Wednesday 26 June 2024

Keep your dream ...

I have a friend named Monty Roberts who owns a horse ranch in San Ysidro. He has let me use his house to put on fund-raising events to raise money for youth at risk programs.

The last time I was there he introduced me by saying, “I want to tell you why I let Jack use my horse. It all goes back to a story about a young man who was the son of an itinerant horse trainer who would go from stable to stable, race track to race track, farm to farm and ranch to ranch, training horses. As a result, the boy’s high school career was continually interrupted. When he was a senior, he was asked to write a paper about what he wanted to be and do when he grew up.

“That night he wrote a seven-page paper describing his goal of someday owning a horse ranch. He wrote about his dream in great detail and he even drew a diagram of a 200-acre ranch, showing the location of all the buildings, the stables and the track. Then he drew a detailed floor plan for a 4,000-square-foot house that would sit on a 200-acre dream ranch.

“He put a great deal of his heart into the project and the next day he handed it in to his teacher. Two days later he received his paper back. On the front page was a large red F with a note that read, `See me after class.’

“The boy with the dream went to see the teacher after class and asked, `Why did I receive an F?’

“The teacher said, `This is an unrealistic dream for a young boy like you. You have no money. You come from an itinerant family. You have no resources. Owning a horse ranch requires a lot of money. You have to buy the land. You have to pay for the original breeding stock and later you’ll have to pay large stud fees. There’s no way you could ever do it.’ Then the teacher added, `If you will rewrite this paper with a more realistic goal, I will reconsider your grade.’

“The boy went home and thought about it long and hard. He asked his father what he should do. His father said, `Look, son, you have to make up your own mind on this. However, I think it is a very important decision for you.’ “Finally, after sitting with it for a week, the boy turned in the same paper, making no changes at all.

He stated, “You can keep the F and I’ll keep my dream.”

Monty then turned to the assembled group and said, “I tell you this story because you are sitting in my 4,000-square-foot house in the middle of my 200-acre horse ranch. I still have that school paper framed over the fireplace.” He added, “The best part of the story is that two summers ago that same schoolteacher brought 30 kids to camp out on my ranch for a week.” When the teacher was leaving, he said, “Look, Monty, I can tell you this now. When I was your teacher, I was something of a dream stealer. During those years I stole a lot of kids’ dreams. Fortunately you had enough gumption not to give up on yours.”

“Don’t let anyone steal your dreams. Follow your heart, no matter what.”

Author Unknown

[Thank you, Johann for sharing.]

International Day Against Drug Abuse and Illicit Trafficking: 26 June 2024

The General Assembly in 1987 decided to observe 26 June as the International Day against Drug Abuse and Illicit Trafficking as an expression of its determination to strengthen action and co-operation to achieve the goal of an international society free of drug abuse.

The aim of this year’s campaign is to raise awareness about the importance of treating people who use drugs with respect and empathy; providing evidence-based, voluntary services for all; offering alternatives to punishment; prioritizing prevention; and leading with compassion. The campaign also aims to combat stigma and discrimination against people who use drugs by promoting language and attitudes that are respectful and non-judgmental.

How can we prevent drug trafficking?
Education and awareness: Education and awareness programs can help to prevent drug trafficking by providing information about the dangers of drug use and the consequences of drug trafficking. 
These programs can target young people, parents, and other community members to help reduce demand for drugs.

How to get involved with drug prevention and awareness
* Organize A Drug Awareness Event.
* Share Your Knowledge and Experience.
* Promote Positive Mental Health. 
* Volunteer Your Time.
* Promote Community-Building Activities.
* Reach Out To A Professional If You're Worried About Someone.

What should the students do to help prevent drug abuse?

Here are the top five ways to prevent substance abuse:
Understand how substance abuse develops. 
Avoid Temptation and Peer Pressure.
Seek help for mental illness.
Examine the risk factors.
Keep a well-balanced life.

“If you accept the expectations of others, especially negative ones, then you never will change the outcome.” 

Rosetta se goeie wense:


Nie alle dae is sonskyndae nie,
maar mag die son vandag so helder skyn,
soos die lig wat vandag vir jou straal.

Monday 24 June 2024

Maandagmotivering

Dink hieroor ...


Northland kollege se skoolhoof, John Tapene, het die volgende woorde aangehaal uit 'n regter, wat gereeld met die jeug werk, se toespraak: "Ons hoor altyd die vrae van tieners: Wat kan ons doen?

Waarheen kan ons gaan?

My antwoord is: Gaan huis toe, sny die gras, was die vensters, was die motor, leer om te kook, 'n vlot te bou, 'n werk te kry. Besoek die siekes, bestudeer jou lesse en nadat jy klaar is, lees 'n boek.

Jou dorp skuld jou nie ontspanningsgeriewe nie en jou ouers skuld jou nie pret nie.

Die wêreld skuld jou niks nie. Dis jy wat die wêreld iets skuld.

Jy skuld dit jou tyd, jou energie en talent sodat niemand weer in 'n oorlog betrokke sal wees of eensaam en siek nie.

Met ander woorde, word groot, hou op om 'n tjankbalie te wees. Kom uit jou droomwêreld en ontwikkel 'n ruggraat, nie 'n wensbeen nie.

Begin optree soos 'n verantwoordelike persoon. Jy is belangrik en jy word benodig.

Dis te laat om rond te sit en te wag vir iemand om eendag iets te doen. Eendag is NOU en daardie iemand is JY."

[Geleen] 

Friday 21 June 2024

Ruben bewonder WOW se vier vennote


Liewe Alida, Diané, Melaine en Wynand
 
Gewoonlik skryf ek direk vir my maats 'n brief (ek probeer dit op 'n weeklikse basis doen) en dan wys ek hulle op voorregte en omgeeliefde wat ons so van die gemeenskap kry. Dinge wat wys dat die wêreld nog bemoeienis met ons maak, want glo my, ons het ons kwota probleme en bekommernisse, maar ons vreugdespoedmeter se naald huiwer party dae sommer gevaarlik in die rooi. Ons bespreek ook probleme, persoonlikhede, uitdagings en toekomsdrome, maar vandag rig ek hierdie brief direk aan julle vier met WOW-harte van goud.

Dit was vir ons só lekker dat ons ons hande in die kombuis kon taai mors met die kolwyntjieversierings wat stroop-stroopsoet op ons tong 'n lêplek gekry het. Party van ons se kreatiewe kombuistalente is nie vergelykbaar met ander nie, maar gelukkig het ons 'n nissie gevind by die vaardigheidseise wat die speletjies aan ons gestel het.

Dankie dat julle saam met ons op die grond gesit het en op julle knieë gekruip het om saam met ons hierdie speletjies te speel. Dit was regtig lekker om tyd saam met julle deur te bring en te weet julle geniet dit net soveel as ons.

Dankie vir al die persoonlike geskenke wat volgens elkeen se ouderdom gekoop is. Saam-saam is elkeen se geskenk oopgemaak, bewonder en mee gespeel. Dis só spesiaal - ons is as individue raakgesien. Dankie vir al die ander speelgoed wat vir die speelkamer geskenk is. Speeltye het voorwaar 'n nuwe blaadjie omgeslaan. 

Dankie dat julle die dogtertjies se naels geverf het en toe sommer ons almal se hare so 'n bietjie kleur gegee het. Was ek nou verras om te sien 'n mens kry kryt om hare te kleur? My mond het letterlik oopgehang. Ek moet sê ek is verstom oor wat 'n mens deesdae kry - ek wil nou regtig nie klink soos 'n ou hond nie, maar ek het baie anders grootgeword. Ek besef ons het ure buite gespeel - gehardloop, gespring, geklim en geval!!  

Hierdie is een van die oggende wat ons op ons onthoukalender afgemerk het. Die dag het sommer vinnig korter geword. Speeltyd is ons lekkerste tye hier by die koshuis en hierdie vakansie wil ons geen kans verspeel om ons speeltye sinvol te gebruik nie. Daar het soveel lekker dinge gebeur en ons sien uit na 'n derde kwartaal waar ons hierdie dinge met ons skoolmaats gaan deel. Lemoenkegelbal is nie almal se forté nie, maar ons gaan aan ons tegniek werk. Met julle volgende kuier gaan ons spanne beter wees - hou ons maar dop. 

Ek glo nie my speelmaats besef wat die diepte van so 'n oggend behels nie, maar ek weet dat dit belangrik is vir ons groot- en fynmotoriese ontwikkeling, ook die fisiese, kognitiewe, sosiale en emosionele ontwikkeling wat speel-speel baatvind by sulke aktiwiteite.

Soos julle duidelik uit hierdie brief van my kan agterkom, help ek deur speelterapie om dinge weer in plek te kry. Daarom dat ek uit my hondehart vir julle wil bedank, maar ook uitnooi om gereeld te kom kuier, al is dit net om op die bankie te sit en gesels en mekaar beter te leer ken. Simpatie en empatie is twee begrippe waaraan ons nog hard sal moet werk.

Vreugde en baie voorspoed met julle WOW-projek. Mag dit net van krag tot krag gaan.

Ruben-groete tot 'n volgende keer.

Portia's advice

Wednesday 19 June 2024

Ruben se dankie-sê-briefie vir Dirk en Tinike

Liewe Maats

Ek het my hierdie week maar skaars gehou. My speeltyd is effens ingekort, omdat ek die meeste van die tyd op hekdiens was. Ek is natuurlik baie trots daarop dat die inwoners veilig voel as ek by die hoofingang diens doen. (Julle onthou mos laas week se brief wat my 'n nuwe perspektief op my werksaamhede hier gegee het.)

Wel, die verstommendste vir my is al die welwillendheidsbesoeke wat ons die afgelope week gekry het. Ons beker loop oor van dankbaarheid. Om eerlik te wees, ons is sommer baie lekker bederf en om nou na normaal toe terug te keer, gaan vir my persoonlik baie moeilik wees en ek is seker vir julle ook. Dis nou net hier wat ons sterk sal moet staan en onthou dat ons mense geen regte het nie, maar wel baie voorregte. En om so baie besoeke en geskenkies te kry, was 'n reuse voorreg. Ek het 'n hele klomp sopbene gaan begrawe, want ek weet baie goed dat dit nie elke dag Kersfees is nie en dat die regte Kersfees nog baie ver in die verskiet lê.

Hierdie briefie is om vir Dirk en Tinike spesiaal baie dankie sê vir hulle onvermoeide ywer en hardwerkenheid om ons te oorlaai met hul goedheid.  Heel eerste wil ek dankie sê vir die jungle gym - dis 'n yslike present wat 'n baie groot hap uit julle begroting gevat het, ek weet ... ek sit mos heeldag met gespitste ore voor die hek en tel belangrike gesprekke so in die verbygaan op. Maar hierdie is 'n speelbelegging wat vir baie baie jare nog vir vreugde in baie kinderharte gaan sorg. Hierdie langtermyngeskenk gaan nog baie dividende oplewer. Julle twee het skerp gedink.

Dankie dat julle saam met 'n spesiaal gereëlde Junie-instaan-kersvader en -moeder ons reeds vroeg bederf het met Kersgeskenke, pretpakkies en lewensnoodsaaklike middele wat julle so ywerig bymekaar gemaak het. Dis duidelik dat nié almal julle pas kan volhou nie. Ek haal my hoed af vir julle wat eksamen geskryf het, terwyl julle nog al hierdie ekstras moes doen - julle is twee baie spesiale mense en ek salueer julle. Mag al julle drome waar word en mag julle toekomspaaie gelyk wees. Hierdie is my wense vir julle so reg uit my hondehart.  

Ek skryf spoedig nog 'n briefie, maar hierdie een wil ek in die pos kry, voor die horlosie twaalfuur slaan.  

Dankbaarheidsgroete tot 'n volgende keer.


 








Klik HIER vir die vooraf foto's van die jungle gym. 

Klik HIER vir die bakkievrag benodigdhede en klik HIER vir die heerlike verrassingskuier.

KJSS se trots: Baie sterkte!

Rosetta se goeie wense:


Mag jou dag gevul wees met
vreugde, lag, en al jou diepste wense.
Mag jy vandag 'n 100%- bydrae gee
by jou werkplek en jou blyplek.
Ons het rede tot 'n vreugdevolle lewe.

Monday 17 June 2024

Kersfees in Junie


Kersfees is mos 'n tyd vir gee, en ook 'n tyd vir omgee!  

Maar vir sommiges lê Desember nét te ver en daarom het Dirk en Tinike besluit om die gee en omgee van Kersfees na Junie te verskuif. 

Die dag voor die skool vir die Junievakansie gesluit het, het Dirk en Tinike al die skenkings wat hul ontvang het, by Christina Kiddie Kinder- en Jeugsorgsentrum kom afgee - klere, speelgoed, toiletware, inkleurboeke, blikkieskos, en nog vele meer koestergeskenke.
Daar was egter een kersfeeshekkie wat hulle amper gepootjie het - Kersvader se takbokke en slee, saam met sy bekende rooi kersfeespak was nie op kort kennisgewing beskikbaar nie en hy het per e-pos laat weet dat hy nie betyds vir hierdie geleentheid gaan wees nie. Skielik moes daar geïmproviseer word en mense met omgeeharte is gevra om in te staan. Die takbokke en slee is vervang met 'n wit bakkie en sleepwa. Oom Louis het vir kersvader ingestaan, maar o wee, kersvader se pak was myle te groot en met 'n rooi kortmoubaadjie het oom Louis agter die stuur van die bakkie ingeskuif, want dit was 'n kosbare vrag wat betyds afgelewer moes word.  

Dirk en Tinike het die elwe se rol oorgeneem, terwyl tannie Irene as hoof-elf moes instaan. Die gee-gees van Kersfees was Donderdag voelbaar tussen hulle wat die geleentheid bygewoon het. 
'n Groot dankie aan almal wat ingestaan het vir die Desember-kersfeesspan - Juniemaand se kersfeesspan is staatmakers en ware wenners!

Vrywillige fotograaf: Irene van Heerden

'n Warm verrassing op 'n koue Kimberley-middag

Koue kan op verskillende maniere verdryf word, 'n ekstra warm trui, 'n warm baadjie, 'n verwarmer of 'n heerlike houtvuurtjie, maar Dirk en Tinike het die geheim bemeester van warmte genereer in die hartjie van die winter. Hulle het die inwoners van Christina Kiddie Kinder- en Jeugsorgsentrum kom verras met 'n kolwyntjiekuier en 'n pretpakkie wat die heerlikste soetste suikerbeloftes ingehou het, veral vir diegene wat met 'n lastige soettand sukkel.
Voordat die pretpakkies uitgedeel is, is daar eers 'n paar woorde gewissel en gelag om die ys te breek. Daarna het die pretpakkies van eienaars verwissel en moes die ontvanger eers die kaartjie lees. Sonder om 'n woord te sê, praat die spesiale pakkieboodskap direk met elkeen, nog voordat dit oopgemaak is. Hierdie boodskapkaartjie gaan sommer as boekmerk dien vir die res van die jaar. 
Tinike se hartlikheid en spontane vriendelikheid, met die stille sterk ondersteuning van Dirk, het dit maklik gemaak om geselsies met die kinders aan te knoop. 

'n Vaal wintersmiddag is in 'n ommesientjie in 'n glimlaggeelmiddag omtower en groepies kinders het gesit en gesels, gelag en in die verrassingspakkies geloer. Nie almal wou dadelik weglê aan die snoepgoed nie, want bietjies-bietjies, rek die lekker van die middag uit.


Die kolwyntjies was 'n bonus en blou kolwyntjiekomplimente is oor die tafel heen uitgedeel. Een van die inwoners het nie op haar laat wag nie en besef dat as sy die kolwyntjieresep in die hande kan kry, kan hulle dalk tannie Christelle se arm draai om die resep in die kombuis te beproef. En met die vergesig van 'n tafel vol blou kolwyntjies, het sy die resep op 'n veilige plek gebêre. Sy weet: Daar is 'n plek en 'n tyd vir alles.

Hou hierdie ruimte dop vir die Dirk-en-Tinike-blou-kolwyntjie-resep.  

Maandagmotivering

Sunday 16 June 2024

Kinderfeesspele: Vakansie-Bybelskool 2024

Die inwoners van Christina Kiddie Kinder- en Jeugsorgsentrum is uitgenooi na hierdie wonderlike geleentheid wat deur die Kerk van die Nasarener aangebied word. 

Op die program is Bybelverhale en ware stories waarna geluister kan word, poppespel, speletjies speel, sing en lag en vrolik wees. Tydens hierdie fees gaan daar nie tyd wees vir ledigheid nie. Daar is daagliks kos vir die siel, maar ook heerlike kos en eetgoed op die spyskaart wat die energietenks kan laai.  

Registreer asseblief HIER: kinderfees.weebly.com

Die tema hierdie jaar is: Kinderfees-spele (geïnspireer deur die Olimpiese spele) gebaseer op verhale uit Paulus se lewe.

Binnekringnuus: Saterdag het speel-speel te vinnig verbygegaan


Korrespondent: Die eerste Saterdag van die vakansie was 'n wen-Saterdag. Ons kon nie wag vir opstaantyd nie. Ons het die vorige dag die mooiste poppe gekry, elkeen deftig uitgevat in gehekelde wintersuitrustings. Getooi in bypassende hoed en skoene, het hulle in ons lewens en harte ingestap.


Tannie Christelle het gesê dat ons Saterdag materiaal vir kombersies gaan kry en materiaal om boksies oor te trek vir bedjies. En daarom kon ons nie wag vir Saterdag nie. Tannie Katrien het belowe dat sy vir ons gaan help om popklere te maak. Wat 'n vooruitsig! 'n Pop met meer as een stel klere!

Ons het getoor met boks en lap. Nooit geweet dat 'n boks in 'n bed kan verander nie en dat lap die boksvoorkoms 'n goeie meubelhupstoot kan gee nie. Matrassies en kombersies is gemaak en teen halfdag was ons mevrouens reg vir kuier! Maar eers moes elkeen 'n naam kry ... Prinses, Maatjie, Sara, Katie, Anna, Maria en Christelle is onder andere van die name wat die paal gehaal het.


Elke baba het 'n unieke persoonlikheid. Klein Palesa is besonder soet, slaap deur, probeer nie uit die kot klim nie en gooi geen tantrums nie. Ek hoor in Afrikaans praat mense van 'n vloermoer, maar dis 'n verskriklike woord vir so 'n fraai poppedyntjie. Ons kon sommer dadelik sien dat hierdie ma-kind-verhouding baie spesiaal is en dat haar ma baie liefdevol en verdraagsaam is en dat hierdie sagtheid deel gaan wees van klein Palesa se geaardheid.  

Daar lê sowaar 'n hele drie weke voor wat ons tyd kan afstaan aan ons kinders. Met hulle gesels, speel, rondkuier en vir hulle in die aand, voor slaaptyd, 'n storie kan lees. Hierdie lekker is langer as 'n vinger.

48 000 keer dankie

Binnekringnuus: Ons huisbiblioteek in wording


Bibspreekbuis: "Ons klomp is super opgewonde omdat ons 'n huisbiblioteek in die ware sin van die woord gaan hê. Ons is besig om die boeke te sorteer. Daarna gaan ons dit groepeer, klassifiseer, sodat ons dit net makliker kan beheer. Iets wat elkeen sal moet aanleer, is hoe om boeke te waardeer, want dit sal definitief ons brein stimuleer, sodat ons makliker kan leer en wie van ons sal dit nie waardeer? Spikkels het hoeka gesê dat sy vir ons gaan help met spelwoorde en sinsbou en dalk 'n studiemetode of twee, maar eers moet ons begin lees. Hou hierdie ruimte met 'n arendsoog dop vir die na-foto's."

Youth Day 16 June

But you didn't

I looked at you and smiled the other day
I thought you saw me but you didn't
I said "I love you" and waited for what you would say
I thought you'd hear me but you didn't
I asked you to come outside and play catch with me
I thought you would follow me but you didn't
I drew a picture just for you to see
I thought you would save it but you didn't
I made a fort for us in the woods
I thought you'd camp with me but you didn't
I found some worms n such for fishing if we could
I thought you'd want to go but you didn't
I needed you just to talk to, my thoughts to share
I thought you'd want to but you didn't
I told you about the game hoping you'd be there
I thought you'd surely come but you didn't
I asked you to share my youth with me
I thought you'd want to but you couldn't
My country called me to war, you asked me to come home safely
But I didn't

Stan Gebhardt

[A 2nd Helping of Chicken Soup for the Soul, page 94 - Click HERE]

Verhaal: My pa

My pilaar  ...

Was ons pa-seun-verhouding ooit goed genoeg? 

My pa was die sterkste man wat ek geken het. Hy het 'n diep stem gehad ... mense het nogal geluister as hy gepraat het. Hy was die enigste mens wat iemand 'n gat in die kop kon praat, sonder dat jy dit besef het. Ek was bang vir hom ... Ek was as klein seuntjie sommer baie bang vir hom! Eintlik was ek doodbang vir hom.

My pa was ten alle tye die pilaar in ons familie.

My pa se goeie eienskappe was regtig wat hom die pilaar van sy gesin gemaak het. Hy was vriendelik. Hy het ons elke aand vir sy Here God geoffer. Ons kon hoor hoe hy vir elkeen van ons op ons naam bid. Dit het ons spesiaal laat voel. Elke keer as ek iets verkeerd gedoen het, het hy my gestraf. Ek het nie altyd met die straf saamgestem nie, maar hy het gesê ek sal dit eendag verstaan. Ons het soms baklei, maar hy het nooit vir my kwaad gebly nie, want my punte was elke kwartaal besonder goed. Solank ek onder die top 10 was, was my pa in sy element.

Toe word ek 14 jaar oud en my pa sterf onverwags. Ek was ontsteld, geskok,van die spoor af ... my rigtingwyser was skielik nie meer daar nie. Al het ons soms baklei en baie keer verskillende sienswyses gehad, was ons soos twee koppe in een mus. As hy hier was, sou ek duidelik geweet het of hy tevrede was met my lewe. Hy sou vir my gesê het dat ek nou groot genoeg is om te leer motor bestuur, en dan sou hy my geleer het, soos my beste vriend, Thabo, se pa hom nou leer.

'Skuus, Pappa ... ek was nie altyd die seun wat ek graag vir jou wou wees nie. Ek het opgehou bid - eintlik bid ek nooit meer nie. Maar ek belowe dat ek sal verander. Ek kyk nou met meer respek na mamma. Sy sukkel regtig sonder jou ... ek sal haar beslis meer help.

Ek is nou die grootmenskind in die huis ... maar ek is nog steeds jou kind.
Ek het nou 'n diep manstem ... want ek is mos pa se kind.    
Ek bid byna nooit nie ... soos die dogter in Ma van Antjie Krog.
Ek mis my pa ... maar vir pa sal ek nooit vergeet nie.

Pa se voetspore is duidelik in my lewe, en vandat ek ouer is, besef ek dit meer. Tienerwees is om rebels te wees en om verkeerdelik te dink jy is slim.

Ek weet dat ek eendag vir pa sal sien, miskien in die paradys ... Ons verhouding was goed genoeg ... Dit kon beter gewees het, as ek net altyd na pa se raad wou luister ... want pa was die beste vader wat enige kind voor kon vra!

Ek besef vandag, noudat dit te laat is om dit vir pa te sê, dat pa my hero is.

Dankie, Pa!

[Bongani Khambule - graad 12-leerder 2015]

Saturday 15 June 2024

Binnekringnuus: Kranige karretjiebestuurders in aksie


Die toekoms-van-die-land besig om heerlik te bou aan paaie, brûe, landingstroke en geboue. Bepaald is hier 'n paar ingenieurs, argitekte en tegnici onder hierdie manne - dalk selfs 'n renjaer of twee ... Michael Schumacher se pa het vir hom op vierjarige ouderdom 'n go-kart gebou. 'n Mens kan amper sê dit was waar sy loopbaan begin het ... Selfs Lewis Hamilton het eers met 'n go-kart begin voordat hy voet in die hoek gesit het en Ayrton Senna het sy kinderstokperdjie omskep in 'n loopbaan! Hou hierdie manne dop!

Ruben herkou, besin en dink oor sy posisie en kom tot 'n belangrike gevolgtrekking

Liewe Maats

Ek gaan sommer met die deur in die huis val, want ek was Woensdagmiddag vir 'n oomblik so van stryk af, dat ek amper my naam met 'n plank geslaan het. Dis net my ingebore ewewigtigheid wat gemaak het dat ek nie onmiddellik op my perdjie geklim het nie en wat van 'n voorbeeld sou ek dan vir julle gewees het?

Julle sien, toe ek hoor dat ons Woensdagmiddag kaartjies gaan maak, was ek sommer dadelik baie opgewonde en slaggereed vir aksie, want ek het 'n kunsstreep in my wat al geslagte lank in ons familie loop. Ek soek eintlik geleenthede om my kuns te beoefen, maar dit is maar min. As ek net my poot op papier kan sit ...

En toe ek so opgewonde na die vierkant aangehuppel kom, moes ek by tannie Christelle hoor dat ek buite by die hek moet gaan waghou, want ek is die enigste sekuriteitsman wat op daardie oomblik kan diens doen. Ek het onmiddellik uitgesluit gevoel en het met 'n langlip voor dáárdie hek stelling ingeneem. Ek het myself jammer gekry en nooit eers aan die belangrikheid van my opdrag gedink nie. My taak was tweeledig. Ek moes kyk dat geen ongemagtigde inkom nie en dat geen kaartjiemaker uitgaan nie.  

Ek het toe natuurlik baie dinktyd terwyl ek daar voor die hek sit en skielik tref dit my - ek sit mos op 'n hele paar stoele hier by Christina Kiddie Sentrum - sielkundige, speelmaat, waghond, mentor, onderwyser, skrywer, motiveerder, inspireerder, fotograaf en nog 'n hele paar ander dinge ook - ek moet tevrede wees as ek nie elke keer die lekker deel kry om te doen nie. Ek moet mos die beste ek wees wat ek kan wees en net daar praat ek myself aan. Ek vertel so graag vir ander wat om te doen, maar sukkel partymaal om dit self te doen.

Net daar besluit ek om met 'n lied in my hart na julle te kyk. Julle was so vrolik en het so lekker gelag dat ek besef het 'n mens klink net so sorgeloos as jy veilig voel en op daardie stadium was ek die rede vir julle veiligheid. 

Ek het natuurlik weer 'n paar lesse geleer: Jy moet 'n aktiewe wag voor jou mond hê, wat daagliks op sy pos is, sodat jy nie ander met jou woorde seermaak nie. Moenie altyd dadelik reg wees om te stry en te argumenteer nie, oordink eers die saak en skep 'n atmosfeer van gemoedelikheid. Mense hou nie van beterweterige mense nie. Doen altyd goed aan ander, al moet jy nou die slegte werk doen.

Maats, hierdie is so 'n mondvol dat ek dit binne my klerekas se deur gaan plak, sodat ek dit elke dag kan sien en myself herinner om eers te dink en dan te praat.

Ruben-groete tot 'n volgende keer.