Ek belowe 'n blikkie Coke sal nooit weer net 'n blikkie Coke wees na hierdie boodskap nie.
Ek wens ons grootmense, ek ingesluit, kon meer soos hierdie seuntjie wees en die Here raaksien in elke liewe ding, maak nie saak wat nie. Hoop julle geniet dit wat hy raakgesien het, want ek het. Hy was 'n regte Jesus-kind en 'n voorbeeld vir ons almal.
Hierdie stukkie goeie nuus is ter nagedagtenis van Abrie de Bruin.
Abrie is gebore 16.07..79 en oorlede 28..02.92, (13jr). Hy is deur 'n motoris doodgery. 'n Dag voor sy tragiese dood het hy die volgende nota op sy lessenaar gelaat:
Hoeveel Coca-Cola's het jy al gedrink en nooit eers gewonder hoekom die blikkie rooi is nie?
Wel hier is die storie:
"Die rooi stel die bloed van Jesus voor.
Die swart strepies is die sonde wat jy doen.
Die wit is reinheid,
wanneer jy jou sonde bely dan word jy rein."
Coca-Cola staan vir die volgende:
C-Come
O-on
C-children
A-Accept
C-Christ
O-our
L-Lord
A-Amen
Die woorde Coke staan vir:
C-Christus
O-ons
K-Koning
E-Ewig
Agterop is daar 340ml, in Klaagliedere 3:40 staan daar dat jy jou tot die Here moet bekeer. As jy dit doen, dan gooi jy jou sondes weg soos die mannetjie agterop. Dan is jy 'n koningskind. Dit word voorgestel deur die kroon. En as jy nog twyfel of jou sondes vergewe is, dan kyk jy na die SABS-handelsmerk. Dit is jou waarborg. Wanneer die blikkie toe is en jy skud hom en maak hom oop, dan kook hy oor, so is dit ook as jy tot bekering kom; dit borrel binne in jou."
[Dankie, ds. Brahm dat jy ons net weer herinner aan hierdie bekende verhaal.]
No comments:
Post a Comment