Kinderbeskermingsweek in Suid-Afrika word vanjaar van 29 Mei tot 5 Junie 2026 gevier. Dit val onder die breër, maandlange viering van Kinderbeskermingsmaand.
Die doel is om die bewusmaking vir kinderbeskerming te kweek, sodat geweld teen, en uitbuiting van kinders voorkom en aangespreek kan word.
Vanjaar se nasionale veldtog se tema is:
"Werk saam om geweld teen kinders te beëindig."
Koop 'n groen strikkie en dra dit vir hierdie week by die werk of sommer net dorp toe en as iemand jou uitvra oor die groen strikkie, is dit die ideale geleentheid om oor kindermishandeling, boelie en beskerming te praat.
Kontaknommer om van die strikkies te bekom:
053 831 2413
Moenie uitstel nie, kry sommer
NOU
jou groen strikkie!
Ns. 'n Yslike dankie aan elke skool en kerk wat
hierdie projek met soveel entoesiasme
ondersteun het. Julle ondersteuning
en ywer gaan nie ongesiens verby nie.
DANKIE!


No comments:
Post a Comment