Sunday, 27 July 2025

Binnekringnuus: FNB-verrassing op 'n sonskyn Saterdag


Interne korrespondent: FNB-vrywilligers weet net wat klein handjies nodig het om 'n Saterdagoggend korter te maak - emmertjies en grafies ... dit klink mos nou soos 'n seevakansie in Kimberley. Die kombinasie van son, sand en speel is die perfekte skakelaar om gedagtes te verplaas na 'n vrolike en onvergeetlike strand-aktiwiteit. 


Emmertjies en grafies vorm al jare deel van eendag se ontelbare kinderjare-onthou. Dankie, FNB-vrywilligers, dat julle ons Saterdag en ook sommer die Saterdae wat kom, speellekker maak.


Die dogters het onmiddellik die moontlikhede van modderkoekies raakgesien, terwyl die seuns grootskaalse grondverskuiwingsmoontlikhede met grafies en emmertjies kon raaksien. Daar is niks soos vars lug, son, sand en verbeelding om van al die skoolkommernisse te vergeet nie. 


Tannie Maria het skil-skil gesorg dat al die bakkers, bouers en brouers genoegsame vitamine C (by die "see") inkry, terwyl Tommie 'n wakende oog oor al die gebeure hou.

Foto's: Christelle Hattingh

No comments:

Post a Comment