UITVEëR: Waarvoor? Jy’t nie iets verkeerd gedoen nie.
POTLOOD: Ek is so jammer dat jy as gevolg van my seerkry. As ek ‘n fout maak, is jy altyd daar om dit reg te maak. Maar namate jy my foute laat verdwyn, verloor jy ‘n deel van jouself. Jy word net al hoe kleiner ...
UITVEëR: Dis waar, maar ek gee nie regtig om nie. Ek is mos gemaak om dit te doen. Ek is gemaak om jou te help wanneer en waar jy ookal iets verkeerd doen. Ek sal tevrede wees met die wete as ek eendag nie meer daar is nie en jy my met ‘n ander een vervang het, dat ek my absolute bes gedoen het. Onthou, ek is eintlik baie gelukkig in my werk. Hou nou op om bekommerd wees. Ek haat dit as jy hartseer is.
Hierdie gesprek tussen die potlood en die uitveër is so op ouers en kinders van toepassing. Dink so daaraan maats: Ouers is die uitveërs en die kinders is die potlote. Ouers is altyd daar vir hulle kinders. Hulle hanteer die foute wat die kinders maak en somtyds kry hulle selfs as gevolg daarvan, baie seer. In die proses word hulle "kleiner"en ouer en uiteindelik is hulle nie meer daar nie. Die kinders vind mettertyd iemand in hulle ouers se plek, bv. 'n huweliksmaat, maar ouers is nog steeds daar vir hulle kinders en sal altyd alles in hulle vermoë doen om hul kinders se kommer en hartseer minder te maak of te laat verdwyn.
Ek was nog my hele lewe lank ‘n potlood en dit maak my baie seer om my ouers, wat my uitveër is, onder my oë sien wegkrimp. Ek besef baie goed dat ek eendag net met die uitveërkrummels en herinneringe van wat ek gehad het, sal sit.
[Skrywer: Onbekend]
[Skrywer: Onbekend]
No comments:
Post a Comment