Sunday, 10 May 2026

'n Ma beteken só baie ...

Daar kom tye 
van vertwyfeling
in iedereen se lewe.
Wanneer aanmoediging nodig is
om 'n ideaal na te strewe.

Wanneer vertroue ontbreek,
is dit elke keer maar moeder, 
wat die hoop laat lewe.

Daar is tye in elkeen se lewe,
wanneer dit goed is om te weet
ander gee wel om.

Al dink mens hul het vergeet ...
Somtyds is daar blydskap
of kommer om te deel ...
Vertel dit aan jou moeder
sy raak tog nooit verveeld.

Daar kom tye van geluk,
vir die menslike verstand te veel,
geluk so allesoorheersend
Jy kan dit skaars beteuel ...
Weereens is dit Moeder
wat alles met jou deel.

[Anoniem]

No comments:

Post a Comment