Ons staan in die skoene van kinders
- wat siek is – mag ons hulle versorg;
- wat honger is – mag ons hulle voed;
- wat arm is – mag ons meer vrygewig wees;
- wat anders lyk – mag ons hulle aanvaar soos hulle is;
- wat nie geleenthede ontvang nie – mag ons ongeregtigheid regstel;
- wat bang is – mag ons hulle beskerm;
- wat hartseer voel – mag ons hulle troos;
- wat eensaam is – mag ons hulle vriende raak;
- wat nie ouers het nie – mag ons hulle familie wees;
- wat nie in hulleself glo nie – mag ons hulle grootste ondersteuners wees;
- wat dink hulle het nie ‘n stem nie – mag ons regtig na hulle luister;
- wat hopeloos voel – mag ons hulle raaksien!
Here, mag ons elke kind se drome aanmoedig, en elkeen die vryheid gee om te groei.
Mag hulle idees en kreatiwiteit ons inspireer om die wêreld ‘n beter plek te maak.
Mag ons kinders se geloof en wysheid erken en by hulle leer.
En Here, help ons om elke kind te omarm met Jesus se liefde.
Amen

[Aangestuur deur Christelle Hattingh]
No comments:
Post a Comment