Thursday 4 July 2024

Jungle Gym: Dag 1


'n Tasbare opgewondenheid heers by Christina Kiddie Kinder- en Jeugsorgsentrum - die eerste treë om die Jungle Gym te skuif, is gister gegee. 

Afwagting in aksie!

Houtpale, houttrappe, houtrame en sinkplate is van die bakkie afgelaai. Onder die boom, in die skaduwee, lê die eerste bakkievrag boumateriaal geduldig en wag. Dis hierdie boumateriaal wat op dié stadium die KJSS-inwoners aan die gons het. Hulle onthou dat Dirk en Tinike iets gesê het van 'n Jungle Gym - maar al wat hulle kan sien, is 'n jungle bondel hout! Wie en wanneer is twee woorde wat in elke geselskap opduik ... Wie gaan hierdie houtpuzzle aanmekaar sit en wanneer? Elke beweging word met valkoë dopgehou, terwyl die afwagtingspanning opbou!
 

No comments:

Post a Comment