Monday 8 August 2022

Die groot trek gedurende Augustus

Trek is gewoonlik nooit kinderspeletjies nie. Om tydens vrouemaand te trek, voel asof iemand jou 'n streep getrek het. En hier in ons kantore is daar geen man wat sy spiere kan bult tydens vrouemaand om die trek vir ons makliker te maak nie. En soos André du Plessis altyd gesê het: "Die naaste helpende hand is aan die einde van jou eie arm."

Dus lê hef aan voor en in plaas daarvan dat ek vrouedag gaan rus, soos ander, gaan ek kyk of ek nie die berg Ararat kan geskuif kry nie. Onthou, ons kontaknommers bly dieselfde, dis net ons adres wat gaan verander. Geniet julle VROUEDAG! 



No comments:

Post a Comment