Wednesday 31 July 2024

Ons groet oom Kleinbooi


Daar is 'n tyd om te kom en 'n tyd om te gaan en vandag, 31 Julie 2024, is dit oom Kleinbooi se laaste dag by Christina Kiddie Kinder- en Jeugsorgsentrum. Vir 17 jaar was die tuin en die netjiese gronde die handewerk van oom Kleinbooi - 'n man met groen vingers.

Hy het elke dag pligsgetrou van Greenpoint af gekom om sy dag se taak te kom verrig. Die tyd het egter vir oom Kleinbooi aangebreek om rustiger te lewe.  

Christina Kiddie sê dankie vir al die jare se harde werk en wens Oom net die mooiste toe vir die jare wat nog kom. Mag gesondheid en goedheid deel wees van die nuwe fase.   

No comments:

Post a Comment