Tuesday, 29 July 2025

Begrotingsrede


Die LUR van die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling in die Noord-Kaap, die agbare me. Nontobeko Vilikazi, het vandag haar begrotingstoespraak in Kimberley gelewer. Christelle Hattingh, bestuurder van die Christina Kiddie Kinder- en Jeugsorgsentrum, het die insiggewende geleentheid op uitnodiging bygewoon.

Vir me. Vilikazi is die jeug van ons land en in die besonder die jongmense van die Noord-Kaap belangrik en ons elkeen moet hulle help en ontwikkel om die beste weergawe van hulself te kan word en om vir hulle 'n toekoms te help bou. Dis belangrik dat al die partye hande moet vat om hierdie ideaal te verwesenlik.

Op die foto verskyn 'n verteenwoordiger van FAMSA, die agbare me. Vilikazi en Christelle Hattingh.

No comments:

Post a Comment