Monday 22 July 2024

Hartswarmte is jou eie geknoopte kombers

Vandag was sommer 'n baie lekker en spesiale dag by Christina Kiddie. Elke inwoner het twee stukke materiaal gekry en Tinike Lombaard (een van die mej. Diamantveld-finaliste) het vir elkeen gewys en  geleer hoe om hierdie komberse te knoop. Waar die handjies te klein was om te knoop, het sy hand bygesit.

Wat 'n heerlike kleurvolle aktiwiteit was dit nie? Elkeen was ernstig besig om 'n pragstuk te knoop wat die Noord-Kaapse winterkoue buite gaan hou. Dankie vir al jou tyd, Job se geduld en Tinike-vriendelikheid om vandag 'n super lekker onthoudag te maak. 

No comments:

Post a Comment