Interne korrespondent: Wat 'n heerlike Saterdagmiddag het die klomp nie gehad nie. Die wintersonnetjie het warm geskyn en die kleinspan het besluit om modderkoekies te bak - die eindresultaat het die voorkoms van sjokoladekoekies gehad. Nie almal was so ingenome om hul hande vuil te mors nie, gevolglik het hulle die spyseniering in die hande van die jongeres gelos. Dié was glad nie onwillig om dit te doen nie, want die afgelope week het 3 van die maats verjaar en daar is eenparig onder die kleinspan besluit dat tuisgebakte modderkoekies die kersie op hulle verjaardagkoek sou wees.
Die groter dogters het besluit dat papierpoppe 'n meer kreatiewe manier is om hul oggend in die wintersonnetjie deur te bring en het die koekbakkery so op 'n afstand dopgehou ... en dan was daar ander wat net in die son gesit en bak het en af en toe gedink het!
Aanbod: Daar kan op spesiale aanvraag modderkoekies gebak word. Dit kan egter net op 'n Saterdag gebeur aangesien skoolwerk al die vrye tyd in die week opslurp.
No comments:
Post a Comment