Ek skryf eintlik hierdie brief vir myself, want ek kry ook maar baie hobbels, hekkies en heuwels langs my lewenspad wat ek moet hanteer, sorteer, elimineer en dan tevrede met my besluit moet saamleef - goed of sleg.
Kom ek vertel vir julle 'n storie en dan besluit jyself hoe jy teenspoed wil hanteer:
Haar pa, ’n sjef by The Heights Restaurant & Bistro in Kimberley, neem haar na sy kombuis en plaas drie kastrolle met water in op die stoof. Sommer gou-gou kook die water in die kastrolle.
In die een kastrol plaas haar pa wortels, in die ander eiers en in die laaste een gemaalde koffiebone. Hy laat die kastrolle met bestanddele verder kook sonder om ’n woord te sê.
Die dogter byt haar onderlip en wonder ongeduldig wat haar pa besig was om te maak. Sy het probleme en hy is besig om een of ander vreemde konkoksie aan mekaar te slaan. Eintlik wil sy net 'n vinnige antwoord hê, want kosbare tyd gaan nou verlore en sy het regtig nie lus vir 'n preek nie.
Na ongeveer ’n halfuur stap hy na die stoof en haal die drie kastrolle van die stoof af. Hy haal die wortels uit die kastrol en sit dit in ’n opskepbak. Hy haal die eiers uit die kastrol en sit hulle in ’n ander opskepbak. Hy neem ’n opskeplepel en versigtig skep hy van die koffie in 'n klein koppie.
Hy draai na sy dogter en vra: “My Meisiekind, wat sien jy?”
Selfvoldaan en effens geïrriteerd antwoord sy: “Wortels, eiers en koffie.”
Hy vra haar om aan die wortels te vat en te voel hoe hulle voel. Sy maak so en sê dat hulle sag is. Hy vra haar toe om een van die eiers af te dop. Nadat al die doppe af is, sê sy vir haar pa dat die eier hard is. Toe vra hy haar om ’n slukkie van die koffie te neem. Sy trek haar gesig op ’n plooi nadat sy die vreeslike sterk koffie proe. Sy sê vir haar pa dat dit sterk en bitter is, maar dit laat tog 'n aangename smaak in haar mond.
Sy is nou regtig nuuskierig en vra: “Wat beteken dit nou alles, Pa?”
Hy begin verduidelik. “Elkeen van die drie het dieselfde teenspoed ervaar, 98 grade Celsius kokende water. Maar ten spyte daarvan het elkeen van hulle anders reageer.”
“Die wortels was sterk, hard en onbuigsaam toe ek dit in die kastrol met warm water gooi. Maar nadat dit deur die kookwater is, het dit sag en swak geword.”
“Die eiers was breekbaar en broos en 'n rou eier moet 'n mens versigtig hanteer. ’n Dun buitelaag, die dop, bedek die vloeibare inhoud. Maar na die kokende water het die inhoud hard geword.”
“Maar die koffiebone daarenteen, is uitsonderlik. Na die kookwaterbehandeling het dit sterker en ryker geword.”
“Watter een is jy?” vra hy vir sy dogter, terwyl hy haar liefdevol en met baie begrip aankyk.
Wanneer teenspoed klop aan jou deur, hoe reageer jy?
Is jy ’n wortel, ’n eier of ’n koffieboon?
Is jy die wortel wat sterk lyk, maar met die geringste teken van pyn en teenspoed verwelk jy en word sag sonder krag?
Of is jy die eier, wat begin het met ’n sagte hart en vervulde gees? Maar na ’n slegte rapport, ’n gebreekte been wat jou uit die span uithou, 'n beste maat wat agter jou rug stories opmaak en jou geheime wat jy met haar of hom gedeel het, uitlap aan 'n ieder en 'n elk, die boelie jou weer verneder het of jou pa wat weer dronk by die huis aangekom het, word jy hard. Jou buitekant lyk dieselfde, maar diep binne is jy so verbitterd en hard met ’n ongevoelige gees. Jy is 'n moeilike een om mee saam te werk en niemand wil met jou maats wees nie.
Of is jy soos die koffieboon? Die koffieboon bereik nie sy optimale smaak en aroma totdat dit aan 98 grade Celsius blootgestel is nie. Wanneer die water warmer word, verbeter die smaak. Wanneer dinge al hoe erger word, hoe beter word jy. Wanneer mense jou die meeste benadeel, verhoog jou insette en die vlak waarop jy werk. Wanneer jou uur die donkerste is, verhoog jou aanbidding van ons Almagtige Koning tot ’n nuwe heerlike vlak.
Hoe hanteer jy vandag teenspoed?

Maats, hierdie storie het my aan die dink gesit. Ek het besluit dat as my probleme my wil oorweldig, gaan ek my meet teen die inhoud van die drie kastrolle. Ek gaan nie moed opgee nie, maar gaan besluit of ek soos 'n wortel of 'n eier of 'n koffieboon optree.
Koffie-groete uit Kimberley.

Wow Ruben, baie dankie hiervoor. Dis sommer n goeie les vir ons almal. Jy is eenvoudig net te oulik vir woorde. Mooi dag en week hoor. Baie liefde
ReplyDeleteBaie dankie, Anoniem, ons almal sukkel maar om al die uitdagings op ons pad te hanteer. Die belangrikste is om nie op te gee nie, maar aan te hou. Vreugde vir jou werksweek!
ReplyDelete