Wednesday 10 July 2024

Binnekringnuus: Ons besoek aan die DBV/SPCA


Korrespondent: Ons het hierdie vakansie-uitstappie geweldig geniet. Ons het sommer 'n piekniek by die pawiljoen gehou en dit het 'n heerlike kuiersessie tot gevolg gehad. Ons het die kans gehad om allerhande vrae te vra en ook ons dierestories met die tannies van die DBV te deel. 

Ons het kat- en hondekos vir hierdie instansie geskenk wat sulke waardevolle werk doen. Dis só lekker om iets te gee vir plekke waar daar nood is. Ons dink natuurlik om 'n huis te bied vir 'n katjie of twee. Daar moet egter nog gekoukus word oor hierdie gedagte - miskien is dit nie so 'n vergesogte idee nie en ook nie so ver in die toekoms in nie.

Die DBV het ons uitgenooi en gesê dat ons nie te lank moet wegbly nie ... Ons hoop dat ons dit nog in hierdie kwartaal sal kan inpas ... 

No comments:

Post a Comment