Sunday, 31 May 2026

'n Bederf-Saterdag


Partykeer staan sommige dae net kop en skouers bo die ander uit. Hierdie Saterdag was so 'n dag. 'n Bederfdag vol blessings! 

Colleen Smith het vir die kinders heerlike wafels kom bak - dit was baie spesiaal en die inwoners het dit só geniet. 'n Soet wafel-dankie vir hierdie heerlike bederf, Colleen. 

'n Uit-die-hart-dankie vir Dutoitspan-gemeente wat ons gebless het met heerlike kerrie en rys (8x2 liter bakke kerrie en 'n kastrol vol rys). 52 boepensbroodjies is 'n hartskenking uit Dutoitspan-geledere. Ons hier by Kiddies waardeer hierdie gebaar opreg.

En  die kersie op die koek was regte egte basaarpoeding. Dankie vir die soet bederf wat die blink in oë sit! 

Mag julle op elke gebied ryklik geseën word.  

No comments:

Post a Comment