So skree hy eendag dat daar 'n wolf tussen die skape is. Al die dorpenaars het aangehardloop gekom om die wolf te verjaag. Hulle kon egter geen wolf sien nie. Die seun het gedink dat dit baie snaaks is om mense die skrik op die lyf te jaag, maar die dorpenaars was nie beïndruk nie.
Hulle het vir hom gesê om dit nie weer te doen nie. Nie lank daarna nie, bak hy die dorpenaars weer dieselfde poets. Omdat die skape die dorpenaars se belangrikste bate was, het hulle weer aangehardloop gekom, net om te vind dat die seun vir hulle lieg.
Later daardie selfde dag sien die seun regtig 'n wolf tussen die kudde rondsluip. Hy het geskrik, opgespring en om hulp geroep. Maar niemand het hierdie keer gekom nie, want hulle het gedink hy maak nog steeds 'n grap.
Teen sonsondergang het die dorpenaars na die seun gaan soek. Hy het nie met hulle skape teruggekeer nie. Hulle het hom huilend gevind. Hy het vir hulle gesê dat daar werklik 'n wolf was, en dat die hele kudde weg was.
Die dorpenaars was bitterlik ongelukkig, maar 'n ou man het hom kom troos en vir hom gesê dat niemand 'n leuenaar sal glo nie, selfs al is hulle eerlik.
Wat het ek uit die storie geleer?
Leuens verbreek vertroue, selfs al bedoel jy dit as ‘n grap.
No comments:
Post a Comment