Friday 19 July 2024

Binnekringnuus: Sluimerende breitalent


Wol, bolle wol en oorskietwol, op 'n koue Vrydagaand is verantwoordelik vir wolvrede en wolstilte in die koshuiskamers. Die vreugde van tolletjiebrei is nie uit die oude doos nie en die tolletjiebreiresultaat wat al langer en langer word, kan maklik kompeterend, intimiderend en verslawend raak.

En dan is daar diegene wat kan brei en ander wat nie kan nie. En hulle wat nie kan nie, is definitief aan die verloorkant. Hierdie vaardigheid het amper 'n wêreldwye dood gesterf, maar gelukkig is daar mense wat besef het dat 'n handgemaakte en 'n handgebreide artikel baie meer waarde het as 'n Chinese fabriekstrui wat nie opgewasse is teen die Noord-Kaap se koue nie. Nou leer hulle mekaar. Baie stadig - stekie vir stekie en rytjie vir rytjie - is die breivordering op 'n Vrydagaand sigbaar. 

No comments:

Post a Comment