Showing posts with label Diamantveld Hoërskool. Show all posts
Showing posts with label Diamantveld Hoërskool. Show all posts
Thursday, 4 December 2025
Sunday, 25 May 2025
Friday, 25 April 2025
Wednesday, 19 March 2025
Werk saam met Loumari en Toors
Loumari en Toors is in rooi gerat vir alles wat hulle vir die gekose instansies wil doen. Hulle fokus op Christina Kiddie Kinder- en Jeugsorgsentrum, Kimberley Hospitaal en Leratho Foundation. Die nood is hoog en die hande min. Hierdie twee is egter bereid om die hande en voete te wees wat wil bydra om die omstandighede van hierdie instansies te verbeter.
Lees asseblief deur die rooi lysie en dra mildelik by tot hul projek.
Sterkte, Loumari en Toors!!
Monday, 17 March 2025
Werk saam met Loumari en Toors
Loumari en Toors het planne en ideale vir Christina Kiddie Kinder- en Jeugsorgsentrum, maar om hierdie planne 'n werklikheid te maak, het hulle hulp nodig. En dit is waar elkeen van ons lesers in die prentjie kom. Kom ons vat hande en maak dit vir hierdie twee matrieks moontlik om hul drome 'n werklikheid te maak. Eerste op hul lysie is om paaseiers in te samel. Paasnaweek gaan die bekende paashaas 'n prettige draai by Christina Kiddie sentrum maak om kinderharte bly te maak.
Hou gerus hierdie spasie dop vir al hulle ander planne! Sterkte Loumari en Toors!!
Monday, 22 July 2024
Hartswarmte is jou eie geknoopte kombers
Vandag was sommer 'n baie lekker en spesiale dag by Christina Kiddie. Elke inwoner het twee stukke materiaal gekry en Tinike Lombaard (een van die mej. Diamantveld-finaliste) het vir elkeen gewys en geleer hoe om hierdie komberse te knoop. Waar die handjies te klein was om te knoop, het sy hand bygesit.
Wat 'n heerlike kleurvolle aktiwiteit was dit nie? Elkeen was ernstig besig om 'n pragstuk te knoop wat die Noord-Kaapse winterkoue buite gaan hou. Dankie vir al jou tyd, Job se geduld en Tinike-vriendelikheid om vandag 'n super lekker onthoudag te maak.
Friday, 19 July 2024
Handwerk: 'n Dirk en Tinike-voorsmakie vir die naweek
Die Christina-kiddies kan nie wag vir Sondag nie. Dirk en Tinike het vandag vir hulle 'n voorsmakie gewys, met 'n belofte dat hope materiaal saam met blink planne deel van hul naweekaktiwiteit gaan wees.
En wie wil nou nie 'n warm selfgeknoopte kombers hê om snoesig saans die koue te fnuik nie?
Hou gerus hierdie spasie dop waar julle, die lesers, foto's van die kreatiewe kiddies sal kan sien.
Tuesday, 9 July 2024
Thursday, 4 July 2024
Jungle Gym: Dag 1
'n Tasbare opgewondenheid heers by Christina Kiddie Kinder- en Jeugsorgsentrum - die eerste treë om die Jungle Gym te skuif, is gister gegee.
Afwagting in aksie!
Houtpale, houttrappe, houtrame en sinkplate is van die bakkie afgelaai. Onder die boom, in die skaduwee, lê die eerste bakkievrag boumateriaal geduldig en wag. Dis hierdie boumateriaal wat op dié stadium die KJSS-inwoners aan die gons het. Hulle onthou dat Dirk en Tinike iets gesê het van 'n Jungle Gym - maar al wat hulle kan sien, is 'n jungle bondel hout! Wie en wanneer is twee woorde wat in elke geselskap opduik ... Wie gaan hierdie houtpuzzle aanmekaar sit en wanneer? Elke beweging word met valkoë dopgehou, terwyl die afwagtingspanning opbou!
Friday, 28 June 2024
Besoekers by Kinder- en Jeugsorgsentrum
Timney Greyling en Ben Burger, twee finaliste van Mnr. en Mej. Diamantveld, het Christina Kiddie Kinder- en Jeugsorgsentrum Vrydagoggend verras met 'n vinnige inloer.
'n Christina Kiddie-dankie vir die klere wat julle ingesamel het en by die kantoor kom aflewer het. Alle voorspoed en sterkte met julle uitreikaksies vorentoe.
Monday, 17 June 2024
Kersfees in Junie
Maar vir sommiges lê Desember nét te ver en daarom het Dirk en Tinike besluit om die gee en omgee van Kersfees na Junie te verskuif.
Die dag voor die skool vir die Junievakansie gesluit het, het Dirk en Tinike al die skenkings wat hul ontvang het, by Christina Kiddie Kinder- en Jeugsorgsentrum kom afgee - klere, speelgoed, toiletware, inkleurboeke, blikkieskos, en nog vele meer koestergeskenke.
Daar was egter een kersfeeshekkie wat hulle amper gepootjie het - Kersvader se takbokke en slee, saam met sy bekende rooi kersfeespak was nie op kort kennisgewing beskikbaar nie en hy het per e-pos laat weet dat hy nie betyds vir hierdie geleentheid gaan wees nie. Skielik moes daar geïmproviseer word en mense met omgeeharte is gevra om in te staan. Die takbokke en slee is vervang met 'n wit bakkie en sleepwa. Oom Louis het vir kersvader ingestaan, maar o wee, kersvader se pak was myle te groot en met 'n rooi kortmoubaadjie het oom Louis agter die stuur van die bakkie ingeskuif, want dit was 'n kosbare vrag wat betyds afgelewer moes word.
'n Groot dankie aan almal wat ingestaan het vir die Desember-kersfeesspan - Juniemaand se kersfeesspan is staatmakers en ware wenners!
'n Warm verrassing op 'n koue Kimberley-middag
Koue kan op verskillende maniere verdryf word, 'n ekstra warm trui, 'n warm baadjie, 'n verwarmer of 'n heerlike houtvuurtjie, maar Dirk en Tinike het die geheim bemeester van warmte genereer in die hartjie van die winter. Hulle het die inwoners van Christina Kiddie Kinder- en Jeugsorgsentrum kom verras met 'n kolwyntjiekuier en 'n pretpakkie wat die heerlikste soetste suikerbeloftes ingehou het, veral vir diegene wat met 'n lastige soettand sukkel.
Voordat die pretpakkies uitgedeel is, is daar eers 'n paar woorde gewissel en gelag om die ys te breek. Daarna het die pretpakkies van eienaars verwissel en moes die ontvanger eers die kaartjie lees. Sonder om 'n woord te sê, praat die spesiale pakkieboodskap direk met elkeen, nog voordat dit oopgemaak is. Hierdie boodskapkaartjie gaan sommer as boekmerk dien vir die res van die jaar.
Tinike se hartlikheid en spontane vriendelikheid, met die stille sterk ondersteuning van Dirk, het dit maklik gemaak om geselsies met die kinders aan te knoop.
'n Vaal wintersmiddag is in 'n ommesientjie in 'n glimlaggeelmiddag omtower en groepies kinders het gesit en gesels, gelag en in die verrassingspakkies geloer. Nie almal wou dadelik weglê aan die snoepgoed nie, want bietjies-bietjies, rek die lekker van die middag uit.
Die kolwyntjies was 'n bonus en blou kolwyntjiekomplimente is oor die tafel heen uitgedeel. Een van die inwoners het nie op haar laat wag nie en besef dat as sy die kolwyntjieresep in die hande kan kry, kan hulle dalk tannie Christelle se arm draai om die resep in die kombuis te beproef. En met die vergesig van 'n tafel vol blou kolwyntjies, het sy die resep op 'n veilige plek gebêre. Sy weet: Daar is 'n plek en 'n tyd vir alles.
Hou hierdie ruimte dop vir die Dirk-en-Tinike-blou-kolwyntjie-resep.
Friday, 14 June 2024
KJSS se engele is vermom as Dirk en Tinike
Mnr. en Mej. Diamantveld-finaliste, Dirk en Tinike, het vir Christina Kiddie Kinder- en Jeugsorgsentrum 'n Jungle Gym gekoop met die fondse wat hulle ingesamel het. Hierdie twee hardwerkende jongmense se harte sit voorwaar op die regte plek.
'n Yslike verrassing wag op die kinders, want hulle weet nog nie van die oerwoudgimnasium wat hulle gaan kry nie. Dis vir ure se speel (en sommer goeie oefening) ... en net betyds vir vakansie.
Die laaste hekkie wat moet oor, is die afbreek, vervoer en bou van hierdie heerlike tydverdryf op Christina Kiddie se terrein. Ons het solank 'n fotovoorsmakie gekry van die wonderlike geskenk wat nog vir jare se vreugde gaan sorg.
Ons sê solank uit ons harte uit DANKIE vir 'n ongelooflike geskenk wat die lang vakansiedae definitief korter gaan maak!
Monday, 3 June 2024
Wen saam met Dirk en Tinike!
* Inkleurboek en kryte
* Showergel/Shampoo/Deodorant
* Tandepasta en tandeborsel
* Enige toiletware
* 5 pakkies 2 min Noedels
* Boksie kitssop
Alle fondse ten bate van CHOC en Christina Kiddie Kindersentrum!
Wednesday, 29 May 2024
Wen saam met Dirk en Tinike!
Inskrywingsgeld:
* Inkleurboek en kryte
* Showergel/Shampoo/Deodorant
* Tandepasta en tandeborsel
* Enige toiletware
* 5 pakkies 2 min Noedels
* Boksie kitssop
Alle fondse ten bate van CHOC en Christina Kiddie Kindersentrum!
Wednesday, 22 May 2024
Wen saam met Dirk en Tinike!
* Inkleurboek en kryte
* Showergel/Shampoo/Deodorant
* Tandepasta en tandeborsel
* Enige toiletware
* 5 pakkies 2 min Noedels
* Boksie kitssop
Alle fondse ten bate van CHOC en Christina Kiddie Kindersentrum!
Wednesday, 15 May 2024
Subscribe to:
Posts (Atom)






























