tuin
Met haar innige omgee
Haar arms word ‘n plek van tuiskom
Sy staan gereed om jou te vang,
Haar hart ken van voete-was,
Met haar onvoorwaardelike liefde leer sy my elke dag
Duisende woorde het sy nie nodig,
Nie groot arms vol blomme,
Sy waardeer die kleinste gebaar,
Ruben sê dankie vir ma's, oumas en tannies langs sy lewenspad
Julle weet dat dit vandag Moedersdag is. Moedersdag is die één spesiale dag van die jaar waarop ons opreg kan dankie sê vir daardie mens in jou lewe. Dié persoon wat jou nog altyd mildelik met liefde, deernis, trots en wysheid hanteer en omarm het.
Die tweede en belangrikste Ruben-rede hoekom ons Moedersdag moet vier is om ons daaraan te herinner dat elke dag eintlik 'n Moedersdag behoort te wees.
In ons familie (ons oupas, oumas en ouers) in Petrusburg, weet ons dat die deurlopende dryfkrag wat ons almal op die regte pad hou, by ons ouma begin het. My ma se grootste vreugde is as sy al daardie eienskappe van deernis, intelligensie en integriteit in haar kinders en selfs kleinkinders sien reflekteer.
Liewe Maats, Moedersdag beteken vir ons elkeen iets anders, want ons omstandighede verskil. Daarom wens ek namens my en Tommie vir elke tannie hier by Christina Kiddie Kinder- en Jeugsorgsentrum geluk met Moedersdag, en sê ons twee dankie vir al die goeie waardes wat julle in elkeen van ons belê. Dankie dat julle tannies tyd maak vir ons, ons met liefde omring en die regte pad vir ons wys in hierdie moeilike en uitdagende tyd waarin ons leef.
Namens ons almal wil ek ook vir Christina Kiddie Kinder- en Jeugsorgsentrum se bestuur 'n besondere Moedersdag toewens. Met apologie aan Sophia Loren weet ek dat tannie Raedun, tannie Melanie, tannie Philda, tannie Natasha en tannie Anja nooit alleen is met hulle eie gedagtes nie. Hulle moet altyd twee keer dink, een keer vir hulself en een keer vir Christina Kiddie Kinder- en Jeugsorgsentrum.
Dankie vir al die tyd wat ongevraagd, direk en indirek aan elke inwoner afgestaan word.
Ruben-groete tot 'n volgende keer.
Monday, 13 May 2024
Ruben, die Moedersdagspreekbuis van die inwoners!
Sunday, 12 May 2024
Moedersdag: Wat kan ons daaruit leer?
Here, vandag bid ons vir alle moeders, ma’s, oumas, instaanma's en moederfigure wat die verantwoordelike taak het om kinders op die regte pad te hou. Dankie vir die liefde, omgee en uitreik wat so deel is van hulle daaglikse bestaan. Seën hulle en maak ons dankbare kinders wat die waarde van ons ma's besef. Leer ons om gehoorsaam te lewe. Amen.
Sunday, 14 May 2023
The wide spectrum of mothering
To those who lost a child this year – we mourn with you
To those who are in the trenches with little ones every day and wear the badge of food stain – we appreciate you
To those who experienced loss through miscarriage, failed adoptions, or running away — we mourn with you
To those who walk the hard path of infertility, fraught with pokes, prods, tears, and disappointment — we walk with you. Forgive us when we say foolish things. We don’t mean to make this harder than it is.
To those who are foster moms, mentor moms, and spiritual moms – we need you.
To those who have warm and close relationships with your children – we celebrate with you.
To those who have disappointment, heart ache, and distance with your children – we sit with you.
To those who lost their mothers this year – we grieve with you.
To those who experienced abuse at the hands of your own mother – we acknowledge your experience.
To those who lived through driving tests, medical tests, and the overall testing of motherhood – we are better for having you in our midst.
To those who have aborted children – we remember them and you on this day.
To those who are single and long to be married and mothering your own children – we mourn that life has not turned out the way you longed for it to be.
To those who stepparent – we walk with you on these complex paths.
To those who envisioned lavishing love on grandchildren, yet that dream is not to be – we grieve with you.
To those who will have emptier nests in the upcoming year – we grieve and rejoice with you.
To those who placed children up for adoption – we commend you for your selflessness and remember how you hold that child in your heart.
And to those who are pregnant with new life, both expected and surprising – we anticipate with you.
This Mother’s Day, we walk with you. Mothering is not for the faint of heart and we have real warriors in our midst. We remember you.
– Amy Young
Sunday, 8 May 2022
Sunday, 9 May 2021
Sunday, 4 October 2020
Net 'n ma ...
My vrou was besig om haar lisensie by die munisipale verkeerskantoor te hernu, toe die klerk vra watter tipe beroep sy beoefen.
Onseker hoe om die vraag te beantwoord, huiwer sy ... Wat ek bedoel,” sê die klerk, “Het u 'n werk of is u net 'n ...?”
Natuurlik het ek 'n werk,” sê my vrou blitsig. "Ek is 'n ma.”
Ons lys nie ma's as 'n beroep nie, maar huisvrou sal goed wees, stel die klerk met empatie voor.
Sy het totaal en al van die storie vergeet tot eendag, toe sy haar weer in dieselfde situasie bevind het, dié keer by die stadsraad.
Die klerk het na 'n professionele vrou gelyk, selfversekerd, bekwaam, en seker in besit van een of ander hoë en belangrike titel, iets soos "Interrogasie Beampte" of Stadsregistrateur’.
"Wat is u beroep?" het sy belangrik-ondersoekend gevra.
Wat my vrou dit laat sê het, weet ek nie, maar die woorde het net eenvoudig by haar mond uitgekom:
Ek is navorsings-assosiaat in die studieveld van Kinderontwikkeling en Arbeidsverhoudinge.”
Die klerk vries skielik, hou op met skryf en kyk op na my vrou asof sy haar nie reg gehoor het nie.
Sy herhaal toe die titel, stadig en met klem op die belangrikste woorde, en staar met verbasing hoe haar verklaring neergeskryf word in donker, swart ink op die beampte se vraelys.
Mag ek vra, sê die klerk met nuwe belangstelling, wat presies doen u in u veld?”
Rustig, sonder enige teken van verbouereerdheid in haar stem, het sy haarself die vraag hoor antwoord: "Ek het ‘n voortdurende program van navorsing, (watter ma het nie?) in die laboratorium en in die veld." (normaalweg sou sy sê binnenshuis en buitenshuis).
"Ek is besig met my Meesters, (eerste die Here en dan die hele familie) en ek het alreeds vier toekennings (almal dogters). Hierdie werk is natuurlik een van die mees veeleisende beroepe in die geesteswetenskappe." (enige ma wat wil stry?)
"Ek werk gereeld 14 ure per dag, (24 is meestal die geval). Maar die werk is 'n groter uitdaging as die meeste alledaagse beroepe en die vergoeding is eerder die satisfaksie wat ek daaruit kry, as die geld.”
Daar was 'n duidelike toon van respek in die klerk se stem nadat sy die vraelys verder voltooi het, opgestaan, en my vrou met die hoogste agting persoonlik tot by die deur vergesel het.
Toe my vrou by die huis kom, opgeruimd met haar nuwe skitterende beroep, word sy gegroet deur haar laboratorium-assistente: 13, 7 en 3 jaar oud.
In die slaapkamer kon sy ons nuwe eksperimentele model (6 maande oud) in die kinderontwikkelingsprogram hoor, wat besig is om 'n nuwe vokale patroon uit te toets.
Sedertdien het sy 'n konstante behaaglike glimlag op haar gesig, gevoed deur haar oorwinning oor die burokrasie. En sy is nou op die amptelike munisipale rekords vasgelê as iemand wat meer uitmuntend en onmisbaar aan die mensdom is as net nog 'n Ma’.
Moederskap! Wat 'n wonderlike beroep! En om te dink ek het my vrou gehelp om daardie titel te verwerf. Ek is sommer lus en skryf dit op 'n goue bord op ons slaapkamerdeur!
Maar nou wonder ek: Sal oumas dan dalk senior navorsings-assosiate in die studieveld van Kinderontwikkeling en Arbeidsverhoudinge wees?
En oumas wat inbly? Uitvoerende senior navorsings-assosiate?
Wat van tannies wat gereeld kom kuier? Assosiaat-navorsings-assistente?
[Onbekend]
Sunday, 10 May 2020
Saturday, 9 May 2020
Moedersdag-Covid-19-present-idees
Friday, 8 May 2020
Maak vandag nog 'n bederfie vir Moedersdag ...
![]() |
| Lees die maklike resep HIER en sorg vir 'n malva-verrassing op Moedersdag! |














