Friday 14 June 2024

KJSS se engele is vermom as Dirk en Tinike

Mnr. en Mej. Diamantveld-finaliste, Dirk en Tinike, het vir Christina Kiddie Kinder- en Jeugsorgsentrum 'n Jungle Gym gekoop met die fondse wat hulle ingesamel het. Hierdie twee hardwerkende jongmense se harte sit voorwaar op die regte plek. 

'n Yslike verrassing wag op die kinders, want hulle weet nog nie van die oerwoudgimnasium wat hulle gaan kry nie. Dis vir ure se speel (en sommer goeie oefening) ... en net betyds vir vakansie. 

Die laaste hekkie wat moet oor, is die afbreek, vervoer en bou van hierdie heerlike tydverdryf op Christina Kiddie se terrein. Ons het solank 'n fotovoorsmakie gekry van die wonderlike geskenk wat nog vir jare se vreugde gaan sorg.

Ons sê solank uit ons harte uit DANKIE vir 'n ongelooflike geskenk wat die lang vakansiedae definitief korter gaan maak! 

No comments:

Post a Comment