Friday 7 April 2023

Gedeelde laste is draagbaar


In order to be grateful, one must first feel the burden of the stones someone else is carrying.  

In die harde, ongenaakbare wêreld van vandag dra ons almal laste. Sommige se laste is swaarder as ander. Daar is baie kinders wat 'n dubbele las in die lewe dra. Hulle sukkel met 'n leergestremdheid en dikwels sukkel hulle ook met huislike omstadighede. 

Die nood is só groot en daarom moet ons uitreik na diesulkes in ons omgewing. Tydens Paasnaweek vier ons nie net die kruisiging van die EEN wat ons laste dra nie, maar ook Sy opstanding. 

Dra hierdie Goeie Nuus van God se omgee en liefde uit na hulle in jou onmiddellike omgewing en raak betrokke. Ons het jou hulp nodig.