Thursday, 12 December 2024

Koester Karos koester sy medewerkers

Koester Karos is bevoorreg om medewerkers te hê wat weekliks 'n bydrae lewer. Hierdie jaar is bydraes gelewer deur Katelyn Marais, Portia Kgopodithata, Rosetta Venter, Ruben en die NK-vrywilligers.

Voordat almal besig raak met hulle vakansiedinge en by hul families gaan kuier, (of dalk kuiermense en speelmaatjies kry), wil ons uit Koester Karos-geledere baie dankie sê vir julle volgehoue en raaksê-bydraes. Julle insette word opreg waardeer. Party van julle het julle melktande op hierdie blog geslyp. Moenie ophou om te skryf en mense rondom julle te motiveer nie. Ruben het besluit hy gaan sy aanslag volgende jaar 'n bietjie verander en ons kan nie wag om te sien wat uit sy pen gaan kom nie. 

Geniet julle Kersseisoen, onthou om uit te reik na hulle wat baie minder as jy het. Liefde is baie meer as gekoopte geskenke onder 'n Kersboom, wat se waarde daagliks afneem. Heerlike eetgoed in 'n helderkleurige bakkie vir hulle wat karre oppas, sekuriteitswerk doen of hulle wat sorg dat jy petrol in jou kar het en orals kan rondry, saam met mooi en opregte wense, los spore van liefde.

Mag 2025 vir elkeen van julle 'n besondere blomjaar wees. Onthou altyd: Koester jou geliefdes. Ons sien uit na julle bydraes!

Katelyn Marais:

Portia Kgopodithata:

NK-vrywilligers:

Rosetta Venter:

Ruben:

2 comments:

  1. Wow, baie dankie aan elkeen vir jul bydrae en dan n groot dank vir die persoon of persone wat agter die dkerms werk om hierdie wonderlike leesstof vir ons publiseer om te geniet. Ons waardeer julle. N Geseënde Kersseisoen aan ieder en elk. Liefde xxx

    ReplyDelete
  2. Baie dankie! Dis ons voorreg! Ons hier by Koester Karos is baie bly as julle die leesstof geniet. Geseënde vreugde en vrede vir julle Kersseisoen.

    ReplyDelete