Monday 1 July 2024

Binnekringnuus: 'n Oorsese vlug op 'n nie-blou Maandag!

Korrespondent: Net somtyds doen 'n geleentheid hom voor wat jy nie deur jou vingers kan laat glip nie. 'n Vlug oorsee is nie almal beskore nie, maar vandag het die vliegtuig 'n wye draai oor Kimberley gegooi en toe onderdak by KJSS geland. 'n Heerlike verrassing reg voor hulle deur. Die passasiers van Amerika het afgeklim en die Kimberley-passasiers het opgeklim. Twee van die passasiers het egter gou die kleedkamers besoek, terwyl die lugwaardin vir almal tee gemaak het.  

Die vliegtuig het van KJSS se tegniese dienssentrum gebruik gemaak wat in hulle werkswinkels na die meeste soorte vliegtuie wat hier aandoen, kan omsien. Brandstof is ingegooi en nadat die beheertoring vir hulle die groen lig gegee het, kon hulle opstyg. 

Veilige reis - onthou net - die skool begin volgende week! Julle moet betyds terugkom!!!

No comments:

Post a Comment