Die boodskap van eenheid, medemenslikheid (ubuntu) en diensbaarheid het die inwoners van Christina Kiddie Kinder- en Jeugsorgsentrum met die pasiëntjies, ouers en personeel van die Pediatrie Kliniek by Kimberley Hospitaal gedeel.
Almal het die dag geniet, en Madiba se boodskap van liefde vir ander het geëggo deur hierdie aktiwiteit. Ons kinders het self 67 kolwyntjies gebak, versier en verpak. Die vreugde om dit saam met 'n pragtige boodskap aan elkeen by die kliniek te oorhandig, het sommer so 'n warm gevoel van omgee gelaat.
Seënwense aan elke pasiënt en 'n ekstra e-Kiddie-drukkie vir elkeen!
No comments:
Post a Comment