Showing posts with label Drukkie-dag. Show all posts
Showing posts with label Drukkie-dag. Show all posts

Wednesday, 21 January 2026

Nasionale drukkie-dag: Die waarde van 'n drukkie

Waar woorde misluk, kan 'n drukkie vir ons kinders sê:
* "Ek het jou liewer as wat woorde ooit kan sê."
* "Jy het ons aanvaarding, selfs wanneer jy misluk."
* "Ek geniet jou en jy verskaf my soveel vreugde."

Dit lyk so eenvoudig , maar 'n drukkie kan soveel meer sê as wat ons besef.
Gaan uit jou pad om almal wat jou pad vandag kruis, 'n drukkie te gee!!

[Bron: JUIG! Tydskrif: Mei 2024]

Wednesday, 25 December 2024

Kersfeeswense


Maats, onthou om vandag vir elkeen te smile wat jy raakloop, 'n ekstra drukkie vir elke tannie te gee, veral hulle wat vandag in die kombuis moet werk, sodat julle lekker kan eet en Ruben en Tommie se kop 'n Kersfeeskrappie te gee - hierdie is hartspresente wat net werk as 'n mens dit uitdeel.

Kersdag is drukkiedag!

Tuesday, 12 February 2019

'n Drukkie 'n dag, laat die dokter wag ...

Almal in die lewe het 'n drukkie nodig. Ons almal wil spesiaal voel en wees. Gee daarom vandag vir elkeen wat jou pad kruis, 'n drukkie en veral vir jou kinders.Onthou, hulle groei nog en het minstens 12 drukkies nodig per dag!