Wednesday, 23 November 2022

Dankie, Keimoes!

2022 was nie 'n maklike jaar nie. Ons nader die einde van hierdie jaar vinniger as wat ons gedink het. Aan die einde van hierdie genadereis, wil ek graag vir elkeen wat op een of ander wyse die pad makliker gemaak het, baie dankie sê. Sonder julle sou ons nie kon terugkyk op al die wonderwerke nie.
Dankie, Aletta Matthys (alias Aunt Maude) en Jeem Rooibok (alias Elmè), die twee vrywilligers en aan Lizeth Nkebane, die maatskaplike hulpwerker en koördineerder.

Saturday, 19 November 2022

Babahondjies te koop


'n Boer het ‘n paar babahondjies gehad wat hy wou verkoop. Hy verf toe ‘n advertensieplakkaat en sit dit teen sy plaashek op.

Terwyl hy nog besig was om die bord vas te slaan, voel hy skielik iemand trek aan sy baadjie. Hy kyk om, vas in die oë van ‘n klein seuntjie. “Oom, ek wil graag een van Oom se hondjies koop”

”Wel,” sê die Boer, “Hierdie hondjies het ‘n baie goeie ma en pa en hulle kos nogal duur, Seun.”

Die seuntjie laat sak sy kop en dink vir ‘n oomblik. Toe druk hy sy hand diep in sy broeksak, kom met ‘n handvol kleingeld te voorskyn. “Sal hierdie genoeg wees dat ek net kan kyk, asseblief, Oom? “ vra hy.

“Seker,“ sê die boer. En met ‘n fluit roep hy: “Kom Lady, kom wys jou kinders!”

Uit die hondehok kom Lady, met vier bondeltjies lomp-lomp agterna. Die seuntjie druk sy gesiggie teen die draad en sy oë blink van pure opgewondenheid. Die hondjies is al amper by die draad, toe die seuntjie nog iets by die hondehok sien roer. Stadig kom nog ‘n bondeltjie te voorskyn, heelwat kleiner as die ander hondjies. Met ‘n mank sukkelende drafstappie begin die laaste klein hondjie naderkom. Hy probeer sy bes om die ander in te haal.

“Ek wil hom graag hê, ” sê die seuntjie, en wys met sy vinger na die kruppel hondjie.

Die boer kniel langs die seuntjie en sê: “Seun, jy wil nie daardie hondjie hê nie. Hy sal nooit kan hardloop en speel soos al die ander hondjies nie.”

Die seuntjie staan terug van die draad af en begin sy broekspyp oprol. Stadig begin twee kunsbeentjies wys, wat met ‘n stut vas is, en eindig in twee kunsskoene.

“Oom Boer sien, ek kan self ook nie te lekker hardloop nie, en hy sal iemand nodig hê wat dit kan verstaan.”

Met trane in sy oë tel die boer die kruppel hondjie op en gee hom versigtig vir die seuntjie oor die draad aan.

“Hoeveel kos hy, Oom?“ vra die seuntjie.

“Hy’s verniet, Seun. Hy kos jou niks nie. LIEFDE KOS NIKS NIE.

Sunday, 13 November 2022

Die storie van die Coca-Cola-blikkie

Ek belowe 'n blikkie Coke sal nooit weer net 'n blikkie Coke wees na hierdie boodskap nie.


Ek wens ons grootmense, ek ingesluit, kon meer soos hierdie seuntjie wees en die Here raaksien in elke liewe ding, maak nie saak wat nie. Hoop julle geniet dit wat hy raakgesien het, want ek het. Hy was 'n regte Jesus-kind en 'n voorbeeld vir ons almal.

Hierdie stukkie  goeie nuus is ter nagedagtenis van Abrie de Bruin.   

Abrie is gebore 16.07..79 en oorlede 28..02.92,  (13jr). Hy is deur 'n motoris doodgery.  'n Dag  voor sy tragiese dood het hy die volgende nota op sy  lessenaar gelaat: 

Hoeveel Coca-Cola's het jy al  gedrink en nooit eers gewonder hoekom die blikkie rooi is nie? 

Wel hier is die storie:
"Die rooi stel  die bloed van Jesus voor.
Die swart strepies is die  sonde wat jy doen. 
Die wit is reinheid, 
wanneer jy jou  sonde bely dan word jy rein." 

Coca-Cola staan vir  die volgende: 
     C-Come 
     O-on 
     C-children 
     A-Accept 
     C-Christ 
     O-our 
     L-Lord 
     A-Amen 

Die woorde Coke staan  vir: 
   C-Christus 
   O-ons 
   K-Koning 
   E-Ewig 

Agterop is daar 340ml, in Klaagliedere 3:40 staan daar dat jy  jou tot die Here moet bekeer. As jy dit doen, dan gooi  jy jou sondes weg soos die mannetjie agterop. Dan is  jy 'n koningskind. Dit word voorgestel deur die kroon. En as jy nog twyfel of jou sondes vergewe is, dan  kyk jy na die SABS-handelsmerk. Dit is jou waarborg. Wanneer die blikkie toe is en jy skud hom en maak hom  oop, dan kook hy oor, so is dit ook as jy tot bekering kom; dit borrel binne in  jou." 

[Dankie, ds. Brahm dat jy ons net weer herinner aan hierdie bekende verhaal.] 

Saturday, 12 November 2022

Net nog 5 minute ekstra


Eendag gaan sit ’n dame langs ’n man op een van die bankies wat naby die speelparkie is.

“Daardie outjie is my seun,” sê sy terwyl sy na ’n klein seuntjie met ’n rooi sweetpaktop wys wat besig is om op die glyplank te speel.

“Dis ’n pragtige jong mannetjie,” antwoord die man. “Dis my dogter, die een met die wit rokkie wat daar met die fiets ry.”

Met die kyk hy op sy horlosie en roep na sy dogter. “Hoe lyk dit Melissa, dink jy nie dis tyd om huis toe te gaan nie?”

Melissa pleit by haar pa, “Pappa, kan ek nie nog asseblief vyf minute ekstra op my fiets rondry nie? Asseblief net nog vyf minute.”

Die man knik instemmend met sy kop en Melissa gaan voort om na hartelus op haar fiets rond te rits. Vyftien minute is later verby en die man staan op en roep weer na sy dogter. “Is dit nou tyd om te gaan?”

Weereens pleit Melissa, “Vyf minute, Pappa, gee net nog vyf minute meer.”

Die man glimlag en sê: “OK.”

“Mense ons, maar jy is omtrent ’n geduldige pa,” antwoord die vrou wat langs hom op die parkbankie gesit het.

Die man glimlag weer en sê, “ Haar ouer boetie, Niekie, is verlede jaar oorlede nadat ’n dronk bestuurder hom raakgery het. Hy het met sy fiets nie ver hiervandaan gery nie. Ek het nooit baie tyd saam met Niekie spandeer nie en nou sal ek enigiets gee vir net ’n ekstra vyf minute saam met hom. Ek het myself beloof om nooit dieselfde fout met Melissa te maak nie.

“Sy dink sy het vyf minute ekstra om met haar fiets rond te ry. Die waarheid is, ek kry vyf minute ekstra om haar te sien speel.”

Die hele lewe gaan oor prioriteite, wat is jou prioriteite?

Gee vir iemand vir wie jy lief is, wat vir jou omgee, wat naby aan jou bly vandag vyf minute ekstra van jou tyd, want dis nie vir hulle nie maar eintlik vir jouself. 

Loer oor die heining en vra vir jou buurvrou hoe dit met haar gaan. Glimlag vir die karwag wat in reënweer en sonskyn na jou kar kyk en knoop 'n geselsie aan omdat jy regtig belangstel. Gee 'n drukkie vir die persoon by die kliniek wat jou help - hulle werk net met probleemgevalle en sal 'n positiewe gebaar waardeer. Bak 'n koek en gaan gee dit by kindersorg af. 

Dis amper die einde van die jaar ... wat van 'n speelbederf vir kinders in 'n versorgingshuis?? 

Friday, 11 November 2022

Life is about giving and taking

“Don’t break a bird’s wings and then tell it to fly.
Don’t break a heart and then tell it to love.
Don’t break a soul and then tell it to be happy.
Don’t see the worst in a person and expect them to see the best in you.
Don’t judge people and expect them to stand by your side.
Don’t play with fire and expect to stay safe.
Life is about giving and taking.
You cannot expect to give bad and receive good.
You cannot except to give hate and receive love.
So if you’re willing to see positive change in your life, you must be willing to be that change itself.”

Wednesday, 5 October 2022

Die verwer wat die ongevraagde ekstra myl loop


‘n Man is gevra om ’n boot te verf. Hy het sy verf en kwaste saamgebring en die boot ‘n helder rooi begin verf soos die eienaar hom gevra het om te doen.

Terwyl hy verf, het hy opgemerk dat daar ‘n  gaatjie in die boot was en dit herstel. Toe hy klaar geverf het, het hy sy geld gekry en vertrek.

Die volgende dag het die eienaar van die boot na die man gekom en hom  'n groot tjek aangebied, baie hoër as die betaling vir die boot se verf.

Die man was baie verbaas en het gesê: ”Jy het my reeds vir die boot se verf betaal meneer!”

”Maar dit is nie vir die verfwerk nie. Dis omdat jy die gaatjie in die boot herstel het,” sê die eienaar.

“Ag! Maar dit was so ‘n klein werkie … dis verseker nie so ‘n bedrag werd vir so klein werkie nie!” antwoord die verwer.

”My liewe vriend, jy verstaan nie. Laat ek jou vertel wat gebeur het.”

Toe ek jou gevra het om die boot te verf, het ek vergeet om te noem van die gaatjie.

Toe die boot droog was, het my kinders die boot geneem om te gaan visvang.

Hulle het nie geweet dat daar ‘n gaatjie in die boot was nie. Ek was nie by die huis toe hulle die bootjie geneem het om te gaan visvang nie.

Toe ek terugkom en agterkom dat hulle die boot geneem het, was ek amper van my kop af, want ek het onthou van die gaatjie in die boot. Stel jou my verligting en vreugde voor toe hulle veilig van die visvangery af terugkom.

Hierna het ek die boot ondersoek en gevind dat jy die gaatjie herstel het! Sien jy nou, wat jy gedoen het? Jy het die lewe van my kinders gered! Ek het nie genoeg geld om jou vir jou ‘klein werkie’ te vergoed nie!

Maak nie saak wie, wanneer of hoe nie. Gaan net voort om te help, volhard, vee trane af, luister aandagtig en versigtig.

Ons as kinders van God het elke dag ‘n geleentheid om ‘lekplekke’ in ander mense wat oor ons pad stap, te herstel, maar ook met mekaar. Wie weet of JY nie dalk vandag die ‘verwer’ in God se hand is om die nood vir iemand anders makliker en ligter te maak nie.

Partykeer is dit net die afvee van ‘n traan, of die luister na iemand se storie. Om ‘gaatjies’ reg te maak is baie keer in die klein goedjies wat jy elke dag doen, en nie altyd in die groot goed nie. Kom ons wees sensitief vir mense en mekaar se ‘gaatjies’, en help om dit heel te maak waar ons kan.

Jy het dalk al talle ‘bootgaatjies’ van verskeie mense langs die pad reggemaak sonder om dit te weet.

 Wees vandag God se hande en voete in dit wat jy aanpak!

Teachers' Day

 

Thursday, 8 September 2022

International Literacy Day

International Literacy Day serves to recognise the importance of literacy and acknowledge the need to create a globally literate community. Literacy refers to a person's ability to read or write, an ability that connects and empowers people, allowing them to communicate and interact with the world, and one that the United Nations considers to be a basic human right. Today, approximately 16% of the world's population, two-thirds of which is female, is unable to read or write at a basic level in their native languages.

UNESCO stressed the importance of literacy as the most powerful accelerator of sustainable development and pledged that by 2030, the organisation will ensure that all youth and a substantial proportion of adults, both men and women, achieve literacy and numeracy.

Thursday, 1 September 2022

I am wearing a pair of shoes

I am wearing a pair of shoes.
They are ugly shoes.
Uncomfortable shoes.
I hate my shoes.
Each day I wear them, and each day I wish I had another pair.
Some days my shoes hurt so bad that I do not think I can take another step.
Yet, I continue to wear them.
I get funny looks wearing these shoes.
They are looks of sympathy.
I can tell in other's eyes that they are glad they are my shoes and not theirs.
They never talk about my shoes.
To learn how awful my shoes are might make them uncomfortable.
To truly understand these shoes you must walk in them.
But, once you put them on, you can never take them off.
I now realize that I am not the only one who wears these shoes.
There are many pairs in this world.
Some women are like me and ache daily as they try to walk in them.
Some have learned how to walk in them so that they don't hurt quite so much.
Some have worn the shoes so long that days will go by before they think about how much they hurt.
No woman deserves to wear these shoes.
Yet, because of these shoes I am a stronger woman.
These shoes have given me the strength to face anything.
They have made me who I am.
I will forever walk in the shoes of a woman who has lost a child

Wednesday, 10 August 2022

Dankie aan ons lesers wat ons so gereeld besoek.

 
10 Augustus 2022 - 101 lesers

6 Augustus 2022 - 129 lesers

4 Augustus 2022 - 107 lesers

Klik op die skermgreep om die statistiek duidelik te sien.

Tuesday, 9 August 2022

Op Vrouedag steek ons die 19 000-kerf verby!

National Women's Day


A strong woman works out every day to keep her body in shape ...
but a woman of strength kneels in prayer to keep her soul in shape ...

A strong woman isn't afraid of anything ...
but a woman of strength shows courage in the midst of her fear ...

A strong woman won't let anyone get the best of her ...
but a woman of strength gives the best of her to everyone ...

A strong woman makes mistakes and avoids the same in the future ...
but a woman of strength realises life's mistakes can also be God’s blessings and capitalises on them ...

A strong woman walks sure footedly ...
but a woman of strength knows God will catch her when she falls ...

A strong woman wears the look of confidence on her face ...
but a woman of strength wears grace ...

A strong woman has faith that she is strong enough for the journey ...
but a woman of strength has faith that it is in the journey that she will become strong.

Monday, 8 August 2022

Die groot trek gedurende Augustus

Trek is gewoonlik nooit kinderspeletjies nie. Om tydens vrouemaand te trek, voel asof iemand jou 'n streep getrek het. En hier in ons kantore is daar geen man wat sy spiere kan bult tydens vrouemaand om die trek vir ons makliker te maak nie. En soos André du Plessis altyd gesê het: "Die naaste helpende hand is aan die einde van jou eie arm."

Dus lê hef aan voor en in plaas daarvan dat ek vrouedag gaan rus, soos ander, gaan ek kyk of ek nie die berg Ararat kan geskuif kry nie. Onthou, ons kontaknommers bly dieselfde, dis net ons adres wat gaan verander. Geniet julle VROUEDAG! 



Thursday, 4 August 2022

Single Working Women's Day

 August 4th is the day of women working alone. Founded in 2006 by Barbara Payne, this day is a day to celebrate and recognise the important role that single women play in our communities and families.

Monday, 1 August 2022

Vrouemaand


Augustus is tradisioneel vrouemaand. Lees gerus die artikel waar 'n ma lesse vir haar dogter neerpen.
Klik HIER

Thursday, 28 July 2022

Gesindheid bepaal die resultaat ...

Om trots te wees op mens se prestasies verteenwoordig nie hoogmoed nie. Dit verteenwoordig blydskap in nederigheid.

“Die kwaliteit van die werk en die kwaliteit van die werker is onlosmaaklik deel van mekaar.”

“Halfhartige pogings produseer nie halwe resultate nie; dit produseer geen resultate nie.”

Drie mense was besig om steenmesselwerk te doen. ‘n Verbyganger vra aan hulle wat is hulle besig om te doen.

Die eerste een antwoord: “Kan jy nie sien ek is besig om geld te verdien om aan die lewe te bly nie?”

Die tweede een antwoord: “Kan jy nie sien ek is besig om steenmesselwerk te doen nie?”

Die derde een antwoord: “Ek is besig om ‘n pragtige monument te bou.”

Hier is drie mense wat presies dieselfde werk doen, maar totaal verskillende perspektiewe handhaaf oor dit wat hulle doen. Hulle al drie het drie verskillende benaderings ten opsigte van die werk wat hulle doen.

En sal hul benadering tot hul werk hul prestasie beïnvloed?

Die antwoord is ‘n baie besliste JA.

Uitnemendheid word eers bereik wanneer die ondernemer trots is om slegs sy beste te lewer. Elke taak is ‘n selfbeeld van die persoon wat die werk doen, ongeag wat die taak is, hetsy dit motor was is, om die vloer te vee of om die huis te verf.

Doen dit reg die eerste keer, elke keer. Die beste versekering vir môre is ‘n werk goed gedoen vandag.

Michelangelo het ‘n lang tyd aan ‘n standbeeld gewerk. Hy het geweldig baie tyd spandeer om elke klein detailtjie weer oor te gaan en te verseker dat dit is soos hy dit wil hê. ‘n Omstander het gedink die klein veranderinkies is onbenullig en het vir Michelangelo gevra hoekom hy sy tyd daarmee mors.

Michelangelo het geantwoord: “Kleinighede maak dit perfek, maar perfekheid is nie ‘n kleinigheid nie.”

Die meeste mense vergeet hoe vinnig jy ‘n taak verrig het, maar hulle onthou hoe goed jy die taak verrig het.

Tuesday, 26 July 2022

Things I want my daughter to know about friendship


1. Not everyone is going to like you. It’s okay. (I know it won’t always feel like that’s true, but I promise it is).

2. Not everyone is going to invite you. That’s okay too.

3. You’ll never regret kindness. (Never ever).

4. If you constantly must tiptoe around them, they’re not your people.

5. You get to choose them, so choose the ones who are choosing you back.

6. Have high standards when it comes to friends, but don’t be unrealistic. They’re going to mess up, so are you. Grace is essential.

7. Be yourself. Let other people be themselves right back.

8. You can’t have friends if you don’t know how to be a friend. Focus on being the best friend you possibly can.

9. Don’t wait. You’re allowed to do the inviting and the reaching out too.

10. Listen.

11. If you want them to be there for the big stuff, you’re going to have to be there for each other in the small stuff too.

12. Don’t knowingly leave people out. It doesn’t feel good.

13. Gossip is garbage.

14. Drama is too. Stay above the fray, and feel free to walk away.

15. You can’t be best friends with everyone. But you can notice everyone. You can smile at everyone. You can say hello to everyone. You can be good to everyone and make sure people feel seen.

16. It’s better to be genuinely loved by a few than fake loved by a few thousand.

17. Popularity for the sake of popularity is pointless.

18. Your worth will never come from others. You must learn to accept yourself if you want others to accept you.

19. Give more than you take, but don’t be anyone’s doormat. Your momma didn’t raise you right so you could be walked all over.

20. Your friends should be good to you, but they should also be good to other people. If they’re nice to you and then turn around and talk smack about others, they’re not nice.

21. Be loyal. Stick up for your friends whether they’re around or aren’t.

22. Friends aren’t toys to be discarded when you get bored. Deep friendships take time and commitment.

22. Show up for your friends even if they didn’t ask you to. If they’re going through something hard check on them, sit with them, and bring them flowers. Be present, even if it feels awkward.

23. If Mama don’t like them, there’s probably a good reason.

24. Friendship is one of the most important things you can invest in in life. Make the time.

25. If you get hurt, I’m always here for a hug, and to talk, I’ve been there. Give yourself time and grace to heal, but listen my love, don’t close yourself up and don’t shut yourself away. Opening your heart again is worth the risk. I love you to the moon and back,

Love, Mama

[Written by Amy Weatherly & Jess Johnston]

Friday, 22 July 2022

Wees die kollega saam met wie almal graag wil werk.

Werkende persone bestee gemiddeld meer ure per jaar saam met hul kollegas as met hul huweliksmaat, ouers, kinders, beste vriendin of sibbe. Daarom is dit belangrik dat julle goed met mekaar oor die weg kom. Só kan alle werknemers in ’n organisasie help om die werksomgewing vir mekaar aangenaam te maak: 
  • Wees kundig, doeltreffend en hardwerkend.
  • Wees optimisties en entoesiasties.
  • Lê inisiatief aan die dag.
  • Toon leierseienskappe sonder om baasspelerig te wees.
  • Wees toegewyd – moenie die een wees wat laaste opdaag en eerste die kantoor verlaat nie.
  • Groet almal vriendelik wanneer jy by die werk kom. Jy beur dalk net iemand op wat bedruk voel. Doen dieselfde wanneer julle smiddae huis toe gaan.
  • Gesels gerus maar oor ditjies en datjies wanneer dit geleë is, soos gedurende teetyd of etenstyd.
  • Vra jou kollegas se opinie oor sake. Almal wil graag weet hul mening is belangrik. En gee erkenning, selfs al reken jy dat sy of haar mening nie van veel waarde is nie.
  • Vermy skinderpraatjies – moenie oor jou kollegas praat nie en sluit jou ore vir praatjies oor hulle.
  • Bly koelkop tydens ʼn konfrontasie of meningsverskil met ʼn kollega.
  • Wees vrygewig met komplimente. Erkenning vir ʼn taak wat besonder goed voltooi is, of omdat hy of sy meer gedoen het as wat van hom of haar verwag is, moedig ʼn positiewe gesindheid aan.
  • Erkenning of gelukwensing vir dinge buite werksverband, soos ʼn wedloop gewen, ʼn  huweliksherdenking of  ʼn kind wat presteer het, laat ʼn kollega voel sy of hy is meer as net iemand wat ʼn taak by die werk het om te verrig.
  • Wees gemoedelik en vrygewig. ʼn Eetdingetjie saam met oggendtee, ʼn dankie-sê-kaartjie vir ʼn kollega wat jou gehelp het, of  ʼn blommetjie vir iemand wat deur ʼn moeilike tyd gaan, verrig wondere.
  • Handhaaf goeie kantooretiket deur byvoorbeeld oproepe of e-posse gereeld te beantwoord. Deur dit na te laat bemoeilik jy dalk die ander persoon se werk en stuur die boodskap uit dat hy of sy vir jou onbelangrik is.
  • Wees nederig en erken dat jy soms nie al die antwoorde het nie. Beterweterigheid kan aanstoot gee.
  • Respekteer jou kollegas deur te waak teen irriterende kantoorgewoontes, soos om die laaste koffie te drink of die laaste fotostaatpapier te gebruik sonder om dit aan te vul of te vervang. Ander dingetjies wat kan krap, is luidrugtige telefoongesprekke, oorverdowende musiek, om te hard te kou of jou koffie te slurp, of die teestasie in wanorde te laat.
  • Reik uit na nuwe kollegas – laat hulle welkom voel, stel hulle aan die res van die spanlede voor, wys hulle waar al die fasiliteite is.
  • Wees mededeelsaam met jou kundigheid.
  • Respekteer ander se tyd deur betyds op te daag vir vergaderings en nie tyd te verspil met onnodige vrae, aan- en opmerkings terwyl die vergadering al kon verdaag het nie.
  • Vermy kletspraatjies met jou kollega, veral wanneer jy sien hy of sy ervaar groot werksdruk.
  • Verlig jou kollegas se werkslas indien jy nie self onder druk verkeer nie. Help waar jy kan indien hy of sy weens siekte, verlof of ʼn kursus ʼn paar dae nie op kantoor kan wees nie, of selfs wanneer jy sien sy of haar werksdruk is so groot dat dit spanning veroorsaak.
  • Skep kantoortradisies deur byvoorbeeld een maal per week of per maand iets spesiaals te doen waarna almal kan uitsien te midde van werksdruk. Gaan eet saam koek by die kafeteria, bring ʼn eetdingetjie wanneer jy verjaar, of bestel een Vrydag per maand wegneemetes wat almal saam kan geniet.
Wees die kollega saam met wie almal graag wil werk.

[Deur Melodie Veldhuizen - Klik gerus HIER vir nog inligting.]

Thursday, 21 July 2022

10 karaktereienskappe

LIEFDE
Daardie spesiale gevoel wat jou warm en wonderlik laat voel.
Wat jou laat borrel van vreugde.

RESPEK
Om ander so goed te behandel soos wat jy graag behandel sal wil word.

WAARDERING
Om dankbaar te wees vir al die goeie wat jy in die lewe ontvang.

BLYDSKAP
Die volle genieting van elke oomblik wat aan jou geskenk word met ‘n glimlag wat daarvan getuig.

VERGIFFENIS
Die vermoë om uitlokking die rug te keer sonder enige woede.

MEDEDEELSAAMHEID
Die vreugde om te gee sonder enige gedagte om iets in ruil te ontvang.

EERLIKHEID
Die kwaliteit om altyd die waarheid te vertel.

INTEGRITEIT
Die suiwerheid om altyd te doen wat reg is, ongeag die gevolge.

DEERNIS
Die essensie om iemand ander se lyding te deel terwyl jy die pyn help verlig.

VREDE
Die beloning om die 10 mees belangrike dinge uit te leef.