Eendag was daar ‘n mooi blou teepot, die heel beste teepot in die hele wêreld. Sy eienares was baie lief vir die teepot en dit is gereeld gebruik as besoekers kom tee drink het. Dan het die mooi blou teepot op ‘n pragtige wit tafeldoek op die teetafel gestaan, of op die tuintafeltjie wanneer hulle buite tee gedrink het. Teepot het dit geniet om dan reg in die middel op die oulike tuintafel te staan onder ‘n fraai, helderkleurige tuinsambreel in die skadu van die groot ou eikeboom. Die besoekers kon nie uitgepraat raak oor die besondere teepot nie en die heerlike geurige tee wat uit die tuit geskink word nie. Dit het die teepot baie trots laat voel. Wanneer die gaste weg is, is teepot met groot liefde gewas en afgedroog - en mooi skoon en blink - op die kombuiskas gesit waar almal dit kon raaksien en bewonder.
Op ‘n dag, na ‘n teepartytjie, het 'n hulpvaardige, maar onhandige gas aangebied om die breekgoed te help indra. Die blou teepot het uit haar hand gegly en sy tuit het gebreek. Die eienares van dié besondere teepot was baie kwaad.
“Ag nee,” het sy gesê, “kyk wat het jy nou aangevang! Ek sal van nou af nie meer hierdie juweel kan gebruik nie, ek sal nou een van my ander teepotte, miskien die pienke, moet gebruik. Ag tog, dis jammer. Hierdie een was my geliefkoosde teepot!”
Die blou teepot was baie, baie hartseer. Sy glorieryke dae het so skielik tot 'n einde gekom. Toe teepot se eienaar se vriendinne weer kom tee drink, is die pienk teepot uitgehaal. Treurig en vergete het die blou teepot op die vensterbank gestaan en kyk hoe die pienk teepot die teepartytjie buite in die tuin geniet. Hy het baie, baie eensaam gevoel, verlate en vergete.
Op ‘n dag kom daar ‘n gawe vrou wat skilder daar tee drink. Sy sien vir teepot waar hy op die vensterbank staan en sê: “Wat ‘n mooi blou teepot!”
“Dit was my geliefkoosde teepot,” sê teepot se eienaar, “maar hy het geval en gebreek en die tuit het afgebreek en ek kan hom nie meer gebruik nie.”
Uiteindelik is sy klaar. Sy neem vir teepot terug huis toe. “Ek wil die blou teepot graag weer eendag vir ‘n skildery leen,” sê sy vir die eienares. “Waarom rangskik jy nie intussen blomme in hom en sit hom op die tafel nie? Hy sal so mooi lyk daar!” “Dis ‘n gawe plan!” sê die eienares.
En nou staan teepot weer trots op ‘n geel tafeldoek op die tafel in die woonkamer waar hy altyd gestaan het, terwyl die gaste tee gedrink het. Almal sê dat hy die fraaiste teepot is wat hulle ooit gesien het. Met die blomme lyk hy alte fraai - baie mooier as die pienk teepot!

“Kan ek die teepot leen?” vra die kunstenares.
“Ek wil ‘n skildery maak.” Toe vat die kunstenares die teepot saam huis toe en sit hom daar op ‘n mooi geel tafeldoek neer en begin ‘n skildery van hom maak. Die aandag wat hy kry, laat teepot sommer baie beter voel. Dis vir om lekker om op die geel tafeldoek te staan, terwyl die kunstenares hom skilder.

* Dinge werk nie altyd uit soos wat jy gehoop, gewens of beplan het nie. Aanvaar dit en beweeg aan.
* Soos die blou teepot, moet jy ook aanpassings in jou lewe maak, maar onthou altyd, dat jy nog steeds bruikbaar is. Op 'n ander manier kan jy nog steeds 'n bydrae maak.
* Sien jou potensiaal raak, lewer jou beste, maar moet nooit dink jy is beter as die pienk teepot nie. Julle werk is albei ewe belangrik.
[Indien enige leser weet wie die skepper van die storie is, laat weet asb. dat ons erkenning kan gee.]
No comments:
Post a Comment