Friday 19 July 2024

Dankie vir die verskil wat HelpJag maak

HelpJag
, 'n inisiatief van Helpende Hand, poog om waar daar nood by gesinne, kinders en in hierdie geval, die Christina Kiddie Kinderhuis is, op 'n praktiese wyse uit te reik en 'n voedsame bord kos op die tafel te sit.

Vandag is 9 bokse vleis deur omgeemense afgelaai - wors, sosaties, cocktail worsies, maalvleis, patties, sosatiewors en droëwors ... 'n heerlike bederf wat die lekker van elke ete vir baie lank gaan uitrek. Tannie Mieta se legendariese kookvernuf gaan voorwaar 'n ongekende hupstoot gekry.    

Dankie dat julle in ons kinders glo en vir elkeen en elke instansie waarby julle betrokke is, toekomshoop gee.

No comments:

Post a Comment