Koester Karos
Koester ons kosbare kinders!
Thursday, 15 October 2026
Wednesday, 14 October 2026
Rosetta se Woensdag-wense
Die les wat *GOD* my hier wil leer:
* al maak die pad vol klippies seer en
* al moet jy op jou knieë rondgaan,
* sal jy eendag ook op die kruin kan staan.
* en ook die mooi beleef.
Monday, 12 October 2026
Saturday, 10 October 2026
Ruben se brief aan alle hondeliefhebbers
Liewe Maats
Ek het lanklaas die pen opgeneem om vir julle te skryf, maar 'n saak wat my baie na aan die hart lê, is fondse vir die DBV of die SPCA soos wat ons gewoonlik daarna verwys.
Oor 'n maand, 7 November, kan jy en jou hondevriend die spesiale markdag kom bywoon. Ek wil nou nie katterig klink nie, maar as jy 'n gehoorsame kat het, wat soet in die mandjie sal bly, kan dié seker ook maar die markdag kom bywoon. Ek wil nou nie van partydigheid beskuldig word nie, maar ek voel ons honde kan 'n statement maak!
Daar gaan verskeie kategorieë wees waaraan julle kan deelneem. En hope heerlike pryse is op die spel. Bring jou hond: groot of klein, oud of jonk, slim of dom, dapper of bang, vet of maer, gehoorsaam of ongehoorsaam - daar is 'n kategorie vir elkeen van hulle. Saterdag is julle kans om met jou hond te spog soos nog nooit tevore nie.
Wat kan julle Saterdag by die Duggan-Cronin Gallery verwag:
🐶 Hondeskou-toegang is gratis.
🐶 'n Familie-vriendelike uitstappie.
🐶 Vrolike musiek en 'n ontspanne atmosfeer.
🐶 Heerlike kosstalletjies wat jou mond gaan laat water.
🐶 Stalletjies met innoverende geskenke vir die hele gesin. (Onthou: Kersfees is om die draai!!)
As julle enige navrae het,
kan julle die volgende nommer skakel: 084 395 7297
Sien julle vriendelike lesers daar - moet my nie teleurstel nie.
Ruben-groete tot 'n volgende keer.
Wednesday, 7 October 2026
Rosetta se Woensdag-wense
Mag jy so na aan Hom loop,
dat jy altyd bokant die storm beweeg.
Mag HY jou optel uit daardie storms
waarin jy geval het,
en dalk vasgevang voel.
Onthou net, jy kan val,
Onthou net, jy kan val,
maar jy sal nooit laer as jou knieë val nie,
en daar op jou knieë,
dalk met trane oor jou wange,
daar wag Jesus vir jou.
Met SY arms wawyd oop.
Daar sal jy vertroosting vind.
Monday, 5 October 2026
Thursday, 1 October 2026
Bottels vol liefde
Hierdie is die ideale lentedag-, verjaardag-, en einde-van-die-jaar-present wat jy vir iemand kan gee. Die ontvanger bêre die boodskap op die bottel in sy of haar hart en herkou gereeld daaraan en die soetigheid in die bottel - is elke koutjie werd.
35 boodskapbottels met koekies vol liefde het gister hul weg gevind na die een wat dit bestel het.
Hierdie "soet" presente is op bestelling beskikbaar. Moenie te lank wag nie!
Bestellings kan via WA geplaas word:
Christelle 060 882 9291
DANKIE vir die ondersteuning!!
Wednesday, 30 September 2026
Rosetta se Woensdag-wense
doen dit met geloof.
Wat jy sê vandag,
laat dit hoop bring.
Wat jy gee vandag,
gee dit met 'n oop hart.
Leef liefde!
Dit verander alles.
Monday, 28 September 2026
Friday, 25 September 2026
Saterdaguitstappie: 'n Koskarnaval
Christina Kiddie se inwoners het 'n heerlike Saterdagbederf ontvang.
Hulle is uitgenooi na die koskarnaval by St Mary Saal.
Kom wees deel van hierdie vreugdes vanaf 09:00 tot 15:00!
Gelukkige mense is mense wat hul honger gestil het by die koskarnaval.
Thursday, 24 September 2026
Ruben gesels oor wilde diere langs die pad: Tierboskat (Leptailurus serval)
Maats, hierdie dier lyk nogal baie soos 'n tamaai-groot huiskat. Die tierboskat is baie lenig gebou en die kop is proposioneel klein met groot, ovaal regop ore. Sy bene is besonder lank en die stert kenmerkend kort, nie langer as 'n derde van die liggaams- en koplengte nie. Die stert het, soos die jagluiperd, swart ringe vir die grootste gedeelte behalwe naby die aansluiting by die liggaam, waar daar meer swart kolle voorkom. Sy lyf is versier met kolle op 'n dof-bruin pels; die kolle verander in strepe op sy rug en bene.
Die tierboskat is oorwegend 'n nagdier, maar word ook soms in die dag aktief aangetref. Hulle lewe van verskeie klein diertjies soos soorte akkedisse, knaagdiere, rietmuise, hase, voëls, veral tarentale, tot selfs duikers en oorbietjies.
Ongelukkig kan die tierboskat geweldige skade onde pluimvee en kleinvee aanrig en word dan meedoënloos gejag of vergiftig.
'n Wyfie se werpsel bestaan gewoonlik uit ±3 kleintjies. Daar word gewoonlik geboorte gegee in 'n ou erdvarkgat of ystervarkgat of in 'n redelike diep skeur in die rotse.
Die roep van die tierboskat is 'n hoë-noot, kla-agtige geskreeu - "how-how-how-how."
[Dr. JJ Malan]
Labels:
Dink,
Dink hieroor,
Feite,
JJ Malan,
Katte,
Mondeling,
Ruben,
Storie,
Tierboskat,
Verhaal,
Wilde diere
Wednesday, 23 September 2026
Monday, 21 September 2026
Thursday, 17 September 2026
Ruben se een minuut gedig: Kies geel? Kies rooi?
Geel is lukwart en appelkoos
Wat my laat watertand,
Maar rooi die kroon van waatlemoen
Wat bros breek in my hand.
Bloedrooi roep die ryp granaat
Wat oor die heining hang
En met soetrooi tande lag
In sy gesplete wang.
Rooivleiskoejawel vet geswel
Van reën , en persrooi adamsvy,
En soetlemoen oranje-geel
Van son – altwee kan my kry!
Spanspekke lok my bottergeel,
Aarbei beloer my spikkelrooi,
Hoe kan ek kies al wil ek ook,
Tussen ewe lekker, ewe mooi?
(Uit: Mallemeule: Pieter W. Grobbelaar deur Freda Linde)
Maar rooi die kroon van waatlemoen
Wat bros breek in my hand.
Bloedrooi roep die ryp granaat
Wat oor die heining hang
En met soetrooi tande lag
In sy gesplete wang.
Rooivleiskoejawel vet geswel
Van reën , en persrooi adamsvy,
En soetlemoen oranje-geel
Van son – altwee kan my kry!
Spanspekke lok my bottergeel,
Aarbei beloer my spikkelrooi,
Hoe kan ek kies al wil ek ook,
Tussen ewe lekker, ewe mooi?
(Uit: Mallemeule: Pieter W. Grobbelaar deur Freda Linde)
Labels:
Dink,
Dink hieroor,
Een minuut,
Gedig,
Inspirasie,
Les,
Motivering,
Poësie,
Ruben
Wednesday, 16 September 2026
Rosetta se Woensdag-wense
vandag gelykmaak
en vir jou krag gee
om elke uitdaging
met 'n glimlag aan te pak!
Monday, 14 September 2026
Subscribe to:
Posts (Atom)




























